Indirekte suggesties as behandelingsprosedure by 'n kind met dissiplinêre probleme: 'n enkelproefpersoonondersoek

Master’s Dissertation Multilingual record · 2 languages
View this record in
Viewing available metadata in English

Abstract

Afrikaans · fallback because the selected language is unavailable
Die moontlike positiewe terapeutiese effek van indirekte suggesties deur verpersoonlike sprokies op 'n kind met dissiplinêre probleme, is bestudeer by wyse van 'n enkeIproefpersoonondersoek . Vorige soortgelyke navorsing deur Levine (1980) het as grondslag gedien vir die onderhawige studie. Die aard van dissiplinêre probleme en behandelingsprosedures verwant aan indirekte suggesties, is kortliks ondersoek. Daarna is die terapeutiese effek van indirekte suggesties deur verpersoonlike sprokies by wyse van 'n meervoud ige basislynontwerp oor drie vorme van teikengedrag by 'n enkele proefpersoon vasgestel. In die onderhawige studie is daar met sekerheid bepaal dat indirekte suggesties deur verpersoonlike sprokies wel 'n positiewe terapeutiese effek op 'n kind met dissiplinêre probleme gehad het.
Keywords
English
Child psychotherapy Discipline of children Therapeutics, Suggestive