Doctoral Degrees (Public Administration and Management)
Permanent URI for this collection
Browse
Browsing Doctoral Degrees (Public Administration and Management) by Issue Date
Now showing 1 - 18 of 18
Results Per Page
Sort Options
Item Open Access Intergovernmental fiscal relations: the paradox between the vertical fiscal imbalance and responsiveness and accountability in the Northern Cape provincial government(University of the Free State, Dec-14) Hendriks, Christoffel Jacobus; Minnaar, F.Afrikaans: Hierdie tesis ondersoek Suid Afrika se interowerheids-fiskale verhoudinge en in besonder die impak van ‘n vertikale fiskale wanbalans op responsiwiteit en aanspreeklikheid in die Noord Kaap Provinsiale Regering. In Suid Afrika bestaan die regering uit drie sfere, te wete die nasionale regeing, provinsiale reging en munisipale of plaaslike sfere van regering. Elk van hierdie sfere is verantwoordelik om ‘n aantal funksies uit te voer wat of eksklusief – met ander woorde verrig deur slegs een sfeer - of gelyklopend – gedeel tussen verskillende sfere van regering uitgevoer kan word. Die provinsiale regeringsfeer is verantwoordeklik om sekere dienste soos gesondheid, onderwys en provinsiale paaie te lewer en ander dienste soos ekonomiese aangeleenthede, toerisme, vervoer, sport, kuns, kultuur, wetenskap en tegnologie te bevorder. Ten einde aan hulle mandaat te voldoen, benodig elk van die drie regeringsfere finansiële hulpbronne om hulle in staat te stel om dienste te lewer. Dienste word gefinansier deur belastings soos persoonlike-inkomstebelasting, belasting op toegevoegde waarde, aksysnsbelasting en eiendomsbelasting om slegs enkeles te noem. In Suid Afrika word die grootste gedeelte van die inkomstes wat deur belastings ingesamel word deur die Suid Afrikaanse Inkomstediens namens die nasionale regering ingesamel. Provinsiale regerings samel so min as drie persent van hulle totale inkomste in. Die rede hiervoor is dat die belastingbasis van provinsiale regerings nou is en beperk is tot items soos motorvoertuiglisensies, dobbelbelasting en ander inkomstes soos pasientgelde. Die gaping wat bestaan tussen eie inkomstes en inkomste benodig is bekend as die vertikale fiskale wanbalans en word gevul deur verskillende oordragte vanaf die nasionale regering na die provinsiale regerings. Alhoewel ander lande in die wêreld soortgelyke tendense ervaar is die verhouding eie inkomste wat deur provinsies in Suid Afrika ingesamel word ongekend laag. Oordragbetalings vanaf die nasionale regering na die provinsiale regering het daarom die belangrikste bron van inkomste geword vir provinsiale regerings om hulle uitgawes te finansier. Bestaande teorie wys daarop dat ‘n vertikale fiskale wanbalans twee wesenlike implikasies vir provinsiale regerings inhou. Die eerste het betrekking op die responsiwiteit en die tweede maar nie minder belangrik nie, is die verlies aan aanspreeklikheid. Dit is daarom belangrik dat bestaande maatreëls wat dit ten doel het om responsiwiteit en aanspreeklikheid te bevorder ekonomies, efektief en doeltreffend toegepas word. Gebaseer op ‘n literatuurstudie, sowel as ‘n opname en onderhoude uitgevoer in die Noord Kaap Provinsiale Regering, kom hierdie studie tot die gevolgtrekking dat die vertikale fiskale wanbalans ‘n impak het op die responsiwiteit en aanspreeklikheid van die Noord Kaap Provinsiale Regering en dat bestaande maatreëls om responsiwiteit en aanspreeklikheid te bevorder meer doeltreffend, effektief en ekonomies aaangewend kan word. Die tesis bevat daarom ‘n stel aanbevelings wat gebaseer is op die empiriese en literatuurstudie oor die aangeleentheid met die oogmerk om die teenswoordige toestand nie net in die Noord Kaap nie ,maar in Suid Afrika as ‘n geheel te verbeter. Dit is relevant omdat responsiwiteit en aanspreeklikheid twee fundamentele beginsels van demokratiese regering is en beide konsepte deel vorm van die waardes waarop die Republiek van Suid Afrika gevestig is. Die twee konsepte is ook sentraal in besprekings rakende goeie regering.Item Open Access Implementing integrated strategic plans in Free State municipalities(University of the Free State, Feb-13) Du Plessis, Lyndon Mark; Bekker, J. C. O.Afrikaans: Plaaslike regering in Suid Afrika vorm deel van 'n oorhoofse staatsbestelook bestaande uit nasionale en provinsiale regering. Saam is huloorhoofse doelom die algemene welsyn van die bevolikng te bevorder deur middel van dienslewering en ontwikkelingsinisiatiewe. Vir die doeleinde om dienste te lewer en ontwikkeling te bevorder, is plaaslike regering van besondere belang, omdat dit die regeringsagentskap verteenwoordig met wie landsburgers eerste in kontak kom. Die plaaslike sfeer van regering het fundamentele transformasie ondergaan, beide vanuit 'n politieke sowel as strukturele oogpunt. Addisioneel daartoe dat plaaslike regering demokratiese strukture geword het binne die algehele demokratisering van Suid Afrika, het die benadering tot, asook die strukture van munisipaliteite ook dramaties verander. Munisipaliteite, die organisatoriese eenhede van plaaslike regering, het dus die doelom hierdie "nuwe" doelwitte van plaaslike regering n ate streef binne 'n veranderde omgewing. Een van die besondere veranderinge wat in in die bestuur van munisipaliteite ingestel is, is die gebruik van 'n geïntegreerde strategiese benadering tot organisatoriese beplanning. Dit is gefasiliteer deur wetgewende hervorming wat voorsiening maak vir munisipaliteite om geïntegreerde ontwikkelingsplanne (GOPs) saam te stel, en dit saam met begrotings en prestasiebestuurstelsels te gebruik, om dienslewering en ontwikkeling binne hul areas van jurisdiksie te bevorder. Daarom verwysing na die term geïntegreerde strategiese beplanning. Die instelling van hierdie nuwe stelsel was egeter nie sonder uitdagings, met ontevredenheid oor diensvlakke van munisipaliteite wat deur negatiewe verslagdoening deur verskeie openbare rolspelers uitgespreek is, sowel as deur plaaslike gemeenskappe wat hulontevredenheid deur protesaksie begin illustreer het. 'n Kritiese vraag sentreer daarom rondom waarom daar so 'n hoë vlak van ontevredenheid oor munisipale dienslewering is, ten spyte van wetgewende maatreëls om verbeterde munisipale beplanning te bevorder. Hierdie tesis het daarom ondersoek ingestel na die implementering van geïntegreerde strategiese planne in munisipaliteite in die Vrystaat om vas te stel watter tipiese faktore bygedra het tot die onvermoë van munisipaliteite om sulke planne te implementer. Aanbevelings, op grond van die empiriese en literatuurnavorsing, is voorts verskaf, met die oog daarop om die huidige stand van sake te verbeter, in die Vrystaat, maar ook in die res van Suid Afrika.Item Open Access The impact of the performance management system on accountability in the public service of Lesotho(University of the Free State, Jul-10) Sefali, Francis Tlhopheho; Bekker, J. C. O.Afrikaans: Die konsep van ‘n prestasiebestuurstelsel (PBS) is dinamies en kontroversieel tussen beide openbarebestuur akademici sowel as praktisyns. Dit bestaan uit ‘n verskeidenheid kontekste, vorms en doele soos internasionaal toegepas en waargeneem word. Dit is die moeite werd om te let dat die konsep van PBS relatief nuut in die Openbare Dienste van Lesotho is. Nogtans bestaan die PBS dekades lank internasionaal as ’n administratiewe en bestuurs konsep. Hierdie tesis het gepoog on ondersoek in te stel oor die impak van die PBS op toerekenbaarheid in die Openbare Dienste van Lesotho. As gevolg daarvan is daar gepoog om die PBS te defineer, toerekenbaarheid vas te stel en om ‘n verhouding te vestig tussen die twee konsepte (PBS en toerekenbaarheid). ‘n Proefondervindelike studie is onderneem om die opinies van openbare beamptes oor die verhouding tussen die PBS en toerekenbaarheid te bekom