Implementing integrated strategic plans in Free State municipalities

Loading...
Thumbnail Image

Date

Authors

Du Plessis, Lyndon Mark

Journal Title

Journal ISSN

Volume Title

Publisher

University of the Free State

Abstract

Showing abstract in Afrikaans
Afrikaans: Plaaslike regering in Suid Afrika vorm deel van 'n oorhoofse staatsbestelook bestaande uit nasionale en provinsiale regering. Saam is huloorhoofse doelom die algemene welsyn van die bevolikng te bevorder deur middel van dienslewering en ontwikkelingsinisiatiewe. Vir die doeleinde om dienste te lewer en ontwikkeling te bevorder, is plaaslike regering van besondere belang, omdat dit die regeringsagentskap verteenwoordig met wie landsburgers eerste in kontak kom. Die plaaslike sfeer van regering het fundamentele transformasie ondergaan, beide vanuit 'n politieke sowel as strukturele oogpunt. Addisioneel daartoe dat plaaslike regering demokratiese strukture geword het binne die algehele demokratisering van Suid Afrika, het die benadering tot, asook die strukture van munisipaliteite ook dramaties verander. Munisipaliteite, die organisatoriese eenhede van plaaslike regering, het dus die doelom hierdie "nuwe" doelwitte van plaaslike regering n ate streef binne 'n veranderde omgewing. Een van die besondere veranderinge wat in in die bestuur van munisipaliteite ingestel is, is die gebruik van 'n geïntegreerde strategiese benadering tot organisatoriese beplanning. Dit is gefasiliteer deur wetgewende hervorming wat voorsiening maak vir munisipaliteite om geïntegreerde ontwikkelingsplanne (GOPs) saam te stel, en dit saam met begrotings en prestasiebestuurstelsels te gebruik, om dienslewering en ontwikkeling binne hul areas van jurisdiksie te bevorder. Daarom verwysing na die term geïntegreerde strategiese beplanning. Die instelling van hierdie nuwe stelsel was egeter nie sonder uitdagings, met ontevredenheid oor diensvlakke van munisipaliteite wat deur negatiewe verslagdoening deur verskeie openbare rolspelers uitgespreek is, sowel as deur plaaslike gemeenskappe wat hulontevredenheid deur protesaksie begin illustreer het. 'n Kritiese vraag sentreer daarom rondom waarom daar so 'n hoë vlak van ontevredenheid oor munisipale dienslewering is, ten spyte van wetgewende maatreëls om verbeterde munisipale beplanning te bevorder. Hierdie tesis het daarom ondersoek ingestel na die implementering van geïntegreerde strategiese planne in munisipaliteite in die Vrystaat om vas te stel watter tipiese faktore bygedra het tot die onvermoë van munisipaliteite om sulke planne te implementer. Aanbevelings, op grond van die empiriese en literatuurnavorsing, is voorts verskaf, met die oog daarop om die huidige stand van sake te verbeter, in die Vrystaat, maar ook in die res van Suid Afrika.

Description

Thesis (Ph.D. (Public Administration and Management))--University of the Free State, 2013

Citation

Endorsement

Review

Supplemented By

Referenced By