Masters Degrees (Psychology)
Permanent URI for this collection
Browse
Browsing Masters Degrees (Psychology) by Issue Date
Now showing 1 - 20 of 176
Results Per Page
Sort Options
Item Open Access Die verhouding tussen intelligensie en bevolkingsgroei soos weerspieël deur die Bloemfonteinse skole(University of the Free State, 1950) De Lange, Beltzaser Johannes CarolusAbstract not availableItem Open Access Die wetenskapsleer van V. Hepp(University of the Free State, 1954) Kock, Pieter de BruynAbstract not availableItem Open Access 'n Ondersoek wat as voorbereiding kan dien vir die opstel van 'n toetsbattery vir die keuring van lettersetters in 'n drukkery vir tydskrif en koerant in Bloemfontein(University of the Free State, 1955) Gildenhuys, Nicolaas Johannes; Erasmus, C. P. J.Abstract not availableItem Open Access Nuuskierigheid teoreties en eksperimenteel ondersoek(University of the Free State, 1965-07) Coetzee, F. P.; Kriel, R. G.Abstract not availableItem Open Access 'n Sielkundige ondersoek na die betroubaarheid en die bruikbaarheid van die pupilmeter in die meting van houdings by universiteitstudente(University of the Free State, 1969) Ellis, Daniel Cornelius Francois; Prinsloo, J. F.Abstract not availableItem Open Access 'n Ondersoek na persoonlikheidseienskappe van eerstejaar-universiteitstudente wat hul studies staak(University of the Free State, 1973-12) Grobler, Johannes Jacobus; Prinsloo, J. F.Abstract not availableItem Open Access 'n Ondersoek na die invloed van interpersoonlike aangetrokkenheid by hipnotiseerbaarheid(University of the Free State, 1973-12) Krönke, Hans-Ludwig; Rademeyer, G.Abstract not availableItem Open Access 'n Ondersoek na die waarde van 'n pre-remediële motoriese ontwikkelingsprogram vir kinders met perseptuele probleme(University of the Free State, 1974-01) De Villiers, Hendrika Catharina; Rademeyer, G.Abstract not availableItem Open Access Die spanbenadering binne 'n psigiatriese hospitaal: 'n ondersoek en evaluering(University of the Free State, 1974-12) Greeff, Frederick Johannes; Van der Merwe, L. M.Afrikaans: Die doeI van die studie is om die doel treffendheid van die terapeutiese omgevvingsbenadering binne 'n psigiatriese hospitaal te bepaal. Tot op die stadium van die ondersoek bet die behandelingsmetode betreklik ongekontroleerd plaasgevind en daar is 'n behoefte vir evaluering ontstaan. In die eerste hoofstuk word die motivering vir die ondersoek kortliks bespreek. Omdat pasiënte dikwels siek word as gevolg van sosiale beïnvloeding, is dit noodsaaklik om 'n omgewing te struktureer waar optimum moontlikhede vir herstel sal bestaan. In hoofstuk II word daar 'n oorsig van die geskiedenis van die behandeling van "geestesversteurdes" met betrekking tot die begrippe "behandeling" en "rehabilitasie" geskets. Vervolgens is daar ook 'n uiteensetting van resente navorsing oor die sosiale struktuur in psigiatriese hospitale. Die bydraes van Sullivan Rowland, Anna Freud, Maxwell Jones en Rapoport word kortliks bespreek. Hoofstuk III dien as basis vir Edelson se model van 'n psigiatriese hospitaalorganisasie. Dit bestaan uit 'n beskrywing van Parsons se sisteemteorie van aksie waarvan die vier komponente (funksies) aanpassing, motivering, integrasie en konsummasie die hooftema vorm. Daar word ook gewys op raakpunte tussen die teorie en die klassieke Psigo-Analise. In Hoofstuk IV word die model gebruik om h teoretiese model vir 'n psigiatriese hospitaalorganisasie daar te stel. Die vereistes in terme van die vier funksies wat reeds genoem is, word volledig uiteengesit. In Hoofstuk V word daar gelet op konflikterende elemente wat stremminge in die hospitaalorganisasie kan veroorsaak. Die stremminge is onlosmaaklik 'n deel van enige organisasie en daar word ook gelet op die belang van konsultasie as meganisme om dit te hanteer. Hoofstuk VI bestaan uit 'n gedetailleerde uiteensetting