sowel as hulle begrip van die PBS konsep en sy implementering in Lesotho. Die studie het gebruik gemaak van ‘n opmetings metode van wetenskaplike ondersoek. As gevolg daarvan, is vraagstukke versprei aan ‘n statistiese geselekteerde groepie openbare beamptes. Hierdie studie het van ‘n driehoekige aanslag gebruik gemaak waar albei die kwalitewe sowel as kwantitiewe navorsings metodes geimplimenteer is. Nadat die vraagstukke se opmetings saamgevat is en geaniliseer is, is die volgende vasgestel: Eerstens is daar vasgestel dat weens ‘n gebrek aan opleiding, dat die meeste van die openbare beamptes nie die toepassing van die PBS en hulle dagtake verstaan het nie. Tweedens is dit bloot gelê dat daar geen duidelike onderneming deur die Regering van Lesotho was om die PBS behoorlik te implimenteer nie. Derdens het die studie bevind, dat weens ‘n gebrek aan aansporing, die openbare beamptes nie genoegsame motiveering gehad het om die PBS korrek te implimenteer nie. Daar was ook geen duidelike bewys dat die PBS toerekenbaarheid bevorder het in die Openbare Dienste van Lesotho nie. Daarbenewens het die studie die probleem uitgelig van verouderde riglyne, vorms en wetgewing verbonde aan die PBS. Laastens het die studie voorgestel dat die Regerings van Lesotho meer moeite moet doen om die implementering van die PBS op te knap. Hierdie poging moet onder andere fokus op: • Die intensifiseering van PBS opleiding en die praktiese verhouding met toerekenbaarheid. • Die hersiening van PBS dokumente om ingelig te word deur die leerstelling van die Nuwe Openbare Bestuur. • Die herorganiseering van Regeringsinstellings om volledige deel te neem, besit te neem van die toewyding met die implemtering van die PBS. • Fasilitasie van die inleiding van die Prestasie Verwante Betalingsisteem (PVB). Die gevolgtrekking is dat die implementeing van die PBS met minder entoesiasme en toewyding hanteer is en dat dit dus nie geheel deur alle relevante insethouers aanvaar is nie. Die PBS verwante bestuursgereedskap soos strategiese beplanning, werksbeskrywings, werksplanne en prestasie standaarde is nie ten sterkste beklemtoon nie. Die gebrek aan sterk beklemtoning het nie geassisteer met die verheffing van die PBS implementering nie. Die bogenoemde is geidentifiseer as tekortkominge wat daadwerkilke aandag van die Regerings benodig.Item Open Access Decentralisation of district health services in the Free State Province(University of the Free State, Jul-12) Motsoari, Motsamai Clement; Sindane, A. M.; Bekker, J. C. O.Experiments with decentralisation began in the late 1970s and continued throughout the 1980s. Decentralisation is regarded as a key element of the primary health care approach. It is initially seen as having important political value that can be used as a means to enhance health service policy. However, in many instances, western donors who believe that because one form of decentralisation works in developed countries, it will also work in the developing world often pursue decentralisation. The challenge facing the South African National Health System and the Free State Health System in particular, is to design a comprehensive programme to redress social and economic injustices brought about by apartheid to the majority of the population to ensure that emphasis is placed on health and not just medical care so that issues relating to socio-economic conditions such as poverty, water and sanitation, and proper housing should be addressed adequately. At present, implementation of the District Health System (DHS) based on primary health care (PHC) approach is provided by the Free State Department of Health (FSDOH) and by local municipalities on an agency basis. The above approach is concerned with keeping people healthy, as it is with caring for them when they become unwell. In an endeavour to address aforementioned challenges, the South African Government of National Unity (GNU) has adopted decentralisation as a model for both governance and management. Decentralised governance is embodied in the Constitution of the Republic of South Africa, 1996, in the form of powers and functions for the three spheres of government. The powers and functions of the local sphere of government bear testimony to the importance of this sphere in particular. The GNU, through its adoption of the Reconstruction and Development Programme (RDP) in 1994, committed itself to the development of a DRS based on PRC approach as enunciated at the Alma Ata conference in 1978. The hypothesis for this study indicated that decentralisation of DRS in the Free State Province will enhance efficiency and equity and thus make local public representatives accountable for services rendered. The hypothesis and research objectives for the study were validated by means of literature review and empirical survey. The thesis outlines the conceptualisation and forms of decentralisation and also draws lessons from the experiences of various countries including Canada, Zambia, Indonesia, and Brazil and highlights the need to approach the formulation and implementation strategies for health sector reforms systematically, rather than importing, uncritically, structural models developed abroad. Political considerations are inherent in any decision made and a political environment limits the extent of decentralisation. Without doubt, the most serious mistake any reformer can make is to assume decentralisation to be a managerial exercise devoid of political cause and consequences. The thesis concludes by presenting analysis and interpretation of research findings while also outlining key recommendations that might be of assistance for identifying an appropriate form for decentralisation of health services.Item Open Access Employee performance: the challenge for managers in the Free State public service(University of the Free State, Jul-15) Thomas, Rachel; Minnaar, FrancoisAfrikaans: Daar word van die Suid Afrikaanse Openbare Sektor (SAOS) as die implementerings masjien en die regterhand van die Suid Afrikaanse Regering verwag om ‘n effektiewe en doeltreffende werksverrigting daar te stel ten einde die wense van die regering van “’n beter lewe vir almal” te vervul. Effektiewe en doeltreffende werkverrigting in die openbare diens is afhanklik van die motivering, vaardighede, bevoegdheid, toegewydheid en integriteit van amptenare en die kwaliteit van bestuur en leierskap. Die kritieke rol van amptenare in die SAOS word erken deur leiers soos Nelson Mandela, Thabo Mbeki en die President, Jacob Zuma in hulle onderskeie Staatsredes. Die belangrikheid van mense (Menslike kapitaal) in enige organisasie word ook beklemtoon deur bestuurs teoriste, en is ‘n onderwerp vir voortgesette belangstelling en navorsing. Die rol van menslike kapitaal word gesien as die belangrikste status omdat mense die basiese boublokke van organisasies is en skaars, uniek en kompleks is. Mense is die enigste bron wat dinamies is en beheer kan word, wat ander bronne aktiveer en verander na goedere en dienste. Hierdie karaktereienskappe is uniek aan mense, dit maak hulle as ware die kosbaarste en duurste van alle ander bronne in enige organisasie insluitende die SAOS. In die lig van die prestasie verwagting van die amptenare, was daar studies en verslae wat die prestasie realiteit van die SAOS getoets het. Hierdie studies wys op die feit dat daar uitdagings is vir menslike hulpbronne soos die tekort aan kapasiteit en vaardighede in die Openbare Sektor wat sy vermoë om effektiewe werkverrigting te lewer belemmer. Die Nasionale Ontwikkelings Plan (NOP) en die Afrika Gelyke Hersienings Meganisme (AGHM) het ook die negatiewe impak van die vaardigheidstekort op die werkverrigting van die Suid Afrikaanse Regering bevestig. Die tekort in ontwikkeling van vanpaste menslike ontwikkeling en menslike