Application of selected public sector management techniques to improve service delivery
Loading...
Files
Date
Authors
Luvuno, Londoloza L.
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
University of the Free State
Abstract
Showing abstract in Afrikaans
Afrikaans: In hierdie proefskrif word die konsep van Openbaresektor-bestuurstegnieke
ondersoek. In die konteks van die toepassing van geselekteerde Openbaresektorbestuurstegnieke
vir die verbetering van dienslewering in 'n openbarediens-organisasie
impliseer die konsep 'verbetering van dienslewering' die verbetering van
doeltreffendheid; effektiwiteit en produktiwiteit. Die Openbaresektor-bestuurstegnieke
wat in hierdie proefskrif bespreek word, word gestel sodat staatsamptenare hul kennis
kan verbreed deur soveel moontlik Openbaresektor-tegnieke te ontdek ten einde
dienslewering in openbarediens-organisasies te verbeter.
Die dokument moet voorts gesien word as beginpunt in die studie van ander relevante
Openbaresektor-bestuurstegnieke soos Rasionele Probleemoplossing; Innoverende
Dienslewering; Openbarehulpbron-bestuur; en Diensverbeteringbestuur. Dit sluit in
die bewusmaking en ontwikkeling van die tegniese vaardighede; konseptueie
vaardighede; implementeringsvaardighede; ekonomiesejbesigheidsvaardighede;
bestuursvaardighede; kommunikasievaardighede; en onderhandelingsvaardighede van
staatsamptenare.
Die proefskrif verstrek 'n breedvoerige onderskeid tussen doeltreffendheid in hoofstuk
4; effektiwiteit in hoofstuk 5; en produktiwiteit in hoofstuk 6, asook eienskappe en
bestuurstegnieke geïdentifiseer ~m onderskeidelik die doeltreffendheid, effektiwiteit en
produktiwiteit van dienslewering in openbaresektor-organisasies te verbeter, waardeur
die tydigheid; geskiktheid; en gehalte van openbaredienslewering teen bekostigbare
tariewe verbeter sal word.
Hoofstuk 1 bied 'n algemene oorsig van die proefskrif. In hoofstuk 2 word die teorie
en rasionaal van Openbaresektor-bestuurstegnieke bespreek. In hoofstuk 3 word
gefokus op bestuurspraktyk met betrekking tot doeltreffendheid; effektiwiteit en
produktiwiteit om die weg te baan vir die toepassing van die geselekteerde
Openbaresektor-bestuurstegnieke in openbarediens-organisasies.
Van die 12 Openbaresektor-bestuurstegnieke wat in hoofstuk 2 geïdentifiseer en
bespreek is, word drie vir toepassing gekies ten einde doeltreffendheid soos bespreek
in hoofstuk 4 te verbeter; twee word vir toepassing gekies ten einde effektiwiteit soos
bespreek in hoofstuk 5 te verbeter; en twee word vir toepassing gekies ten einde
produktiwiteit soos bespreek in hoofstuk 6 te verbeter. Die proefskrif word afgesluit
met 'n opsomming en aanbevelings in hoofstuk 7.
Description
Thesis (Ph.D. (Public Management))--University of the Free State, 2002