van die verskillende subkollektiwiteite in h psigiatriese hospitaalorganisasie, bv. die totale organisasie, die behandelingsubsisteem, die psigoterapeutiese subsisteem, die sosioterapeutiese subsisteem, ens. Daar word diagrammatiese voorstellings van die ideale model gegee. Verder word daar ook aandag geskenk aan die equalitarian model wat as grondslag vir die organisatoriese struktuur van die hospitaal moet dien. In Hoofstuk VII word die patalogie van kommunikasie in terme van Stanton en Schwartz se ontleding bespreek. Daar word veral gelet op vier soorte foute, nl. oorsprong-, oordrag-, kommunikasie metode- en funksionele foute. Die terapeutiese omgewingsbenadering word in Hoofstuk VIII bespreek volgens Edelson se model. Daar word veral aandag geskenk aan die sosioterapeutiese "outputs" (uitset) na die individu en op die verhouding tussen sosio- en psigoterapie. In Hoofstuk IX word hospitaal X volgens Edelson se modelontleed en beskryf. Die verskillende subkollektiwiteite word in terme van die vier basiese groepsfunksies ge-evalueer. Dit word gedoen deur bandopnames van die verskillende groepe, nl. 'n aanpassings-, motiveringskonsummasie en integrasiegroepe te ontleed. Die konkrete kollektiwiteite waarvan die funksionering ontleed word, is die volgende - 'n Multidissiplinêrevergadering, 3 Gevallekonferensies en 'n Pasiëntvergadering. Daar word tot die gevolgtrekking gekom dat die sosiale dimensie onont beerlik in die behandeling van geestesversteurings is, maar dat die benadering nog tekortskiet in sekere opsigte. Die redes hiervoor word bespreek een'van die vernaamste is dat die sosioterapeutiese funksie nog nie behoorlik gedifferensieer is nie, gevolglik is dit veral konsultasie-fasiliteite wat ontbreek. Ten slotte word die toekoms van die psigiatrie se hospitaal in Hoofstuk X bespreek en is dit duidelik dat dit nog funksioneel is, alhoewel daar n klemverskuiwing in die behandeling na die samelewing is waarin die individu funksioneer. Daar word ook aandag aan teenkanting teen die konsep van "Community Psychiatry" gegee. Laastens word die toekoms van die terapeutiese omgewingsbenadering in Hospitaal X in oënskou geneem.Item Open Access Persoonlikheid as voorspeller by stokkiesdraai(University of the Free State, 1975-12) Nel, Christiaan Matthys; Maas, F.Afrikaans: Alhoewel stokkiesdraaiers nie 'n besonder groot persentasie van die skoolbevolking uitmaak nie, is dit nogtans 'n betekenisvolle probleem. Hierdie probleem word geaksentueer deur die feit dat daar skynbaar 'n noue verband tussen stokkiesdraai en ernstiger vorms van misdaad bestaan. Hierdie ondersoek het die moontlikhede om stokkiesdraai te kan voorspel, ten doel gehad. Dit was eerstens noodsaaklik om 'n deeglike studie van die oorsake van stokkiesdraai te maak, om sodoende die area waarin voorspellers identifiseer kon word, af te baken. Dit het uit hierdie literatuurstudie geblyk dat die oorsake van stokkiesdraai op 'n primêre en sekondêre vlak bestudeer kan word. Omdat die oorsake van stokkiesdraai primêr geneties, maatskaplik, opvoedkundig en fisiologies van aard is, laai dit op die persoonlikheid van die kind en kan dit as ongunstige genetiesen omgewingsgevormde persoonlikheidseienskappe op sekondêre vlak waargeneem word. Ten einde enigsins aanspraak op resultate te kan maak, moet 'n voorspellingsmeetmiddel oor 'n hoë mate van geldigheid en betroubaarheid beskik en die resultate kwantifiseerbaar wees. Die wye spektrum van primêrveroorsakende faktore het 'n meervoudige voorspeller dikteer. Daar is verder besluit dat die voorspellingstudie praktykgerig moet wees. Die meetmiddels wat as voorspellers sou dien, moes geskik wees om in skole deur onderwysers wat nie spesifieke opleiding in toetsadministrasie gehad het nie, gebruik te kan word.Dit moes ook tot so 'n mate gestandardiseerd wees, dat dit beide ekonomies en objektief aangewend kan word. Twee