hulpbron kapasiteit om effektiewe en doeltreffende regering daar te stel is geïdentifeer as die uitdagendste areas in die werksverrigting van die Suid Afrikaanse Regering. Die Bestuurs Werksverriging Assessering Instrument (BWAI) wat die kwaliteit van bestuurspraktyke in die SAOS meet ondersteun die bogenoemde argument. Die BWAI het waargeneem dat menslike hulpbron bestuur swak was regdeur die SAOS. As resultaat het die BWAI verslag die versterking van die bestuur en ontwikkeling van sy menslike hulpbronne beklemtoon. Die verslag het daarop aangedring dat die bestuur van menslike hulpbronne die grootste bekommernis van leiers en bestuurders in die Openbare Sektor moet wees. Eweneens het dokumenste soos die Witskrif op Transformasie van die Openbare Sektor (WTOP), 1997 en die Witskrif op Menslike Hulpbron Bestuur (WMHB) , 1995 die belangrikheid van uitvoerende verantwoordelikheid vir werkverrigting in die SAOS beklemtoon. Die WTOP, 1997 vereis van bestuurders op alle vlakke om leiers, visionêre, inisieerders, effektiewe kommunikeerders en besluitnemers te wees wat ten doel het om werknemers te ondersteun sodat die werknemers effektiewe en doeltreffende werkverrigting kan verseker. Die WTOP, 1995 beskou bestuur van mense as een van die belangrikste take van bestuurders. ‘n Ander oplossing in die rigting van effektiewe en doeltreffende werknemer werkverrigting is openbare amptenare wat bemagtig, gemotiveerd en toegewyd is en wat gereed is om te presteer. ‘n Verdere antwoord in die aanspreek van die uitdagings van menslike hulpbron kapsiteit en werkverrigting is oefening of werkverrigtingbestuur omdat werkverrigtingbestuur een van die middele is waardeur bestuurders hulle bestuursverantwoordelikhede kan onderneem en werknemers kan motiveer. Werkverrigtingbestuur is ‘n instrument wat bestuurders wys dat hulle verantwoordelik is vir die werkverrigting van die personeel wat saam met hulle werk. Daarom konsentreer hierdie studie op die werkverrigting van openbare amptenare en die uiters belangrike rol wat bestuurders speel in die Vrystaatse Openbare Sektor (VSOS) in die versekering dat die openbare amptenare effektiewe en doeltreffende werksverrigting sal lewer. Dit kan afgelei word van die verduidelikings wat in die tesis gegee word dat bestuursondersteuning saam met objektiewe werkverrigting-bestuur kan lei tot ‘n gunstige werksomgewing, wat weer tot gevolg sal hê dat effektiewe en doeltreffende werknemer werkverrigting daar gestel word, daarom die redenasie agter die studie en die navorsings probleem. Daarom bevraagteken hierdie navorsing dit dat die gesoekte antwoorde daarop fokus of bestuurders in die VSOS departement bestuursondersteuning aan werknemers verskaf, daarin slaag om werknemers se werkverrigting objektief te bestuur, en ‘n gunstige werksomgewing te skep wat werknemers motiveer en aanmoedig om effektief by te dra en doeltreffend te presteer. Daarom dui die hipotese daarop dat die VSOS se werknemers (openbare amptenare) effektiewe en doeltreffende presteerder sal wees indien hulle bestuurders daartoe in staat is om ‘n positiewe werksomgewing te skep deur die verskaffing van bestuursondersteuning, en deur die objektiewe implementering van die huidinge werkverrigtingsbestuurs sisteem. Die doel en doelwit van die studie, en die hipotese, is betroubaar deur kwalitaitewe sowel as kwalitaitewe navorsing en analisering. Die tesis het tot die gevolgtrekking gekom deur die navorsingsbevindings en gevolgtrekkings voor te lê en deur aanbevelings te maak oor hoe werknemers se werkverrigting verder verbeter kan word in die VSOS.Item Open Access Die toepassing van 'n voorsieningsadministrasiestelsel vir openbare hospitaalapteke en mediese depots(University of the Free State, Jun-03) Van Hoeylandt, Rita Oscar Emilie Thomas; Van Straaten, F. P.Afrikaans: Openbare instellings, soos byvoorbeeld hospitale, het hulle ontstaan daaraan dat hulle in die behoefte aan essensiële goedere en gesondheidsdienste vir die handhawing van die algemene welsyn van die gemeenskap in Suid-Afrika moet lewer. Geen gesondheidinstelling kan sonder mediese voorraad funksioneer nie en gevolglik sal sodanige instellings jaarliks ‘n sekere deel van ‘n staat se beperkte fondse by wyse van begroting, vir die aankoop van mediese voorrade moet bestee. Die optimale aanwen-ding van skaars middele en bronne vir die bevrediging van die toenemende behoeftes van die gemeenskap in Suid-Afrika noodsaak die doeltreffende logistieke hantering van mediese voorrade. Die betekenis, omvang en vereistes van voorsieningsadministrasie vir mediese voor-rade is breedvoerig verklaar. Verskillende faktore wat ‘n voorsieningsadministrasie-stelsel by openbare hospitaalapteke en mediese depots noodsaak soos onder andere noodsaaklikheid van opgeleide personeel en bewerkstelliging van gestandaardiseerde metodes en prosedures by voorsieningsadministrasie is uitgelig. Die omvang van voorsieningsadministrasie by mediese depots en hospitaalapteke in die openbare sektor is kompleks van aard. Daar bestaan verskeie funksies en dienste waarby voorsieningsadministrasie van mediese voorrade in die openbare sektor ‘n rol speel. Die omvang van die behoeftes vir mediese voorrade by die openbare sektor is uiteenlopend van aard en verskil van streek tot streek na gelang wat die verskillende siektetoestande soos byvoorbeeld malaria wat gebiedsgebonde is, mag voorkom. Organisatoriese reëlings vir ‘n voorsieningsadministrasiestelsel by openbare hospitaal-apteke en mediese depots word onderneem om goedere en dienste aan pasiënte tydens hulle behandeling, te kan lewer. Die organisatoriese reëlings in provinsies moet sorgvuldig beplan en verdeel word tussen instellings, afdelings en onder funksio-narisse om die doelwit, te wete doeltreffende en effektiewe voorsiening van mediese voorrade aan mediese depots, hospitale en klinieke te kan bewerkstellig. Organisatoriese reëlings word onderverdeel in werkverdeling, delegasie van bevoegd-hede, kommunikasie en koördinering. Daar is gepoog om hierdie organisatoriese reëlings deeglik uit te lig wat noodsaaklik vir ‘n voortreflike voorsienings-administrasiestelsel by openbare hospitaalapteke en mediese depots is. Die koördi-nering van mediese bevoorrading is noodsaaklik omdat daar gefragmenteerde dienslewering in die gesondheidsektor van Suid-Afrika voorkom. Omdat gedefrag-menteerde gesondheidsdienste by provinsies voorkom, verg dit ‘n hoë mate van koördinering van bedrywighede. Aanbevelings is gemaak om die organisatoriese reëlings van mediese bevoorrading by openbare hospitaalapteke en mediese depots meer doeltreffend en effektief te bewerkstellig en te bevorder.Item Open Access The influence of the transformation of local government on service delivery in category B municipalities in the Eastern Cape(University of the Free State, Jun-04) Rankwana, Edward Martin; Kroukamp, H. J.Afrikaans: Na die afskaffing van apartheid het die herstrukturering van plaaslike bestuur in Suid-Afrika ‘n aanvang geneem. Kenmerkend van stede in Suid-Afrika was die uitsluiting van ‘n merkbare gedeelte van die bevolking vanaf ekonomiese geleenthede en die lewering van basiese dienste. Die nasionale debat oor die transformasie en herstrukturering van plaaslike bestuur het in 1990 in die plaaslike bestuurs-onderhandelingsforum ‘n aanvang geneem en is oor die inhoud van die Plaaslike Regerings Oorgangswet, 1993 onderhandel. Laasgenoemde Wet het voorsiening gemaak vir ‘n drie-fase oorgangsproses asook die afskaffing van rasgebaseerde plaaslike owerhede. Die finale fase van die transformasie van plaaslike bestuur het ‘n aanvang geneem met die implementering van die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika, 1996 (Wet 108 van 1996). In terme van die Grondwet (Hoofstuk 10) is al drie regeringsfere verantwoordelik om dienste