Strategies for urban land management in the Free State
Loading...
Date
Authors
Stapelberg, Henning
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
University of the Free State
Abstract
Showing abstract in Afrikaans
Afrikaans: Hierdie proefskrif handeloor die bestuur van grond in stedelike gebiede en hoe
die huidige situasie van afsonderlike dorpe bestuur kan word om die uiteindelike
doelwitte van integrasie en versoenbare gemengde grondgebruike te kan bereik.
Nuwe wetgewing wat die spoedige afhandeling van aansoeke en die inkorting van
logiese stappe word ook bespreek en voorgestel. Die nuwe wetgewing, die Wet
op Ontwikkelingsfasilitering, 1995 (Wet 67 van 1995) word ook deeglik
bespreek en die onsekerhede, gebreke en voordele betreffende hierdie wetgewing
word ook uitvoerig bespreek.
Die huidige situasie van afsonderlike dorpe en die probleme wat daarmee
ondervind word kry ook aandag en dit beweeg na 'n ge-integreerde beplannings
sisteem waar nie net beplanning ge-integreer word, maar die hele aanslag van
beplanning behoort ge-integreerd te wees. Dit beteken dat beplanning nie in
isolasie gedoen kan word, maar dat In multi-fasset aanslag verlang word wat al
die dissiplines insluit wat direk of indirek betrokke kan wees.
Verkeer, infrastruktuur, dienste, die ekonomie, sosiale aspekte, beplanning en die
omgewing moet ook aangespreek word. Wat beklemtoon word, is dat
grondgebruik en ontwikkeling In hele spektrum van ander elemente be-invloed
terwyl hierdie elemente ook die grondgebruik be-invloed. Die ideaal sal wees om
die beheer van grondgebruik en ontwikkeling op In strategiese wyse te laat
plaasvind. AI die elemente moet ook in ag neem die versoenbaarheid met Agenda
21.
Dit word algemeen aanvaar dat iets gedoen sal moet word met die integrasie van
die verskillende dorpe en ook die afsonderlike sonerings-beheer wat tans van
toepassing is. Die regiditeit van dorpsbeplanningskemas sal oak aangespreek
moet word en om daarmee te begin moet paslike wetgewing, administratiewe
prosedures en beleid daargestel word. Hierdie proefskrif poog om in een van die
elemente te voorsien, naamlik die wetgewing. Die navorsing wat gedoen is kan
ook as basis dien vir die opstel van struktuurplanne, ontwikkelings doelwitte en die
daaropvolgende aanlegskemas om sodoende ontwikkeling te bevorder en ook om
al die stedelike gebiede met een kontrole dokument te beheer.
Nog 'n aspek van die proefskrif is dat die administratiewe prosesse en prosesse
met betrekking tot die Dorperaad en die Ontwikkelings Tribunaalontleed word,
asook die aspekte wat betrekking het op alle grondgebruik prosedures. Sommige
van die aspekte soos publieke belang en sonerings vir bepaalde gebruike leen
hulle daartoe vir verskillende interpretasies en hierdie aspekte is nagevors vanuit
'n stadsbeplanning oogpunt, maar ook veral uit 'n administratiewe oogpunt
aangesien hierdie aspekte dikwels voorkom met judisiële tribunale. Verskeie
hofsake word ook behandel om rigting te gee aan die grond bestuur.
The proefskrif verklaar ook moontlike oplossings in grond bestuur veral wat betref
die vinnige urbanisering wat plaasvind, die volhoubaarheid en die voorgestelde
nuwe wetgewing vir die Vrystaat.
Elke dorp het sy eiesoortige en unieke omstandighede en dit moet in ag geneem
word met beplanning aangesien dit ook 'n invloed op die omgewing sal hê. 'n
Plaaslike Agenda 21 behoort in plek te wees met die doelom versoenbare
ontwikkeling te bevorder en nie te kortwiek. Ontwikkeling wat versoenbaar is met
Agenda 21 se vereistes is reeds volhoubare ontwikkeling.
Description
Thesis (Ph.D. (Public Management))--University of the Free State, 1999
Keywords
Zoning, Town-planning scheme, Structure plans, Land development objectives, Development Facilitation Act, Tribunal, Administrative procedure, Urban regeneration, Urban planning, Central business district, Agenda 21, Land use, Urban -- South Africa -- Free State, City planning -- South Africa -- Free State