A performance measurement approach to improve financial management in provincial governments in South Africa
Loading...
Files
Date
Authors
Van Wyk, Hendrik Andreas
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
University of the Free State
Abstract
Showing abstract in Afrikaans
Afrikaans: Die finansiële bestuur in die openbare sektor kan verbeter deur die
implementering van ‘n geïntegreerde rekeningkundige stelsel om begrotings,
finansiële jaarstate, en prestasieverslae op ‘n toevallingsbasis op te stel en
sodoende die behoeftes van die belanghebbendes te bevredig.
Die bestuur van regeringsuitgawes was tradisioneel gefokus op ‘n stelsel van
uitgawebeheer, wat gebaseer was op kontantbasis-rekeningkunde. Die beheer het
ten doel gehad om te verseker dat bedrae wat deur regeringsowerhede
voorgeskiet is, nie oorskry word nie. Kontantbasis-rekeningkunde meet nie
uitgawes wat gedurende die periode aangegaan is of ontstaan het nie en derhalwe
word die koste van projekte van die regering nie akkuraat gemeet, beheer en oor
verslag gedoen nie.
In die afwesigheid van akkurate koste-inligting kan die prestasiemeting en kosteeffektiwiteit
nie bepaal word nie. Die Openbare Sektor Komitee van die
Internasionale Federasie van Rekenmeesters is tans besig om internasionale
rekeningkundige standaarde op te stel. Hierdie standaarde sal
toevallingsrekeningkunde aanbeveel wat ‘n wesenlike stap na deursigtige en
verantwoordbare inligting is.
Finansieel gesonde instellings word gelei deur bekwame bestuur en maak gebruik
van effektiewe begrotingsbeheer. Effektiewe begrotingsbeheer is nou gekoppel
aan langtermyn strategiese doelwitte en verlangde uitkomste. Die
bedryfsbegrotings word dan met die werklike resultate wat volgens die
toevallingsgrondslag voorberei is, vergelyk om prestasie en effektiwiteit te meet.
Dit is duidelik uit die bogenoemde dat daar drie voorvereistes vir prestasiemeting
bestaan, te wete (i) Lojale en bekwame lynbestuurders; (ii) uitkomsgebaseerde
begrotings; en (iii) toevallingsgebaseerde verslagdoening. Die gebalanseerde
telkaart is ‘n bruikbare instrument om strategiese doelwitte en
prestasiemaatstawwe te dokumenteer. ‘n Prestasiemetingsraamwerk wat die gebalanseerde telkaart as basis gebruik,
word vir provinsiale regerings ontwikkel wat die volgende inkorporeer; (i) die
implementering van ‘n uitkomsgebaseerde begroting; (ii) ‘n kosteberekeningstelsel
om koste van uitsette te meet en wat op ‘n toevallingsbasis gegrond is; en (iii) ‘n
staat van prestasie.
Lojale en bekwame lynbestuurders is die eerste voorvereiste vir prestasiemeting.
Die verantwoordelikhede van die uitvoerende liggaam, hoof uitvoerende beampte
en hoof finansiële amptenaar van provinsiale departemente word duidelik
gedefinieer. Die opleidingsbehoeftes van regeringsamptenary word ook
aangespreek.
Uitkoms-gebaseerde begrotings is die tweede voorvereiste van prestasiemeting.
Die bestuur in provinsiale departemente moet ag slaan op die huidige
tekortkominge in die begrotingstelsels en moet die implementering van
aktiwiteitsbasisbegrotings oorweeg.
Verslagdoening op ‘n toevallingsgrondslag is die derde voorvereiste vir
prestasiemeting. Interne verslagdoening in provinsiale regeringsdepartemente
moet herontwikkel word. Die koste van aktiwiteite en programme moet op ‘n
aktiwiteitsbasis en toevallingsgrondslag bereken word en na elke uitset geallokeer
word.
Laastens word aanbeveel dat ‘n staat van prestasie in die finansiële jaarstate van
provinsiale departemente geïnkorporeer word en wat in harmonie met die
inkomstestaat en die gebalanseerde telkaart behoort te wees.
Description
Thesis (Ph.D. (Public Management))--University of the Free State, 2003