aan alle Suid-Afrikaners te lewer. Ten einde hierdie sfere in staat te stel om hul verantwoordelikhede na te kom, moes die diensleweringsproses van die openbare sektor verander word deur middel van herstrukturering. In terme van die heropbou en ontwikkelingsprogram is munisipaliteite as kritiese basiese diensleweringsinstellings geïdentifiseer. Derhalwe is die herstel en opgradering van dienste waar dit verval het asook die uitbreiding van dienste na nuwe gebiede as voorvereistes vir die legitimering van die nuwe plaaslike bestuurstelsel gesien. ‘n Afbakeningsraad is tot stand gebring om grense te bepaal vir munisipaliteite wat in terme van die Wet op Plaaslike Regering: Munisipale Strukture, 1998 tot stand gebring is. Laasgenoemde wetgewing het die kategorieë en tipes munisipaliteite vir Suid-Afrika bepaal. Die doel van die studie is om die invloed van transformasie op dienslewering te ondersoek en is die totstandkoming van die Maletswai Plaaslike Munisipaliteit en verwante aangeleenthede aangespreek. Hierbenewens is die dienste wat deur plaaslike besture in terme van hul grondwetlike mandaat gelewer moes word, verduidelik waarna die vlak van bevrediging van inwoners ten opsigte van dienslewering deur middel van empiriese studie ondersoek is. Bevindinge en aanbevelings word in die laaste hoofstuk van die tesis aangebied.Item Open Access The role of democratic rights and obligations of citizens in enhancing public service delivery in Uganda(University of the Free State, Jun-14) Lubinga, Stellah Nambalirwa; Du Plessis, L. M.Irrespective of a two decade-plus long prevalence of several democratic participatory frameworks, and the excellent legal and policy frameworks for citizen participation in Uganda, exercising of democratic rights and obligations of citizens in Uganda is far from reality and the services rendered to the citizens are still poor. As an example of this ill reflection of reality, the electorate is still prone to hand-outs and is easily manipulated into participation. The general awareness level on citizens’ rights and responsibilities has swung out of balance in Uganda — for instance, based on the findings, the right to participate in decision-making and, subsequently, the right to demand for accountability on the quality of services delivered are not commonly known among the citizens in Uganda. The majority of the citizens are not aware of the government initiatives in place supporting citizen participation. Likewise, nepotism and corruption is still increasingly staining politics and government institutions that are supposed to form the basis for participation. Moreover, to a certain extent, there is censorship of the press, and no separation of powers. These not only attesting to the statement that participatory initiatives in Uganda are more like wish lists than substantive statements that are guaranteed in practice, but also raising questions such as: · How relevant have the democratic citizen participatory initiatives been to the actual involvement and participation of citizens in prioritising, planning, and decision-making on issues affecting citizens? · What is the citizen’s knowledge and understanding of the democratic citizen participatory initiatives? · Have the democratic citizen participatory initiatives promoted citizen participation that is strong in order to demand quality service delivery? Thus, to try and answer the above questions, this research aims to establish whether the quality of public services relates to the exercising of democratic rights and obligations of citizens by citizens in Uganda. Specifically focusing on: · documenting the concepts ‘democracy’, ‘democratic rights’, ‘citizen responsibility’ and ‘democratic consolidation’; · realising whether and how fundamental notions of democratic citizenship and democratic participation either undermine or advance public service delivery; · exploring the current state of democratic rights and obligations of citizens in Uganda; · conducting empirical research on the realities and practices regarding the exercise of democratic rights and obligation of citizens as well as assess its implications towards service delivery in Uganda; and · proposing a comprehensive participatory framework for exercising democratic rights and obligations of citizens to improve public service delivery in Uganda. The study employs a mixed-method research approach, conducted on a representative sample of 110 participants, and data collected through extensive literature review. The same literature supported by qualitative interviewing of key officials employed by Kampala City Council Authority (KCCA), as well as a quantitative questionnaire survey based on three variables used to measure the exercise of democratic rights and obligations. Thus based on the findings of the qualitative and quantitative research methods at the univariate and multivariate levels of analysis, the study proposes comprehensive participatory framework for exercising democratic rights and obligations of citizens to improve public service delivery in Uganda.Item Open Access A political alliance in governance in the Republic of South Africa(University of the Free State, Mar-00) Moshabesha, Mokopane; Bekker, J. C. O.; Wessels, D. P.Abstract not availableItem Open Access A performance measurement approach to improve financial management in provincial governments in South Africa(University of the Free State, May-03) Van Wyk, Hendrik Andreas; Kroukamp, H. J.Afrikaans: Die finansiële bestuur in die openbare sektor kan verbeter deur die implementering van ‘n geïntegreerde rekeningkundige stelsel om begrotings, finansiële jaarstate, en prestasieverslae op ‘n toevallingsbasis op te stel en sodoende die behoeftes van die belanghebbendes te bevredig. Die bestuur van regeringsuitgawes was tradisioneel gefokus op ‘n stelsel van uitgawebeheer, wat gebaseer was op kontantbasis-rekeningkunde. Die beheer het ten doel gehad om te verseker dat bedrae wat deur regeringsowerhede voorgeskiet is, nie oorskry word nie. Kontantbasis-rekeningkunde meet nie uitgawes wat gedurende die periode aangegaan is of ontstaan het nie en derhalwe word die koste van projekte van die regering nie akkuraat gemeet, beheer en oor verslag gedoen nie. In die afwesigheid van akkurate koste-inligting kan die prestasiemeting en kosteeffektiwiteit nie bepaal word nie. Die Openbare Sektor Komitee van die Internasionale Federasie van Rekenmeesters is tans besig om internasionale rekeningkundige standaarde op te stel. Hierdie standaarde sal toevallingsrekeningkunde aanbeveel wat ‘n wesenlike stap na deursigtige en verantwoordbare inligting is. Finansieel gesonde instellings word gelei deur bekwame bestuur en maak gebruik van effektiewe begrotingsbeheer. Effektiewe begrotingsbeheer is nou gekoppel aan langtermyn strategiese doelwitte en verlangde uitkomste. Die bedryfsbegrotings word dan met die werklike resultate wat volgens die toevallingsgrondslag voorberei is, vergelyk om prestasie en effektiwiteit te meet. Dit is duidelik uit die bogenoemde dat daar drie voorvereistes vir prestasiemeting bestaan, te wete (i) Lojale en bekwame lynbestuurders; (ii) uitkomsgebaseerde begrotings; en (iii) toevallingsgebaseerde verslagdoening. Die gebalanseerde telkaart is ‘n bruikbare instrument om strategiese doelwitte en prestasiemaatstawwe te dokumenteer. ‘n Prestasiemetingsraamwerk wat die gebalanseerde telkaart as basis gebruik, word vir provinsiale regerings ontwikkel wat die volgende inkorporeer; (i) die implementering van ‘n uitkomsgebaseerde begroting; (ii) ‘n kosteberekeningstelsel om koste van uitsette te meet en wat op ‘n toevallingsbasis gegrond is; en (iii) ‘n staat van prestasie. Lojale en bekwame lynbestuurders is die eerste voorvereiste vir prestasiemeting. Die verantwoordelikhede van die uitvoerende liggaam, hoof uitvoerende beampte en hoof finansiële amptenaar van provinsiale departemente word duidelik gedefinieer. Die opleidingsbehoeftes van regeringsamptenary word ook aangespreek. Uitkoms-gebaseerde begrotings is die tweede voorvereiste van prestasiemeting. Die bestuur in provinsiale departemente moet ag slaan op die huidige tekortkominge in die begrotingstelsels en moet die implementering van aktiwiteitsbasisbegrotings oorweeg. Verslagdoening op ‘n toevallingsgrondslag is die derde voorvereiste vir prestasiemeting. Interne verslagdoening in provinsiale regeringsdepartemente moet herontwikkel word. Die koste van aktiwiteite en programme moet op ‘n aktiwiteitsbasis en toevallingsgrondslag bereken word en na elke uitset geallokeer word. Laastens word aanbeveel dat ‘n staat van prestasie in die finansiële jaarstate van provinsiale departemente geïnkorporeer word en wat in harmonie met die inkomstestaat en die gebalanseerde telkaart behoort te wees.Item Open Access Strategies for urban land management in the Free State(University of the Free State, May-99) Stapelberg, Henning; Van Straaten, F. P.; Van H Botha, W. J.Afrikaans: Hierdie proefskrif handeloor die bestuur van grond in stedelike gebiede en hoe die huidige situasie van afsonderlike dorpe bestuur kan word om die uiteindelike doelwitte van integrasie en versoenbare gemengde grondgebruike te kan bereik. Nuwe wetgewing wat die spoedige afhandeling van aansoeke en die inkorting van logiese stappe word ook bespreek en voorgestel. Die nuwe wetgewing, die Wet op Ontwikkelingsfasilitering, 1995 (Wet 67 van 1995) word ook deeglik bespreek en die onsekerhede, gebreke en voordele betreffende hierdie wetgewing word ook uitvoerig bespreek. Die huidige situasie van afsonderlike dorpe en die probleme wat daarmee ondervind word kry ook aandag en dit beweeg na 'n ge-integreerde beplannings sisteem waar nie net beplanning ge-integreer word, maar die hele aanslag van beplanning behoort ge-integreerd te wees. Dit beteken dat beplanning nie in isolasie gedoen kan word, maar dat In multi-fasset aanslag verlang word wat al die dissiplines insluit wat direk of indirek betrokke kan wees. Verkeer, infrastruktuur, dienste, die ekonomie, sosiale aspekte, beplanning en die omgewing moet ook aangespreek word. Wat beklemtoon word, is dat grondgebruik en ontwikkeling In hele spektrum van ander elemente be-invloed terwyl hierdie elemente ook die grondgebruik be-invloed. Die ideaal sal wees om die beheer van grondgebruik en ontwikkeling op In strategiese wyse te laat plaasvind. AI die elemente moet ook in ag neem die versoenbaarheid met Agenda 21. Dit word algemeen aanvaar dat iets gedoen sal moet word met die integrasie van die verskillende dorpe en ook die afsonderlike sonerings-beheer wat tans van toepassing is. Die regiditeit van dorpsbeplanningskemas sal oak aangespreek moet word en om daarmee te begin moet paslike wetgewing, administratiewe prosedures en beleid daargestel word. Hierdie proefskrif poog om in een van die elemente te voorsien, naamlik die wetgewing. Die navorsing wat gedoen is kan ook as basis dien vir die opstel van struktuurplanne, ontwikkelings doelwitte en die daaropvolgende aanlegskemas om sodoende ontwikkeling te bevorder en ook om al die stedelike gebiede met een kontrole dokument te beheer. Nog 'n aspek van die proefskrif is dat die administratiewe prosesse en prosesse met betrekking tot die Dorperaad en die Ontwikkelings Tribunaalontleed word, asook die aspekte wat betrekking het op alle grondgebruik prosedures. Sommige van die aspekte soos publieke belang en sonerings vir bepaalde gebruike leen hulle daartoe vir verskillende interpretasies en hierdie aspekte is nagevors vanuit 'n stadsbeplanning oogpunt, maar ook veral uit 'n administratiewe oogpunt aangesien hierdie aspekte dikwels voorkom met judisiële tribunale. Verskeie hofsake word ook behandel om rigting te gee aan die grond bestuur. The proefskrif verklaar ook moontlike oplossings in grond bestuur veral wat betref die vinnige urbanisering wat plaasvind, die volhoubaarheid en die voorgestelde nuwe wetgewing vir die Vrystaat. Elke dorp het sy eiesoortige en unieke omstandighede en dit moet in ag geneem word met beplanning aangesien dit ook 'n invloed op die omgewing sal hê. 'n Plaaslike Agenda 21 behoort in plek te wees met die doelom versoenbare ontwikkeling te bevorder en nie te kortwiek. Ontwikkeling wat versoenbaar is met Agenda 21 se vereistes is reeds volhoubare ontwikkeling.Item Open Access Application of selected public sector management techniques to improve service delivery(University of the Free State, Nov-02) Luvuno, Londoloza L.; Bekker, Koos J. C. O.Afrikaans: In hierdie proefskrif word die konsep van Openbaresektor-bestuurstegnieke ondersoek. In die konteks van die toepassing van geselekteerde Openbaresektorbestuurstegnieke vir die verbetering van dienslewering in 'n openbarediens-organisasie impliseer die konsep 'verbetering van dienslewering' die verbetering van doeltreffendheid; effektiwiteit en produktiwiteit. Die Openbaresektor-bestuurstegnieke wat in hierdie proefskrif bespreek word, word gestel sodat staatsamptenare hul kennis kan verbreed deur soveel moontlik Openbaresektor-tegnieke te ontdek ten einde dienslewering in openbarediens-organisasies te verbeter. Die dokument moet voorts gesien word as beginpunt in die studie van ander relevante Openbaresektor-bestuurstegnieke soos Rasionele Probleemoplossing; Innoverende Dienslewering; Openbarehulpbron-bestuur; en Diensverbeteringbestuur. Dit sluit in die bewusmaking en ontwikkeling van die tegniese vaardighede; konseptueie vaardighede; implementeringsvaardighede; ekonomiesejbesigheidsvaardighede; bestuursvaardighede; kommunikasievaardighede; en onderhandelingsvaardighede van staatsamptenare. Die proefskrif verstrek 'n breedvoerige onderskeid tussen doeltreffendheid in hoofstuk 4; effektiwiteit in hoofstuk 5; en produktiwiteit in hoofstuk 6, asook eienskappe en bestuurstegnieke geïdentifiseer ~m onderskeidelik die doeltreffendheid, effektiwiteit en produktiwiteit van dienslewering in openbaresektor-organisasies te verbeter, waardeur die tydigheid; geskiktheid; en gehalte van openbaredienslewering teen bekostigbare tariewe verbeter sal word. Hoofstuk 1 bied 'n algemene oorsig van die proefskrif. In hoofstuk 2 word die teorie en rasionaal van Openbaresektor-bestuurstegnieke bespreek. In hoofstuk 3 word gefokus op bestuurspraktyk met betrekking tot doeltreffendheid; effektiwiteit en produktiwiteit om die weg te baan vir die toepassing van die geselekteerde Openbaresektor-bestuurstegnieke in openbarediens-organisasies. Van die 12 Openbaresektor-bestuurstegnieke wat in hoofstuk 2 geïdentifiseer en bespreek is, word drie vir toepassing gekies ten einde doeltreffendheid soos bespreek in hoofstuk 4 te verbeter; twee word vir toepassing gekies ten einde effektiwiteit soos bespreek in hoofstuk 5 te verbeter; en twee word vir toepassing gekies ten einde produktiwiteit soos bespreek in hoofstuk 6 te verbeter. Die proefskrif word afgesluit met 'n opsomming en aanbevelings in hoofstuk 7.Item Open Access Finansiële beheer en verantwoording by plaaslike owerhede in Suid-Afrika(University of the Free State, Nov-07) Laubscher, Laetitia Hendrina; Van Straaten, F. P.; Kroukamp, H. J.Afrikaans: Munisipaliteite in die Republiek van Suid-Afrika verkeer tans onder druk weens beweringe oor gebrekkige finansiële beheer en verantwoording wat aanleiding gee tot omvangryke korrupsie en finansiële wanbestuur met nadelige gevolge vir effektiewe en doeltreffende goedere- en dienslewering aan die ingesetenes. Derhalwe is dit van kardinale belang dat indringende aandag aan die bewerkstelliging van effektiewe en doeltreffende finansiële beheer en verantwoording by munisipaliteite geskenk sal word. Finansiële beheer en verantwoording is beslis een van die belangrikste faktore wat die sukses of mislukking van plaaslike regering in die Republiek van Suid-Afrika kan bepaal. Finansiële beheer en verantwoording dien as belangrike boustene vir ‘n demokrasie wat op effektiewe en doeltreffende munisipale regering en administrasie aanspraak wil maak. Finansiële beheer impliseer dat, op ‘n volgehoue wyse, ‘n wakende oog gehou moet word oor die wyse waarop geld bestee gaan word, bestee word en bestee is, met die oog op verslaggewing deur ‘n munisipale raad aan die ingesetenes van die betrokke dorp of stad. Om in staat te wees om rekenskap aan die ingesetenes te gee oor die handelinge van munisipale funksionarisse, is dit van kardinale belang dat ‘n raad voortreflike beheer oor die werksaamhede van die amptenare moet uitoefen. Voortreflike finansiële beheer en verantwoording sal bydra om ‘n positiewe gees van vertroue by die ingesetenes van ‘n dorp of stad tot gevolg te hê. Verantwoording dui inderdaad op ‘n verantwoordelikheid wat deur almal wat gesag uitoefen, aanvaar moet word. Dit impliseer dat rekenskap gegee moet word vir die wyse waarop die verantwoordelikheid wat opgelê is, aan uitvoering gegee word. Finansiële beheer en verantwoording by munisipaliteite het as vername doelstelling rekenskapgewing oor die besteding van geld in die openbaar. Die belastingbetaler moet byvoorbeeld in staat gestel word om te kan bepaal of die geld wat by wyse van begroting beskikbaar gestel is vir daardie doeleindes aangewend is en of die voortsetting van bepaalde goedere- en dienslewering in die lig van die skaarsheid van geld en die kompleksiteit van die behoeftes wat daarmee gepaard gaan, nog geregverdigd is. Statutêre finansiële beheer op plaaslike regeringsvlak bestaan uit twee komponente, te wete ‘n eksterne komponent (voorbereiding van begrotings; beheer oor lenings, besteding, inkomste en eksterne ouditering) en ‘n interne komponent (interne ouditering, verslaggewing, etiese gedragskodes en finansiële regulasies) waardeur bepaal kan word of geld vir goedgekeurde programme doeltreffend en effektief gespandeer word en of die plaaslike gemeenskap waarde-vir- geld vir hulle bydraes ontvang. Verskeie vraagstukke bemoeilik egter tans die uitoefening van effektiewe en doeltreffende finansiële beheer en verantwoording by munisipaliteite in die Republiek van Suid-Afrika. Hierdie vraagstukke sluit onder meer ‘n gebrek aan kundigheid, onvermoë om agterstallige skulde in te vorder, omvangryke korrupsie en buitensporige salarisse en bonusse in. Om hierdie vraagstukke te oorbrug, is dit noodsaaklik om as basiese vertrekpunt bepaalde etiese norme en waardes daar te stel. Etiek hou verband met die beoordeling van bepaalde vorme van menslike gedrag of besluite om te bepaal of dit wat onderneem word of wil word, reg of verkeerd, goed of sleg of aanvaarbaar of onaanvaarbaar vir die ingesetenes van die betrokke dorp of stad sal wees. Etiese gedrag en die vasklewing aan waardes kan munisipale raadslede en amptenare ontmoedig om by korrupte aktiwiteite by munisipaliteite betrokke te raak. ‘n Nuwe positiewe verwikkeling op plaaslike regeringsvlak in die Republiek van Suid-Afrika is die implementering van Munisipale Openbare Rekeninge Komitees in Gautengse munisipaliteite ten einde aanspreeklikheid op plaaslike regeringsvlak te kan afdwing. ‘n Munisipale Openbare Rekeninge Komitee is ‘n komitee van ‘n munisipale raad wat deur ‘n munisipale raad aangestel word om finansiële aangeleenthede te ondersoek en aan die raad oor hulle bevindinge verslag te doen. Die media kan ook ‘n noodsaaklike rol vervul in die funksies van hierdie komitee(s), aangesien hulle die ingesetenes op hoogte moet hou oor aangeleenthede wat deur die komitee(s) ondersoek word. Die effektiewe en doeltreffende toepassing van finansiële beheermaatreëls en die afdwing van openbare verantwoording kan egter die voorvalle van korrupsie en finansiële wanbestuur by munisipaliteite aansienlik verminder. Dit dien derhalwe as ‘n waarborg vir voortreflike munisipale finansiële bestuur en kan sodoende bydra om die openbare belang te bevorder – die fundamentele doelwit van demokratiese plaaslike regering en bestuur.Item Open Access The impact in international volunteer organisations in enhancing public service delivery in Lesotho: the case of the United States Peace Corps(University of the Free State, Nov-11) Lepotho, Clement M.; Bekker, J. C. O.Afrikaans: Openbare dienslewering is een van regeringsbestuur se sleuteldimensies. Voldoende lewering van openbare dienste bly steeds ‘n uitdaging vir nasionale en plaaslike regerings, grootliks weens die regerings se kapasiteittekort om hierdie dienste te voorsien en te volhou. In Lesotho se geval is internasionale vrywilligerorganisasies, soos die Verenigde State se Vredeskorps, genooi om veral te vergoed vir die tekortkomings van menslike hulpbronkapasiteitsbou. In hierdie verhandeling word die uitwerking van die Vredeskorps se organisasie in die verskaffing van openbare dienste in Lesotho ondersoek. Teoretiese perspektiewe oor die geskiedenis van openbare dienslewering en die skakels tussen menslike hulpbronontwikkeling en doeltreffende en voldoende openbare dienslewering word bespreek. Teoretiese perspektiewe oor die Vredeskorpssending, ontwikkelingsbenaderings en projekte word verder aangebied. Empiriese navorsing is gedoen om die persepsies van die Basotho en Vredeskorpsvrywilligers oor die Vredeskorps-organisasie se bydraes tot die versterking van openbare dienslewering in Lesotho uit te lok. ‘n Metodologiese triangulasie, wat persoonlike onderhoude, fokusgroepbyeenkomste en vraelyste behels, is gebruik om die geldigheid en betroubaarheid van die bevindinge te verbeter. Die belangrikste bevindings van die studie is dat menslike hulpbronontwikkeling ontluik as ‘n basiese prioriteit in die strewe na ekonomiese groei en die verbetering van openbare dienslewering. Dit onthul ook dat die internasionale vrywilligersorganisasies, soos die Vredeskorps, betekenisvol tot die bou van menslike hulpbronkapasiteit in Lesotho bydra. Uit hierdie studie is dit egter duidelik dat die menslike hulpbronontwikkeling nie die enigste faktor in die doeltreffende en voldoende implementering van ontwikkelingsprojekte is nie. Die gevolgtrekking is dat die “menslike faktore” uiteindelik die sukseskoers van die ontwikkelingsprojekte bepaal. Die menslike faktore beskryf die eienskappe van individue binne ‘n gemeenskap, soos verantwoordelikheid, toewyding, aanspreeklikheid, motivering en integriteit. Uit hierdie studie is dit duidelik dat ‘n betekenisvolle aantal Basotho voldoende in ‘n verskeidenheid van vaardighede opgelei is, maar steeds ‘n onvoldoende vlak van motivering, verantwoordelikheid en betrokkenheid ten opsigte van die ontwikkelingsprojekte toon. Die gevolg is die mislukking van volhoubare ontwikkelingsprojekte. Die belangrikste gevolgtrekking wat uit hierdie navorsing gemaak word is dat, ten spyte van die tekortkominge wat uit die menslike faktore in projekimplementering spruit, die Vredeskorps-organisasie betekenisvol tot die verbetering van openbare dienslewering in Lesotho bygedra het. Dit is hoofsaaklik die voorsiening van onderrig en opleiding aan die Basotho. Die organisasie is dus selfversekerd om in die toekoms voort te gaan om ontwikkelingsondersteuning aan te bied. Vir groter invloed op die verbetering van die Basotho se lewens, word daar egter aanbeveel dat die Vredeskorps, eerstens, die ontwikkelingsprojekte herstruktureer om dit met dinamiese veranderinge in wêreldwye en plaaslike ontwikkelingsvelde in lyn te bring. Tweedens, moet beide die Vredeskorps en die Basotho self belê in die ontwikkeling van die menslike faktore in die gemeenskap, om volhoubare resultate te genereer. Hierdie ondersoek kan waardevolle