moontlike bronne van voorspellingsdata, tewete biografiese gegewens en persoonlikheid saam met die metingstegnieke intrinsiek eie aan elk, is oorweeg. Na aanleiding van die gemak waarmee hulle aan die kriteria vir goeie voorspellers van stokkiesdraai kon I voldoen, is daar besluit op persoonlikheid as bron van voorspellingsdata en die selfondersoekvraelys as metingstegniek. Ten einde interpretasies van die resultate van die ondersoek te kan doen, is die matematiese persoonlikheidsmodel van Catteil as raamwerk gekies en bespreek. Vervolgens is 'n veldondersoek onderneem om sodoende die moontlikheid om stokkiesdraai via persoonlikheid te voorspel, te ondersoek. Al die beskikbare Afrikaanssprekende stokkiesdraaiermeisies uit departementele hoërskole van groter Bloemfontein is by die projek betrek. Die groep was dertig in getal. As kontroletegniek is hulle elkeen afgepaar met 'n Afrikaanssprekende meisie wat die skool gereeld besoek het en met intelligensiekoëffisiënt, die beroep van die broodwinner van die gesin, die sosio-ekonomiese omstandighede van die gesin, die klasonderwyser en die ouderdom as konstante veranderlikes. Die voorspellergegewens is met behulp van die HSPV, die IPAT-angsskaal en PHSF-verhoudingsvraelys ingesamel. Op grond van waarskynlikhede verkry uit die literatuuroorsig, is drie hipoteses gestel. Hipotese een het gelui dat daar wat stilistiese trekke betref, beduidende verskille tussen stokkiesdraaiers en nie-stokkiesdraaiers sal voorkom. Die hipotese is deur middel van die veertien HSPV-veranderlikes en die t-formule getoets. Die nulhipotese is ten opsigte van alle veranderlikes, behalwe faktor 0 (kalm teenoor bevreesd) gehandhaaf. Hipotese twee het gelui dat stokkiesdraaiers 'n beduidend groter mate van angs in vergelyking met nie-stokkiesdraaiers salopenbaar. Op grond van die bevindings van ander navorsers, is hierdie hipotese met behulp van die t-formule en die ses IPAT-angsskaalfaktore eenkantig getoets. Die nulhipotese is ten opsigte van alle veranderlikes, behalwe faktor Q4 (spanning as gevolg van frustrasie) gehandhaaf. Hipotese drie het gelui dat die stokkiesdraaier se persoonlikheidsaanpassing beduidend swakker as die nie-stokkiesdraaier s'n sal wees. Die twaalf PHSF-veranderlikes en die t-formule is gebruik om dié hipotese te toets. Omdat navorsing daarop dui dat die stokkiesdraaier se huislike invloede negatief op hom inwerk, is die hipotese ten opsigte van die gesinsinvloedekomponent eenkantig getoets. Die nulhipotese is ten opsigte van alle veranderlikes, behalwe die gesinsinvloedekomponent gehandhaaf. Die stokkiesdraaier-groep was dus meer bevrees, het meer spanning as gevolg van frustrasie ervaar en was volgens hulle eie mening aan negatiewer gesinsinvloede blootgestel, wanneer hulle met die gereelde skoolbesoekgroep vergelyk word. Daar is vervolgens twee voorspellingsmodelle implimenteer, naamlik meervoudige regressie en diskriminantontleding. In die geval van meervoudige regressie is al twee en dertig veranderlikes gepruik en volgens ICL-program XDS 3 verwerk. Die model met ses voorspellerveranderlikes, tewete HSPV-faktore G (opportunisties teenoor pligsgetrou), Q3 (geneigdheid tot ongedissiplineerde selfkonflik teenoor beheersdheid), Q4 (ontspanne teenoor gespanne), IPAT-angsskaalfaktor Q4 (spanning as gevolg van frustrasie) en PHSF-komponente selfbeheer en gesinsinvloede het die hoogste meervoudige korrelasie opgelewer. Hulle kon 41,0% van die variansie ten opsigte van stokkiesdraai verklaar. Hierdie resultaat is egter nie as bevredigend beskou nie en sou waarskynlik in die praktyk van min waarde wees, omdat dit min potensiële stokkiesdraaiers sal kan identifiseer. Vir die diskriminantontledingmodel is ook twee-en-dertig veranderlikes gebruik en volgens ICL-program XDS 3 verwerk. Met behulp van hierdie twee-en-dertig veranderlikes kon sewe-en-twintig of 89,9% van die werklike