Psychology
Permanent URI for this community
Browse
Browsing Psychology by Issue Date
Now showing 1 - 20 of 287
Results Per Page
Sort Options
Item Open Access Die verhouding tussen intelligensie en bevolkingsgroei soos weerspieël deur die Bloemfonteinse skole(University of the Free State, 1950) De Lange, Beltzaser Johannes CarolusAbstract not availableItem Open Access Die wetenskapsleer van V. Hepp(University of the Free State, 1954) Kock, Pieter de BruynAbstract not availableItem Open Access 'n Ondersoek wat as voorbereiding kan dien vir die opstel van 'n toetsbattery vir die keuring van lettersetters in 'n drukkery vir tydskrif en koerant in Bloemfontein(University of the Free State, 1955) Gildenhuys, Nicolaas Johannes; Erasmus, C. P. J.Abstract not availableItem Open Access Nuuskierigheid teoreties en eksperimenteel ondersoek(University of the Free State, 1965-07) Coetzee, F. P.; Kriel, R. G.Abstract not availableItem Open Access 'n Sielkundige ondersoek na die betroubaarheid en die bruikbaarheid van die pupilmeter in die meting van houdings by universiteitstudente(University of the Free State, 1969) Ellis, Daniel Cornelius Francois; Prinsloo, J. F.Abstract not availableItem Open Access Die keuring van leerlingingenieurstegnici vir opleiding aan tegniese kolleges(University of the Free State, 1969-07) Barnard, Cornelius Johannes; Kriel, R. G.Abstract not availableItem Open Access 'n Ondersoek na persoonlikheidseienskappe van eerstejaar-universiteitstudente wat hul studies staak(University of the Free State, 1973-12) Grobler, Johannes Jacobus; Prinsloo, J. F.Abstract not availableItem Open Access 'n Ondersoek na die invloed van interpersoonlike aangetrokkenheid by hipnotiseerbaarheid(University of the Free State, 1973-12) Krönke, Hans-Ludwig; Rademeyer, G.Abstract not availableItem Open Access 'n Ondersoek na die waarde van 'n pre-remediële motoriese ontwikkelingsprogram vir kinders met perseptuele probleme(University of the Free State, 1974-01) De Villiers, Hendrika Catharina; Rademeyer, G.Abstract not availableItem Open Access Die spanbenadering binne 'n psigiatriese hospitaal: 'n ondersoek en evaluering(University of the Free State, 1974-12) Greeff, Frederick Johannes; Van der Merwe, L. M.Afrikaans: Die doeI van die studie is om die doel treffendheid van die terapeutiese omgevvingsbenadering binne 'n psigiatriese hospitaal te bepaal. Tot op die stadium van die ondersoek bet die behandelingsmetode betreklik ongekontroleerd plaasgevind en daar is 'n behoefte vir evaluering ontstaan. In die eerste hoofstuk word die motivering vir die ondersoek kortliks bespreek. Omdat pasiënte dikwels siek word as gevolg van sosiale beïnvloeding, is dit noodsaaklik om 'n omgewing te struktureer waar optimum moontlikhede vir herstel sal bestaan. In hoofstuk II word daar 'n oorsig van die geskiedenis van die behandeling van "geestesversteurdes" met betrekking tot die begrippe "behandeling" en "rehabilitasie" geskets. Vervolgens is daar ook 'n uiteensetting van resente navorsing oor die sosiale struktuur in psigiatriese hospitale. Die bydraes van Sullivan Rowland, Anna Freud, Maxwell Jones en Rapoport word kortliks bespreek. Hoofstuk III dien as basis vir Edelson se model van 'n psigiatriese hospitaalorganisasie. Dit bestaan uit 'n beskrywing van Parsons se sisteemteorie van aksie waarvan die vier komponente (funksies) aanpassing, motivering, integrasie en konsummasie die hooftema vorm. Daar word ook gewys op raakpunte tussen die teorie en die klassieke Psigo-Analise. In Hoofstuk IV word die model gebruik om h teoretiese model vir 'n psigiatriese hospitaalorganisasie daar te stel. Die vereistes in terme van die vier funksies wat reeds genoem is, word volledig uiteengesit. In Hoofstuk V word daar gelet op konflikterende elemente wat stremminge in die hospitaalorganisasie kan veroorsaak. Die stremminge is onlosmaaklik 'n deel van enige organisasie en daar word ook gelet op die belang van konsultasie as meganisme om dit te hanteer. Hoofstuk VI bestaan uit 'n gedetailleerde uiteensetting van die verskillende subkollektiwiteite in h psigiatriese hospitaalorganisasie, bv. die totale organisasie, die behandelingsubsisteem, die psigoterapeutiese subsisteem, die sosioterapeutiese subsisteem, ens. Daar word diagrammatiese voorstellings van die ideale model gegee. Verder word daar ook aandag geskenk aan die equalitarian model wat as grondslag vir die organisatoriese struktuur van die hospitaal moet dien. In Hoofstuk VII word die patalogie van kommunikasie in terme van Stanton en Schwartz se ontleding bespreek. Daar word veral gelet op vier soorte foute, nl. oorsprong-, oordrag-, kommunikasie metode- en funksionele foute. Die terapeutiese omgewingsbenadering word in Hoofstuk VIII bespreek volgens Edelson se model. Daar word veral aandag geskenk aan die sosioterapeutiese "outputs" (uitset) na die individu en op die verhouding tussen sosio- en psigoterapie. In Hoofstuk IX word hospitaal X volgens Edelson se modelontleed en beskryf. Die verskillende subkollektiwiteite word in terme van die vier basiese groepsfunksies ge-evalueer. Dit word gedoen deur bandopnames van die verskillende groepe, nl. 