Die toepassing van 'n voorsieningsadministrasiestelsel vir openbare hospitaalapteke en mediese depots
Loading...
Date
Authors
Van Hoeylandt, Rita Oscar Emilie Thomas
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
University of the Free State
Abstract
Showing abstract in Afrikaans
Afrikaans: Openbare instellings, soos byvoorbeeld hospitale, het hulle ontstaan daaraan dat hulle in die behoefte aan essensiële goedere en gesondheidsdienste vir die handhawing van die algemene welsyn van die gemeenskap in Suid-Afrika moet lewer. Geen gesondheidinstelling kan sonder mediese voorraad funksioneer nie en gevolglik sal sodanige instellings jaarliks ‘n sekere deel van ‘n staat se beperkte fondse by wyse van begroting, vir die aankoop van mediese voorrade moet bestee. Die optimale aanwen-ding van skaars middele en bronne vir die bevrediging van die toenemende behoeftes van die gemeenskap in Suid-Afrika noodsaak die doeltreffende logistieke hantering van mediese voorrade.
Die betekenis, omvang en vereistes van voorsieningsadministrasie vir mediese voor-rade is breedvoerig verklaar. Verskillende faktore wat ‘n voorsieningsadministrasie-stelsel by openbare hospitaalapteke en mediese depots noodsaak soos onder andere noodsaaklikheid van opgeleide personeel en bewerkstelliging van gestandaardiseerde metodes en prosedures by voorsieningsadministrasie is uitgelig.
Die omvang van voorsieningsadministrasie by mediese depots en hospitaalapteke in die openbare sektor is kompleks van aard. Daar bestaan verskeie funksies en dienste waarby voorsieningsadministrasie van mediese voorrade in die openbare sektor ‘n rol speel. Die omvang van die behoeftes vir mediese voorrade by die openbare sektor is uiteenlopend van aard en verskil van streek tot streek na gelang wat die verskillende siektetoestande soos byvoorbeeld malaria wat gebiedsgebonde is, mag voorkom.
Organisatoriese reëlings vir ‘n voorsieningsadministrasiestelsel by openbare hospitaal-apteke en mediese depots word onderneem om goedere en dienste aan pasiënte tydens hulle behandeling, te kan lewer. Die organisatoriese reëlings in provinsies moet sorgvuldig beplan en verdeel word tussen instellings, afdelings en onder funksio-narisse om die doelwit, te wete doeltreffende en effektiewe voorsiening van mediese voorrade aan mediese depots, hospitale en klinieke te kan bewerkstellig.
Organisatoriese reëlings word onderverdeel in werkverdeling, delegasie van bevoegd-hede, kommunikasie en koördinering. Daar is gepoog om hierdie organisatoriese reëlings deeglik uit te lig wat noodsaaklik vir ‘n voortreflike voorsienings-administrasiestelsel by openbare hospitaalapteke en mediese depots is. Die koördi-nering van mediese bevoorrading is noodsaaklik omdat daar gefragmenteerde dienslewering in die gesondheidsektor van Suid-Afrika voorkom. Omdat gedefrag-menteerde gesondheidsdienste by provinsies voorkom, verg dit ‘n hoë mate van koördinering van bedrywighede. Aanbevelings is gemaak om die organisatoriese reëlings van mediese bevoorrading by openbare hospitaalapteke en mediese depots meer doeltreffend en effektief te bewerkstellig en te bevorder.
Description
Thesis (Ph.D. (Public Management))--University of the Free State, 2003
Keywords
Provisioning administration for medical items, Provisioning administration in public pharmacies and medical depots, Provisioning administration system in public pharmacies and medical depots, Organisational functions in public pharmacies and medical depots, Work division in public pharmacies and medical depots, Delegation of authority in public pharmacies and medical depots, Communication in public pharmacies and medical depots, Co-ordination in public pharmacies and medical depots, Pharmaceutical and medical related tenders, Materials management -- South Africa, Health facilities -- Materials management -- South Africa, Health services administration -- South Africa