stokkiesdraaiers in die stokkiesdraaiergroep geplaas word. Van die gereelde skoolbesoeksters kon agt-en-twintig of 92,857% in die regte groep geplaas word. Hierdie resultaat is hoogs bevredigend en toon dat die geimplimenteerde persoonlikheidsveranderlikes tesame met 'n diskriminantontledingmodel in die praktyk waarskynlik uitstekende resultate sal lewer.Item Open Access Die ontwikkeling van 'n sielkundige keuringsbattery vir die keuring van voertuigbestuurders (nasionale dienspligvlak) in die Suid-Afrikaanse weermag(University of the Free State, 1975-12) Oosthuizen, Frederick Johannes; Kriel, R. G.Abstract not availableItem Open Access Die rol van belangstelling by verskillende studierigtings aan die U.O.V.S.(University of the Free State, 1977-12) Human, Jurie Johannes; Schoeman, W. J.Afrikaans: In die praktyk is gevind dat belangstelling nie bevredigende resultate lewer ten opsigte van die voorspelling van· prestasie nie. Hierdie bevindings word bevestig deur vorige navorsing. Om 'n moontlike oplossing vir hierdie probleem te kry, is besluit om die kriterium waarteen belangstelling valideer word, te wysig en om 'n navorsingsmodel te gebruik wat aan die vereistes van die kriterium voldoen. Uit die aard van belangstelling, naamlik dat dit dinamies van aard is; dit 'n motiveringskrag besit; dit 'n bepaalde gerigtheid het; daar nie 'n duidelike onderskeid tussen belangstellings en houdings aangetref word nie; belangstelling 'n gevoelsaspek besit; belangstelling 'n voorkeur bepaal; dit gepaard gaan met aandag; belangstelling 'n behoeftebevredigende basis het; dit beïnvloed word deur kennis en ervaring; belangstelling deel is van persoonlikheid en dit relatief konstant is, kan afgelei word dat dit 'n rigtinggewende krag is, wat gedrag as sodanig rig. 'n Kriterium wat aan die vereistes voldoen het, wat deur die aard van belangstelling gestel is, is studierigtings. Daar is 4 groepe dames en 4 groepe mans saamgestel en hulle is gekoppel aan die breë studierigtings, Handelswetenskappe, Natuurwetenskappe, Lettere en Sosiale Wetenskappe en 'n groep wat gestaak het (Weg-groep). Die navorsingsmodel wat hierby aangepas het, is diskriminant-analise en eenrigtingvariansie-analise. Beduidende F-waardes is met behulp van Scheff~se toets verder ondersoek. Die belangrikste bevindings is die volg.ende: Sover dit belangstelling betref, kom mans en dames uit afsonderlike populasies. Die diskriminant-analise bet 61,22%.van die mans in die onderskeie groepe reg klassifiseer en 50,2% van die dames. Die eenrigtingvariansie-analise bet aangetoon dat daar verskille tussen die groepe bestaan. v Die Scheff-toets bet beduidende verskille tussen die mansgroepe op die volgende velde aangetoon: Beeldende Kuns, Uitvoerende Kuns, Taal, Welsynwerk, Geselligheid, Openbare Optrede, Regte, Wetenskap, Prakties-Manlik, Numeries, Besigheid en Klerklik. Die damesgroepe verskil onderling ten opsigte van Beeldende Kuns, Oitvoerende Kuns, Taal, Histories, Wetenskap, Prakties-Manlik, Numeries, Besigheid, Klerkljk en Rondreis. Die meeste van hierdie verskille was beduidend (p ≤ 0, 01) en was in ooreenstemming met die samestelling van die kriteriumgroepe. Dit wil yoorkom asof sommige velde, soos Diens, Natuur, Sport, Werk-stokperdjie en Aktief-Passief, se aard sodanig is dat dit nie 'n onderskeid tussen studierigtings moontlik maak nie. Daar is verder gevind dat belangstelling, soos gekoppel aan studierigtings, meer bevredigende resultate vir mans as vir dames gelewer bet. Die beduidende verskille wat tussen die studierigtings gevind is, gee geen aanduiding van hoe suksesvol 'n student in 'n rigting gaan wees nie. Tog sal dit 'n belangrike invloed uitoefen op die keuse van 'n studierigting en in die strewe van 'n student om suksesvol te wees.Item Open Access Houdingskale en die gebruik daarvan in die bepaling van die houding van blankes teenoor die