'n aanpassings-, motiveringskonsummasie en integrasiegroepe te ontleed. Die konkrete kollektiwiteite waarvan die funksionering ontleed word, is die volgende - 'n Multidissiplinêrevergadering, 3 Gevallekonferensies en 'n Pasiëntvergadering. Daar word tot die gevolgtrekking gekom dat die sosiale dimensie onont beerlik in die behandeling van geestesversteurings is, maar dat die benadering nog tekortskiet in sekere opsigte. Die redes hiervoor word bespreek een'van die vernaamste is dat die sosioterapeutiese funksie nog nie behoorlik gedifferensieer is nie, gevolglik is dit veral konsultasie-fasiliteite wat ontbreek. Ten slotte word die toekoms van die psigiatrie se hospitaal in Hoofstuk X bespreek en is dit duidelik dat dit nog funksioneel is, alhoewel daar n klemverskuiwing in die behandeling na die samelewing is waarin die individu funksioneer. Daar word ook aandag aan teenkanting teen die konsep van "Community Psychiatry" gegee. Laastens word die toekoms van die terapeutiese omgewingsbenadering in Hospitaal X in oënskou geneem.Item Open Access Persoonlikheid as voorspeller by stokkiesdraai(University of the Free State, 1975-12) Nel, Christiaan Matthys; Maas, F.Afrikaans: Alhoewel stokkiesdraaiers nie 'n besonder groot persentasie van die skoolbevolking uitmaak nie, is dit nogtans 'n betekenisvolle probleem. Hierdie probleem word geaksentueer deur die feit dat daar skynbaar 'n noue verband tussen stokkiesdraai en ernstiger vorms van misdaad bestaan. Hierdie ondersoek het die moontlikhede om stokkiesdraai te kan voorspel, ten doel gehad. Dit was eerstens noodsaaklik om 'n deeglike studie van die oorsake van stokkiesdraai te maak, om sodoende die area waarin voorspellers identifiseer kon word, af te baken. Dit het uit hierdie literatuurstudie geblyk dat die oorsake van stokkiesdraai op 'n primêre en sekondêre vlak bestudeer kan word. Omdat die oorsake van stokkiesdraai primêr geneties, maatskaplik, opvoedkundig en fisiologies van aard is, laai dit op die persoonlikheid van die kind en kan dit as ongunstige genetiesen omgewingsgevormde persoonlikheidseienskappe op sekondêre vlak waargeneem word. Ten einde enigsins aanspraak op resultate te kan maak, moet 'n voorspellingsmeetmiddel oor 'n hoë mate van geldigheid en betroubaarheid beskik en die resultate kwantifiseerbaar wees. Die wye spektrum van primêrveroorsakende faktore het 'n meervoudige voorspeller dikteer. Daar is verder besluit dat die voorspellingstudie praktykgerig moet wees. Die meetmiddels wat as voorspellers sou dien, moes geskik wees om in skole deur onderwysers wat nie spesifieke opleiding in toetsadministrasie gehad het nie, gebruik te kan word.Dit moes ook tot so 'n mate gestandardiseerd wees, dat dit beide ekonomies en objektief aangewend kan word. Twee moontlike bronne van voorspellingsdata, tewete biografiese gegewens en persoonlikheid saam met die metingstegnieke intrinsiek eie aan elk, is oorweeg. Na aanleiding van die gemak waarmee hulle aan die kriteria vir goeie voorspellers van stokkiesdraai kon I voldoen, is daar besluit op persoonlikheid as bron van voorspellingsdata en die selfondersoekvraelys as metingstegniek. Ten einde interpretasies van die resultate van die ondersoek te kan doen, is die matematiese persoonlikheidsmodel van Catteil as raamwerk gekies en bespreek. Vervolgens is 'n veldondersoek onderneem om sodoende die moontlikheid om stokkiesdraai via persoonlikheid te voorspel, te ondersoek. Al die beskikbare Afrikaanssprekende stokkiesdraaiermeisies uit departementele hoërskole van groter Bloemfontein is by die projek betrek. Die groep was dertig in getal. As kontroletegniek is hulle elkeen afgepaar met 'n Afrikaanssprekende meisie wat die skool gereeld besoek het en met intelligensiekoëffisiënt, die beroep van die broodwinner van die gesin, die sosio-ekonomiese omstandighede van die gesin, die klasonderwyser en die ouderdom as konstante veranderlikes. Die voorspellergegewens is met behulp van die HSPV, die IPAT-angsskaal en PHSF-verhoudingsvraelys ingesamel. Op grond van waarskynlikhede verkry uit die literatuuroorsig, is drie hipoteses gestel. Hipotese een het gelui dat daar wat stilistiese trekke betref, beduidende verskille tussen stokkiesdraaiers en nie-stokkiesdraaiers sal voorkom. Die hipotese is deur middel van die veertien HSPV-veranderlikes en die t-formule getoets. Die nulhipotese is ten opsigte van alle veranderlikes, behalwe faktor 0 (kalm teenoor bevreesd) gehandhaaf. Hipotese twee het gelui dat stokkiesdraaiers 'n beduidend groter mate van angs in vergelyking met nie-stokkiesdraaiers salopenbaar. Op grond van die bevindings van ander navorsers, is hierdie hipotese met behulp van die t-formule en die ses IPAT-angsskaalfaktore eenkantig getoets. Die nulhipotese is ten opsigte van alle veranderlikes, behalwe faktor Q4 (spanning as gevolg van frustrasie) gehandhaaf. Hipotese drie het gelui dat die stokkiesdraaier se persoonlikheidsaanpassing beduidend swakker as die nie-stokkiesdraaier s'n sal wees. