Anastatiese- en transendentale ontleding van administratiewe transformasie binne die raamwerk van Masakhane
Loading...
Files
Date
Authors
Buys, Willem Frederick
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
University of the Free State
Abstract
Showing abstract in Afrikaans
Afrikaans: In ‘n veranderende wêreld is transformasie vanaf die vroegste tye aan die mensdom
bekend. Daar kan dus geargumenteer word dat die betekenis van die begrip weens d
ie
bekendheid daarvan, nie verklaar hoef te word nie. ‘n Vraagstuk begin egter reeds by die
betekenis van die begrip omdat rolspelers dikwels nie eenstemmig is oor wat met
transformasie bedoel word nie. Die doel is dan om die betekenis, asook verskillende
benaderings, menings en standpunte oor transformasie uit te lig. Sodoende kan
transformasie in perspektief geplaas word.
Die begrip is in
verskillende soorte kategoriseer
om die betekenis daarvan te
differensie
e
r.
Die waarde hiervan
is dat
weerstand teen
transformasie nie noodwendig
‘n
beginsel
saak
is nie, maar moontlik
is die weerstand
teen die soort transformasie of wyse
waarvolgens dit toegepas word. Daar behoort
ingedagte gehou te word, dat ‘n verband
tussen verskillende soorte transformasie kan bestaa
n. Daarom behoort die kategorisering
van transformasie nie as ‘n rigiede afbakening van soorte transformasie beskou te word
nie.
M
enings en standpunte oor transformasie
kan
op persepsies
berus.
D
ie betekenis van
persepsies
word
verklaar, weens die impak
d
aarvan op benaderings tot transformasie.
Die
doel daarvan is om aan te toon dat persepsies van transformasie nie noodwendig ‘n ware
weergawe van die werklikheid is nie. Dit is egter op grond van persepsies dat individue
kan reageer en optree en waarop besl
uite in terme van transformasie
ge
baseer kan word.
Daarom is dit noodsaaklik om te bepaal wat persepsies beteken asook wat die invloed
daarvan op transformasie is.
Met
‘n anastatiese
benadering word spesifieke fokuspunte uitgelig waarmee
transformasie
toe
paslik
vernuwe kan word.
In
hierdie verband kan die elemente van ‘n
anastatiese konsep as ‘n benadering tot transformasie benut word. Die betekenis van
anastaties word verklaar
en daar word
verduidelik waarom ‘n ideale toestand as staties
222
beskou word. D
ie
veranderende v
erhoudings waarin
staatsinstellings en die gemeenskap
in ‘n transformasieproses herposisioneer word, word
ook verduidelik.
Die fases van
transformasie word binne die raamwerk van ‘n anastatiese benadering verduidelik.
S
pesifieke elemente van
‘n anastatiese benadering word op grond van die betekenis van
anastaties uitgel
u
g. Daar word deurgaans op hierdie elemente gefokus om in terme
daarvan ‘n anastatiese benadering tot transformasie uit een te sit.
‘n Anastatiese
benadering wys daarop dat ‘n t
ransformasieproses kan vervaag en
in die denke van
rolspelers vernuwe kan word
.
Vernuwing kan geskied deur
byvoorbeeld
op
die sin, doel, betekenis en noodsaaklikheid
daarvan te fokus.
M
et behulp van ‘n transendentale benadering
word
verduidelik waarom
be
lemmerende grense in denkraamwerke van individue daartoe kan bydra dat die
noodsaaklikheid van ‘n gedaanteverandering nie ingesien word nie. Wyses word
bespreek waarop hierdie grense oorkom kan word.
Daar word
aangetoon waarom die
benadering op die minderh
eid aspekte in ‘n instelling gerig word, wat vir die meerderheid
vraagstukke oor institusionele grense verantwoordelik kan wees.
‘n
A
nastatiese
-
en transendentale benadering
word
in wisselwerking met Masakhane vir
die realisering van transformasie
benade
r.
Die betekenis
daar
van
word
met die
Masakhane
-
veldtog in verband gebring.
Dit dien as agtergrond waarom
Masakhane in die
gestalte van ‘n veldtog vanaf 1995 tot
tans.
Beide benaderings wys daarop dat vier
elemente of kategorieë vanaf Masakhane afgelei kan
word. Met hierdie elemente kan
spesifiseer word waarom hierdie konsep as noodsaaklik vir die realisering van
transformasie beskou word. Die verband daarvan met verwante begrippe soos Ubuntu en
Batho Pele word ook uit
gel
u
g.
Die aandag word met beide benade
rings op uitgangspunte
van ‘n wetenskapsidee van die vakwetenskap, Openbare Bestuur gevestig waarop
Masakhane gebaseer kan word. Hierdie uitgangspunte bied ‘n alternatiewe benadering
waarop laasgenoemde begrip vir die realisering van transformasie benader
kan word.
Description
Thesis (Ph.D. (Public Management))--University of the Free State, 2005