inligting verskaf aan die Vredeskorps-organisasie wêreldwyd, ander internasionale vrywilligerorganisasies, en betrokke regerings, ministeries of departemente wat vir openbare dienslewering verantwoordelik is, oor die ontwerp en implementering van programme om lewens in die gemeenskap te verbeter.Item Open Access Poverty reduction policies in Lesotho: the case of self-help projects(University of the Free State, Nov-11) Ralebese, Halieo Laurentina; Sindane, A. M.; Bekker, J. C. O.Afrikaans: Lesotho is sedert sy onafhanklikheidswording in 1966 in ‘n stryd teen armoede gewikkel. Inisiatiewe om armoede te verlig sluit ‘n verskeidenheid strategieë in, onder andere selfhelpprojekte. Die doel van die selfhelpprojekte is veral om armoede in plattelandse gebiede te verminder, waar die meerderheid van die armes woon. Ten spyte van die wye toepassing van hierdie projekte, is daar bewyse dat armoede in Lesotho in beide absolute en relatiewe terme toeneem. Hierdie studie fokus op die prestasie van die selfhelpprojekte en voer aan dat die selfhelpprojekte nie armoede verlig nie, aangesien dit, wat betref die ontwerp en implementering, nie doeltreffend is nie. Die studie het spesifiek probeer om die volgende te bepaal: - of die selfhelpprojekte in Lesotho tot die verligting van armoede in staat is, en - of die politieke dominansie van selfhelpvraagstukke die verligting van armoede verhinder. Die studie gebruik twee benaderings om die navorsingsvrae aan te spreek, naamlik ‘n literêre ondersoek en ‘n empiriese ondersoek. Die literêre ondersoek het ‘n teoretiese analise van armoede-verligtingsbeleide, -programme en -strategieë in Lesotho behels. Hiervoor is regeringsdokumente asook verslae deur skenkingsagentskappe gebruik. ‘n Analise van die beleidsmakingsproses in Lesotho is verder onderneem om te bepaal wat die omvang is van die beleidproses se uitwerking op die armoede verligtingsbeleide, insluitend selfhelp-projekte. Op empiriese vlak is ‘n opname gedoen oor die deelnemers in die selfhelprojekte, asook oor die betrokke regeringsamptenare in die administrasie van selfhelpaktiwiteite. Data is deur middel van persoonlike onderhoude ingesamel. Bewyse uit die twee benaderings suggereer dat politieke ontwikkelinge met 'n fokus op armoede verligting, grootliks verpolitiseerd is. Sulke aktiwiteite word deur direkte en intense betrokkenheid van selfsugtige politieke figure gekenmerk. Affiliasie met die regerende party is meer as dikwels 'n vereiste vir mense om aan ontwikkelingsbedrywighede deel te neem. Deur hierdie praktyk word baie mense wat in nood verkeer, uitgesluit. Daar is ook vasgestel dat die selfhelpprojek-ontwerp defektief is, aangesien dit baie min voordele bied wat nie die lewens van die bevoordeeldes op ‘n volhoubare basis ondersteun nie. Die implementering van die projekte word verder gepolitiseer, deur dit in instrumente te verander om politieke belange te verbeter. Weens hierdie redes het die projekte daarin misluk om armoede in die plattelandse gebiede te verminder. Die verhandeling verduidelik derhalwe die aard en inhoud van die selfhelpprojekte in Lesotho, bepaal die reders vir mislukking van die selfhelpprojekte as instrumente vir armoedeverligting, en doen voorstelle daaroor aan die hand.Item Open Access The Canada / South Africa Provincial Twinning Project's contribution to strengthening South African provincial governments(University of the Free State, Oct-05) Minja, Lynn Amelia; Bekker, J. C. O.Afrikaans: Vennootskapsooreenkomste word as bestuursinstrumente in die openbare, privaat en vrywilligheidsektore gebruik. Dit is die afgelope jare toenemend aangewend as ‘n meganisme om kapasiteit in die regeringsektor te ontwikkel. Die Kanadese Internasionale Ontwikkelingsagentskap (CIDA) het tussen 2000 en 2004 ‘n soortgelyke vennootskapsooreenkoms, te wete, die Kanada Suid-Afrika Provinsiale Vennootskapsprojek, ten opsigte van regeringsamewerking befonds. Die Instituut vir Publieke Administrasie van Kanada (IPAC) het as die uitvoerende agentskap vir hierdie vennootskapsooreenkoms gedien. Die kantore van die projek was gesetel by die Universiteit van die Vrystaat, Bloemfontein, Suid Afrika en die Staatsdienskommissie, Regina, Saskatchewan, Kanada. Die doel van die projek was om Suid Afrikaanse provinsiale regerings te versterk deur hulle te verbind met Kanadese provinsiale regerings. Die primêre vraag wat in hierdie studie ondersoek is, was dus of die vennootskapsooreenkomste as bestuursinstrumente demokratiese regering in die nuwe Suid Afrikaanse provinsiale regerings kon versterk deur middel van hulpverlening op ‘n vrywillige grondslag deur Kanadese ampsgenote. Die studie het die totale tydsduur van die vennootskapsooreenkoms ingesluit. Kanadese provinsiale regerings het geleenthede gebied aan Suid Afrikaanse provinsiale regerings om ondersoek in te stel na strukture, prosesse en diensleweringsmodelle en het ook met hulle gedeel oor die onderliggende beginsels van en lesse geleer tydens bekendstelling en implementering. Suid Afrikaanse openbare amptenare is die geleentheid gebied om hul Kanadese ampsgenote te evalueer in terme van elemente van hul werk wat ooreenstemmend is. Hulle het die nodige veranderinge in hul werksomgewing ingestel en die nodige leierskap verskaf vir die goedkeuring, verfyning, implementering en voortgesette gebruik van sodanige veranderinge. Elke Suid Afrikaanse provinsie en elke vennootskap het spesifieke resultate wat gedokumenteer is, opgelewer. Van die resultate het verband gehou met aspekte wat met die projek geintegreer is,insluitend geslagsgelykheid, volhoubare ontwikkeling, armoedeverligting en HIV/VIGS. Beleide, programme, metodes en hulpbronne wat deur een provinsie ontwikkel is, is gedeel met, en word tans nog gedeel met ander provinsies sowel as ander Afrika lande. Die resultate het ‘n hoë vlak van volhoubaarheid gehad, want dit is onderskryf deur senior amptenare en verkose politieke ampsdraers, gebaseer op beginsels wat aangepas is vir plaaslike omstandighede en geïnkorporeer is by die regering se agenda sowel as provinsiale begrotings. Teen die einde van die Vennootskapsooreenkomsprojek, het die gedokumenteerde resultate aangedui dat daar wel kapasiteit in die Suid Afrikaanse provinsiale regerings ontwikkel is. Kapasiteit is gebou deur vaardighede te verbeter in terme van individue, groepe binne provinsiale regerings in terme van besluitneming, masjinerie van regering, menslike hulpbronne en programontwikkeling en lewering. Kapasiteit is ontwikkel deur die verkryging en deel van kennis sowel as die toepassing van hierdie kennis. Die leer van nuwe idees en inligting relevant tot mense se provinsies het in elke aktiwiteit plaasgevind in elke provinsie. Kennisdeling en kundigheid het wyd in die werksomgewing voorgekom deur die ontwikkeling van leernetwerke. Prestasiemeting, spesifiek resultaat gebaseerde bestuur, was die instrument wat deur die Venootskapsooreenkomsprojek gebruik is om resultate te identifiseer, te meet en te rapporteer. Hoewel al die deelnemers die meting van prestasie en dokumentering van resultate ondersteun het, is bevind dat die stelsel wat deur die befondsingsagentskap gebruik word rigied en nie koste-effektief is nie. Onduidelikhede in terme van rolverdeling en verantwoordelikhede is ander uitdagings wat ervaar is. Verskeie voorbeelde waar die Vennootskapsooreenkomsprojek aan die geïdentifiseerde beste praktyke voldoen en dit selfs oortref het, is geïdentifiseer. Voorbeelde sluit in die effektiewe gebruik van die vennootskap as instrument, die oordrag van kennis, kapasiteitsontwikkeling, samewerkende vennootskappe, en vrywillige deelname. Die Vennootskapsooreenkomsprojek het hoë vlakke van volhoubaarheid gedemonstreer indien gemeet word aan die kriteria van plaaslike eienaarskap, relevansie, omvattendheid, vennootskappe, skakeling