Bantoe(University of the Free State, 1978-01) Engelbrecht, Petrus Jacobus; Maas, F.; Kriel, R. G.Abstract not availableItem Open Access Die meting van lewenshouding(University of the Free State, 1978-11) Liebenberg, Merion Margaret; Rademeyer, G.; Schoeman, W. J.Abstract not availableItem Open Access Die invloed van modellering, gedragsrepetisie en videoband-terugkoppeling op selfopenbaring(University of the Free State, 1979-08) Janecke, Benjamin Stephan; Nel, C. M.; Schoeman, W. J.Abstract not availableItem Open Access The effect of modelling and contrast modelling on communication(University of the Free State, 1979-12) MacGregor, Dawn Zoë Amy; Schoeman, W. J.Abstract not availableItem Open Access Persoonlikheidstrekke as keuringsveranderlikes vir doeltreffende eerste-vlak-toesighouding in die Bloemfonteinse Munisipaliteit(University of the Free State, 1982-11) Mentz, Hendrik; Bester, C. L.Afrikaans: Die eerste-vlak-toesighouer speel 'n uiters belangrike rol in die effektiewe funksionering van die organisasie. As skakel tussen die gewone werkers en bestuur moet hy as aangesig-tot-aangesig leier van sy werkgroep funksioneer. Daar word algemeen aanvaar dat persoonlikheidseienskappe grootliks sukses in toesighoudende poste bepaal. Persoonlikheidstoetse word redelik algemeen met die oog op keuring in die Suid-Afrikaanse bedryf, asook in die buiteland aangewend. Voldoende navorsing ten einde die waarde van persoonlikheidstoetse vir keuringsdoeleindes in die SuidAfrikaanse bedryf te evalueer ontbreek egter. Hierdie ondersoek was dus daarop gemik om die leemte wat in die vakgebied van die Sielkunde en die Bedryfsielkunde geidentifiseer is aan te vul. Die doel met hierdie ondersoek was die volgende: (i) Om die persoonlikheidstrekke wat tot suksesvolle toesighouding bydra te identifiseer. (ii) Om doeltreffende en minder doeltreffende eerste-vlak-toesighouers se persoonlikhede soos gemeet deur die 16-Persoonlikheidsfaktorvraelys met mekaar te vergelyk. (iii) Om 'n voorspellingstudie uit te voer wat as moontlike hulpmiddel by die keuring van eerste-vlak-toesighouers in die Bloemfonteinse munisipaliteit gebruik kan word. Die meetinstrumente wat in hierdie ondersoek gebruik is, is die 16-Persoonlikheidsfaktorvraelys (16-PF) van Cattell, asook 'n beoordelingskaal. Die navorsing is by die Bloemfonteinse munisipaliteit uitgevoer. Om die voorspellingstudie uit te voer, is Qaar van stapsgewyse regressie-ontleding gebruik gemaak. Met die uitvoering van die studie het die navorser dit ook nodig gevind om 'n faktorontleding te doen. 'n Meervoudige eenrigtingvariansie-analise is gebruik om moontlike persoonlikheidsverskille tussen ioeltreffende en minder doeltreffende eerste-vlak-toesighouers te bepaal. In die literatuurverkenning is sestien persoonlikheidstrekke wat tot suksesvolle toesighouding kan bydra, geidentifiseer. Die meervoudige eenrigting-variansie-analise het egter geen statisties betekenisvolle verskille tussen bogenoemde twee groepe opgelewer nie. Die meervoudige regressie-ontleding het getoon dat 'n seleksie van persoonlikheidsveranderlikes met die kriterium van doeltreffende toesighouding wat in hierdie ondersoek gebruik is, verband hou. Die meervoudige korrelasie tussen 'n seleksie van sewe persoonlikheidsveranderlikes (skale op die 16-PF) en die kriterium was statisties beduidend, (5%-peil) groter as nul. Die proporsie van die kriteriumvariansie wat gesamentlik deur die veranderlikes verklaar is, was egter van so 'n aard dat die voorspellingsmodel moontlik nie veel praktiese waarde sal hê nie. Ten einde te toets vir moontlike leemtes in die meervoudige regressiemodel is 'n faktor-ontleding uitgevoer. Vier faktore is uit die data geidentifiseer. Die proporsie van die kriteriumvariansie (kommunaliteit) wat gesamerrtlik deur die vier faktore verklaar word, stem grootliks met die resultaat van die stapsgewyse meervoudige regressie-ontleding ooreen. Dit blyk dus 'n bevestiging te wees van die resultate wat uit die meervoudige regressie-ontleding verkry is. Die kriteriumverwante geldigheid van die 16-PF vir die kriterium wat in hierdie ondersoek gebruik is, blyk verdag te wees. Daar is baie·navorsers wat soortgelyke resultate rapporteer, maar aan die anderkant is daar ook baie navorsers wat teenstrydig met die resultate positiewe resultate rapporteer. Na die mening van die skrywer lê die verklaring vir hierdie teenstrydige resultate daarin dat daar in die verskillende studies van verskillende kriteria en persoonlikheidsmeetinstrumente gebruik gemaak is. Hierdie resultate beklemtoon dus die feit dat die gebruik van persoonlikheidstoetse met die oog op keuring deeglik aan navorsing onderwerp moet word voordat dit vir sodanige doel aangewend word. Aangesien geen sodanige studies in die Suid-Afrikaanse literatuur opgespoor kon word nie, is die skrywer van mening dat hierdie resultate 'n waarskuwing vir alle gebruikers van sodanige toetse in die Suid-Afrikaanse bedryf inhou. Met hierdie ondersoek is daar dus 'n leemte in die vakgebied van die Sielkunde en die Bedryfeielkunde geidentifiseer wat nog baie navorsing vereis.Item Open Access 'n Ondersoek na die aanlegprofiel en beroepsoriëntering van universiteitstudente(University of the Free State, 1983-01) Gous, Charlotte; Langenhoven, H. P.Afrikaans: 1. 'n Ondersoek is ontwerp en uitgevoer, om die aanlegprofiel en beroepsorientasie van universiteitstudente te ondersoek. Die basiese hipotese wat getoets is, was dat meer-suksesvolle manlike- en vroulike studente, in verskillende vakrigtings, aan die universiteit, n hoer vlak van prestasie en n ander profiel van vermoens en beroepsorientasies, sal he as minder-suksesvolle studente. 2. 'n Oorsig van relevante literatuur is gegee. 3. Die groep studente se aanleg en beroepsorientering is met behulp van die APT en B/VOT gemeet. 'n Beskrywing van die toetse is gegee. Verdere relevante inligting is m.b.v. n biografiese vraelys ingesamel. 4. Die groep wat gebruik is, het bestaan uit 457 voor- en nagraadse mans- en damestudente, aan die UOVS en RAU, wat vir die doel van die ondersoek beskikbaar was. Die studente het byna almal in sosiaalwetenskaplike- en geesteswetenskaplike vakrigtings gestudeer. Die groep toetspersone is o.g.v. hulle gemiddelde akademiese persentasies, in meer- en minder-suksesvolle groepe verdeel. Eersgenoemde groep het uit 164 en die ander groep uit 186 toetslinge bestaan. 5. Die routellings op die toetse en die gemiddelde persentasies is na stanegenormskaaltellings omgeskakel. n Uiteensetting van die berekenings wat gedoen is, is gegee. 6. Die resultate van die ondersoek was die volgende: - verskeie toetse het beduidend tussen die kriteriumgroepe onderskei, die meer-suksesvolle groep se vlak van vermoe was hoer as die mindersuksesvolle groep s'n, - die mans en dames, in elke groep, se vermoens en beroepsorientasie het nie verskil nie, - die APT se subtoetstellings was geldig, maar die B/VOT het in sommige gevalle negatiewe verwantskappe met die kriterium getoon, - die twee kriteriumgroepe se profiele het baie min verskil, die twee groepe se profielvorms was naastenby dieselfde, - die meer-suksesvolle groep se tellings was effens wyer versprei, as die minder-suksesvolle groep s'n, en - bykomende inligting uit die biografiese vraelys het bygedra tot n beter begrip van die twee kriteriumgroeplede se vermoens en beroepsorientasie. 