Die rol van belangstelling by verskillende studierigtings aan die U.O.V.S.
Loading...
Date
1977-12
Authors
Human, Jurie Johannes
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
University of the Free State
Abstract
Afrikaans: In die praktyk is gevind dat belangstelling nie bevredigende
resultate lewer ten opsigte van die voorspelling van· prestasie nie.
Hierdie bevindings word bevestig deur vorige navorsing.
Om 'n moontlike oplossing vir hierdie probleem te
kry, is besluit om die kriterium waarteen belangstelling valideer word, te wysig en om 'n navorsingsmodel te gebruik wat
aan die vereistes van die kriterium voldoen.
Uit die aard van belangstelling, naamlik dat dit dinamies van aard is; dit 'n motiveringskrag besit; dit 'n bepaalde gerigtheid het; daar nie 'n duidelike onderskeid tussen belangstellings en houdings aangetref word nie; belangstelling
'n gevoelsaspek besit; belangstelling 'n voorkeur bepaal;
dit gepaard gaan met aandag; belangstelling 'n behoeftebevredigende
basis het; dit beïnvloed word deur kennis en ervaring; belangstelling deel is van persoonlikheid en dit relatief konstant is, kan afgelei word dat dit 'n rigtinggewende krag is, wat gedrag as sodanig rig.
'n Kriterium wat aan die vereistes voldoen het, wat deur die
aard van belangstelling gestel is, is studierigtings. Daar
is 4 groepe dames en 4 groepe mans saamgestel en hulle is gekoppel aan die breë studierigtings, Handelswetenskappe, Natuurwetenskappe, Lettere en Sosiale Wetenskappe en 'n groep wat gestaak het (Weg-groep). Die navorsingsmodel wat hierby aangepas het, is diskriminant-analise en eenrigtingvariansie-analise. Beduidende F-waardes is met behulp van Scheff~se toets verder ondersoek.
Die belangrikste bevindings is die volg.ende: Sover dit belangstelling betref, kom mans en dames uit afsonderlike populasies. Die diskriminant-analise bet 61,22%.van die mans
in die onderskeie groepe reg klassifiseer en 50,2% van die
dames. Die eenrigtingvariansie-analise bet aangetoon dat
daar verskille tussen die groepe bestaan. v Die Scheff-toets bet beduidende verskille tussen die mansgroepe op die
volgende velde aangetoon: Beeldende Kuns, Uitvoerende Kuns,
Taal, Welsynwerk, Geselligheid, Openbare Optrede, Regte,
Wetenskap, Prakties-Manlik, Numeries, Besigheid en Klerklik.
Die damesgroepe verskil onderling ten opsigte van Beeldende Kuns,
Oitvoerende Kuns, Taal, Histories, Wetenskap, Prakties-Manlik,
Numeries, Besigheid, Klerkljk en Rondreis. Die meeste van
hierdie verskille was beduidend (p ≤ 0, 01) en was in ooreenstemming met die samestelling van die kriteriumgroepe.
Dit wil yoorkom asof sommige velde, soos Diens, Natuur, Sport, Werk-stokperdjie en Aktief-Passief, se aard sodanig is dat
dit nie 'n onderskeid tussen studierigtings moontlik maak nie.
Daar is verder gevind dat belangstelling, soos gekoppel aan
studierigtings, meer bevredigende resultate vir mans as vir
dames gelewer bet. Die beduidende verskille wat tussen die
studierigtings gevind is, gee geen aanduiding van hoe suksesvol 'n student in 'n rigting gaan wees nie. Tog sal dit 'n
belangrike invloed uitoefen op die keuse van 'n studierigting
en in die strewe van 'n student om suksesvol te wees.
Description
Keywords
Dissertation (M.A. (Psychology))--University of the Free State, 1977, Education (Higher) -- Study and teaching, Learning, Learning, Psychology of