en stabiliteit. Netwerke wat deur middel van die Vennootskapsooreenkomsprojek vasgestel is sowel as dié buite die projek het die deel van gemeenskaplike waardes beklemtoon en het bygedra tot die ontwikkeling van blywende vriendskappe en verhoudinge tussen die Suid Afrikaanse en Kanadese provinsies. Die algemene ervaring van die twee lande met die vennootskapsooreenkoms as instrument was positief. Die vennootskappe het gehelp om die kapasiteit van sentrale agentskappe en lyndepartemente te bou. Dit het staatsamptenare gehelp om kennis en vaardighede te bou wat nodig is vir die ontwikkeling en implementering van beleide en programme, en om die verwagtinge van die publiek en agenda van verkose politieke ampsdraers te bevorder. Hierdie projek het bygedra tot ‘n sterker fondament vir demokratiese provinsiale regering sowel as samewerkende regering.Item Open Access Anastatiese- en transendentale ontleding van administratiewe transformasie binne die raamwerk van Masakhane(University of the Free State, Sep-05) Buys, Willem Frederick; Bekker, J. C. O.Afrikaans: In ‘n veranderende wêreld is transformasie vanaf die vroegste tye aan die mensdom bekend. Daar kan dus geargumenteer word dat die betekenis van die begrip weens d ie bekendheid daarvan, nie verklaar hoef te word nie. ‘n Vraagstuk begin egter reeds by die betekenis van die begrip omdat rolspelers dikwels nie eenstemmig is oor wat met transformasie bedoel word nie. Die doel is dan om die betekenis, asook verskillende benaderings, menings en standpunte oor transformasie uit te lig. Sodoende kan transformasie in perspektief geplaas word. Die begrip is in verskillende soorte kategoriseer om die betekenis daarvan te differensie e r. Die waarde hiervan is dat weerstand teen transformasie nie noodwendig ‘n beginsel saak is nie, maar moontlik is die weerstand teen die soort transformasie of wyse waarvolgens dit toegepas word. Daar behoort ingedagte gehou te word, dat ‘n verband tussen verskillende soorte transformasie kan bestaa n. Daarom behoort die kategorisering van transformasie nie as ‘n rigiede afbakening van soorte transformasie beskou te word nie. M enings en standpunte oor transformasie kan op persepsies berus. D ie betekenis van persepsies word verklaar, weens die impak d aarvan op benaderings tot transformasie. Die doel daarvan is om aan te toon dat persepsies van transformasie nie noodwendig ‘n ware weergawe van die werklikheid is nie. Dit is egter op grond van persepsies dat individue kan reageer en optree en waarop besl uite in terme van transformasie ge baseer kan word. Daarom is dit noodsaaklik om te bepaal wat persepsies beteken asook wat die invloed daarvan op transformasie is. Met ‘n anastatiese benadering word spesifieke fokuspunte uitgelig waarmee transformasie toe paslik vernuwe kan word. In hierdie verband kan die elemente van ‘n anastatiese konsep as ‘n benadering tot transformasie benut word. Die betekenis van anastaties word verklaar en daar word verduidelik waarom ‘n ideale toestand as staties 222 beskou word. D ie veranderende v erhoudings waarin staatsinstellings en die gemeenskap in ‘n transformasieproses herposisioneer word, word ook verduidelik. Die fases van transformasie word binne die raamwerk van ‘n anastatiese benadering verduidelik. S pesifieke elemente van ‘n anastatiese benadering word op grond van die betekenis van anastaties uitgel u g. Daar word deurgaans op hierdie elemente gefokus om in terme daarvan ‘n anastatiese benadering tot transformasie uit een te sit. ‘n Anastatiese benadering wys daarop dat ‘n t ransformasieproses kan vervaag en in die denke van rolspelers vernuwe kan word . Vernuwing kan geskied deur byvoorbeeld op die sin, doel, betekenis en noodsaaklikheid daarvan te fokus. M et behulp van ‘n transendentale benadering word verduidelik waarom be lemmerende grense in denkraamwerke van individue daartoe kan bydra dat die noodsaaklikheid van ‘n gedaanteverandering nie ingesien word nie. Wyses word bespreek waarop hierdie grense oorkom kan word. Daar word aangetoon waarom die benadering op die minderh eid aspekte in ‘n instelling gerig word, wat vir die meerderheid vraagstukke oor institusionele grense verantwoordelik kan wees. ‘n A nastatiese - en transendentale benadering word in wisselwerking met Masakhane vir die realisering van transformasie benade r. Die betekenis daar van word met die Masakhane - veldtog in verband gebring. Dit dien as agtergrond waarom Masakhane in die gestalte van ‘n veldtog vanaf 1995 tot tans. Beide benaderings wys daarop dat vier elemente of kategorieë vanaf Masakhane afgelei kan word. Met hierdie elemente kan spesifiseer word waarom hierdie konsep as noodsaaklik vir die realisering van transformasie beskou word. Die verband daarvan met verwante begrippe soos Ubuntu en Batho Pele word ook uit gel u g. Die aandag word met beide benade rings op uitgangspunte van ‘n wetenskapsidee van die vakwetenskap, Openbare Bestuur gevestig waarop Masakhane gebaseer kan word. Hierdie uitgangspunte bied ‘n alternatiewe benadering waarop laasgenoemde begrip vir die realisering van transformasie benader kan word.Item Open Access Public financial management reforms and service delivery in the Northern Cape department of Health(University of the Free State, 2022) Motsitsi, Constance Brenda; Hendriks, C. J.Since becoming a democratic country in 1994, the South African government has implemented various public financial management reforms that aimed to improve financial management and enhance service delivery. However, twenty-eight years later this aim has not yet been achieved as the public sector still faces poor financial management, along with inadequate service delivery. The Northern Cape Department of Health is one of the public sector provincial government departments that has implemented multiple public financial management reforms with the aim of enhancing the provision and quality of public healthcare services to the citizens of the Northern Cape. This study investigates the relationship between public financial management reforms and service delivery, with the aim of understanding why, despite the implementation of the reforms, a disconnect remains between these two concepts, with little or no evidence of improved service delivery. The study employed a qualitative case study research design in its quest to achieve the research aim. Data was collected from the identified sample using an interview guide, which allowed the researcher to ask relevant questions relating directly to the research phenomenon. The analysis provides a detailed understanding of the challenges that negatively affect the effective implementation of public financial management reforms, which subsequently results in poor service delivery. The analysis shows that the public financial management reforms implemented within the Northern Cape Department of Health do not directly result in improved service delivery due to influences, interferences, and incompetency that can be linked to the "human factor". The role of the executive authority, senior management, and middle management in the management and functional operations of the department is the key reason for the disconnect between public financial management reforms and service delivery within the department. From the findings of the study, it is concluded that in order for public financial management reforms to be effective and enhance service delivery within the department, it has to implement drastic and necessary measures that focus on eliminating political interference, strengthening administrative leadership, and appointing skilled and competent personnel. Effective service delivery is possible but requires officials who understand the importance of fiscal discipline, quality service delivery, and strong leadership.