7. Daar kon afgelei word dat die geselekteerde groep hoofsaaklike sosiaalwetenskaplike studente, wat by die ondersoek betrek was, oor n kenmerkende patroon van aanlegte, met kommunikasie- as die sterkste en praktiese- as die swakste aanleg, beskik. Die meer-suksesvolle studente het beter presteer op sommige van die toetse in die battery, as die minder-suksesvolles. Die twee groepe se profielvorms het nie juis baie verskil nie, maar die meersuksesvolle groepe se vlak van vermoe was hoer as die ander groep s'n. Die verskille tussen die twee groepe was in sommige gevalle beduidend, maar nie baie groat nie. Dit geld ook vir die verband tussen sekere van die toetse en die kriterium. Die produktellings tussen die aanleg- en orientasietoetse onderskei redelik goed, maar nie heeltemal beduidend tussen die twee groepe nie. Die vlak van die produktellings, sowel as die vlak van die aanlegtoetse onderskei ook tussen die twee groepe en korreleer beduidend, maar nie baie hoog nie, met eksamenpunte. Die verspreidingswydte van tellings hou moontlikhede is, alhoewel nie groct, beduidende verskille tussen die twee groepe gevind kon word nie. Biografiese gegewens het verbande getoon met die toetse, maar die verbande was blykbaar nie baie sterk nie en is ook nie uitgetoets nie. Ten slotte kan afgelei word dat die drie vermoe rigtings wat gebruik is, die meting van aanleg, sowel as beroepsorientering en die dimensies wat uitgetoets is, moontlikhede inhou. Die geselekteerdheid van die groep, het die toepassingsmoontlikhede van die resultate beperk en ook n negatiewe invloed op die kriterium uitgeoefen. Die toetse moet eerder vir bree klassifikasie in die drie rigtings, as vir n fynere onderskeid binne n rigting gebruik word. Die afleiding is nie behoorlik uitgetoets nie. Mans en dames het dieselfde patroon van aanleg en orientasie getoon en die toetse bevoordeel dus nie een van die twee geslagte nie. 8. Daar word aanbeveel dat verdere navorsing gedoen behoort te word, om die geldigheid van die toetse vir gebruik by voorligting, te ondersoek, dat n meer verteenwoordigende groep studente, of skoliere (oor n tydperk) by son ondersoek betrek moet word en dat n geldige kriterium by die bepaling van universiteitsukses gebruik moet word. Daar moet nie net na meerdere- en mindere sukses gekyk word nie, maar ook ondersoek word of dit moontlik is om die toetse te gebruik, om mense in hulle sterkste aanlegrigtings te stuur. Die gebruik van gekombineerde of samegestelde tellings behoort verder ondersoek te word. Daar is ook aanbeveel dat instrumente wat ipsatiewe tellings lewer eerder nie by die meting van orientering gebruik moet word nie en dat motivering i.p.v. orientering gemeet behoort te word. Die feit dat die Praktiese orientasietoets neig om negatiewe verwantskappe met akademiese sukses te toon, behoort ook verder nagevors te word. Daar behoort voortgegaan te word met navorsing om vergelykings te tref tussen studente aan verskillende tersi§re inrigtings. Die toetsbattery behoort ook op lede van ander rasse, soos swartes, asiers en kleurlinge toegepas te word.Item Open Access 'n Belewenismatige versus kognitiewe benadering tot die aanleer van empatiese response(University of the Free State, 1983-06) Marais, Johanna Christella; Nel, C. M.Item Open Access Indirekte suggesties as behandelingsprosedure by 'n kind met dissiplinêre probleme: 'n enkelproefpersoonondersoek(University of the Free State, 1988-03) Rademan, Wiehahn Bernard; Linde, G. F.Afrikaans: Die moontlike positiewe terapeutiese effek van indirekte suggesties deur verpersoonlike sprokies op 'n kind met dissiplinêre probleme, is bestudeer by wyse van 'n enkeIproefpersoonondersoek . Vorige soortgelyke navorsing deur Levine (1980) het as grondslag gedien vir die onderhawige studie. Die aard van dissiplinêre probleme en behandelingsprosedures verwant aan indirekte suggesties, is kortliks ondersoek. Daarna is die terapeutiese effek van indirekte suggesties deur verpersoonlike sprokies by wyse van 'n meervoud ige basislynontwerp oor drie vorme van teikengedrag by 'n enkele proefpersoon vasgestel. In die onderhawige studie is daar met sekerheid bepaal dat indirekte suggesties deur verpersoonlike sprokies wel 'n positiewe terapeutiese effek op 'n kind met dissiplinêre probleme gehad het.