Die rol van belangstelling by verskillende studierigtings aan die U.O.V.S.

dc.contributor.advisorSchoeman, W. J.
dc.contributor.authorHuman, Jurie Johannes
dc.date.accessioned2016-02-22T13:02:28Z
dc.date.available2016-02-22T13:02:28Z
dc.date.copyright1977-12
dc.date.issued1977-12
dc.date.submitted2016-02-04
dc.description.abstractAfrikaans: In die praktyk is gevind dat belangstelling nie bevredigende resultate lewer ten opsigte van die voorspelling van· prestasie nie. Hierdie bevindings word bevestig deur vorige navorsing. Om 'n moontlike oplossing vir hierdie probleem te kry, is besluit om die kriterium waarteen belangstelling valideer word, te wysig en om 'n navorsingsmodel te gebruik wat aan die vereistes van die kriterium voldoen. Uit die aard van belangstelling, naamlik dat dit dinamies van aard is; dit 'n motiveringskrag besit; dit 'n bepaalde gerigtheid het; daar nie 'n duidelike onderskeid tussen belangstellings en houdings aangetref word nie; belangstelling 'n gevoelsaspek besit; belangstelling 'n voorkeur bepaal; dit gepaard gaan met aandag; belangstelling 'n behoeftebevredigende basis het; dit beïnvloed word deur kennis en ervaring; belangstelling deel is van persoonlikheid en dit relatief konstant is, kan afgelei word dat dit 'n rigtinggewende krag is, wat gedrag as sodanig rig. 'n Kriterium wat aan die vereistes voldoen het, wat deur die aard van belangstelling gestel is, is studierigtings. Daar is 4 groepe dames en 4 groepe mans saamgestel en hulle is gekoppel aan die breë studierigtings, Handelswetenskappe, Natuurwetenskappe, Lettere en Sosiale Wetenskappe en 'n groep wat gestaak het (Weg-groep). Die navorsingsmodel wat hierby aangepas het, is diskriminant-analise en eenrigtingvariansie-analise. Beduidende F-waardes is met behulp van Scheff~se toets verder ondersoek. Die belangrikste bevindings is die volg.ende: Sover dit belangstelling betref, kom mans en dames uit afsonderlike populasies. Die diskriminant-analise bet 61,22%.van die mans in die onderskeie groepe reg klassifiseer en 50,2% van die dames. Die eenrigtingvariansie-analise bet aangetoon dat daar verskille tussen die groepe bestaan. v Die Scheff-toets bet beduidende verskille tussen die mansgroepe op die volgende velde aangetoon: Beeldende Kuns, Uitvoerende Kuns, Taal, Welsynwerk, Geselligheid, Openbare Optrede, Regte, Wetenskap, Prakties-Manlik, Numeries, Besigheid en Klerklik. Die damesgroepe verskil onderling ten opsigte van Beeldende Kuns, Oitvoerende Kuns, Taal, Histories, Wetenskap, Prakties-Manlik, Numeries, Besigheid, Klerkljk en Rondreis. Die meeste van hierdie verskille was beduidend (p ≤ 0, 01) en was in ooreenstemming met die samestelling van die kriteriumgroepe. Dit wil yoorkom asof sommige velde, soos Diens, Natuur, Sport, Werk-stokperdjie en Aktief-Passief, se aard sodanig is dat dit nie 'n onderskeid tussen studierigtings moontlik maak nie. Daar is verder gevind dat belangstelling, soos gekoppel aan studierigtings, meer bevredigende resultate vir mans as vir dames gelewer bet. Die beduidende verskille wat tussen die studierigtings gevind is, gee geen aanduiding van hoe suksesvol 'n student in 'n rigting gaan wees nie. Tog sal dit 'n belangrike invloed uitoefen op die keuse van 'n studierigting en in die strewe van 'n student om suksesvol te wees.af
dc.identifier.urihttp://hdl.handle.net/11660/2355
dc.language.isoafaf
dc.publisherUniversity of the Free Stateen_ZA
dc.rights.holderUniversity of the Free Stateen_ZA
dc.subjectDissertation (M.A. (Psychology))--University of the Free State, 1977en_ZA
dc.subjectEducation (Higher) -- Study and teachingen_ZA
dc.subjectLearningen_ZA
dc.subjectLearning, Psychology ofen_ZA
dc.titleDie rol van belangstelling by verskillende studierigtings aan die U.O.V.S.af
dc.typeDissertationen_ZA
Files
Original bundle
Now showing 1 - 1 of 1
Loading...
Thumbnail Image
Name:
HumanJJ.pdf
Size:
5.51 MB
Format:
Adobe Portable Document Format
Description:
License bundle
Now showing 1 - 1 of 1
No Thumbnail Available
Name:
license.txt
Size:
1.71 KB
Format:
Item-specific license agreed upon to submission
Description: