The impact of the performance management system on accountability in the public service of Lesotho
Loading...
Files
Date
Authors
Sefali, Francis Tlhopheho
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
University of the Free State
Abstract
Showing abstract in Afrikaans
Afrikaans: Die konsep van ‘n prestasiebestuurstelsel (PBS) is dinamies en kontroversieel tussen beide openbarebestuur akademici sowel as praktisyns. Dit bestaan uit ‘n verskeidenheid kontekste, vorms en doele soos internasionaal toegepas en waargeneem word. Dit is die moeite werd om te let dat die konsep van PBS relatief nuut in die Openbare Dienste van Lesotho is. Nogtans bestaan die PBS dekades lank internasionaal as ’n administratiewe en bestuurs konsep.
Hierdie tesis het gepoog on ondersoek in te stel oor die impak van die PBS op toerekenbaarheid in die Openbare Dienste van Lesotho. As gevolg daarvan is daar gepoog om die PBS te defineer, toerekenbaarheid vas te stel en om ‘n verhouding te vestig tussen die twee konsepte (PBS en toerekenbaarheid).
‘n Proefondervindelike studie is onderneem om die opinies van openbare beamptes oor die verhouding tussen die PBS en toerekenbaarheid te bekom sowel as hulle begrip van die PBS konsep en sy implementering in Lesotho. Die studie het gebruik gemaak van ‘n opmetings metode van wetenskaplike ondersoek. As gevolg daarvan, is vraagstukke versprei aan ‘n statistiese geselekteerde groepie openbare beamptes. Hierdie studie het van ‘n driehoekige aanslag gebruik gemaak waar albei die kwalitewe sowel as kwantitiewe navorsings metodes geimplimenteer is. Nadat die vraagstukke se opmetings saamgevat is en geaniliseer is, is die volgende vasgestel:
Eerstens is daar vasgestel dat weens ‘n gebrek aan opleiding, dat die meeste van die openbare beamptes nie die toepassing van die PBS en hulle dagtake verstaan het nie.
Tweedens is dit bloot gelê dat daar geen duidelike onderneming deur die Regering van Lesotho was om die PBS behoorlik te implimenteer nie.
Derdens het die studie bevind, dat weens ‘n gebrek aan aansporing, die openbare beamptes nie genoegsame motiveering gehad het om die PBS korrek te implimenteer nie.
Daar was ook geen duidelike bewys dat die PBS toerekenbaarheid bevorder het in die Openbare Dienste van Lesotho nie. Daarbenewens het die studie die probleem uitgelig van verouderde riglyne, vorms en wetgewing verbonde aan die PBS. Laastens het die studie voorgestel dat die Regerings van Lesotho meer moeite moet doen om die implementering van die PBS op te knap. Hierdie poging moet onder andere fokus op:
• Die intensifiseering van PBS opleiding en die praktiese verhouding met toerekenbaarheid.
• Die hersiening van PBS dokumente om ingelig te word deur die leerstelling van die Nuwe Openbare Bestuur.
• Die herorganiseering van Regeringsinstellings om volledige deel te neem, besit te neem van die toewyding met die implemtering van die PBS.
• Fasilitasie van die inleiding van die Prestasie Verwante Betalingsisteem (PVB).
Die gevolgtrekking is dat die implementeing van die PBS met minder entoesiasme en toewyding hanteer is en dat dit dus nie geheel deur alle relevante insethouers aanvaar is nie. Die PBS verwante bestuursgereedskap soos strategiese beplanning, werksbeskrywings, werksplanne en prestasie standaarde is nie ten sterkste beklemtoon nie. Die gebrek aan sterk beklemtoning het nie geassisteer met die verheffing van die PBS implementering nie. Die bogenoemde is geidentifiseer as tekortkominge wat daadwerkilke aandag van die Regerings benodig.
Description
Thesis (Ph.D. (Public Management))--University of the Free State, 2010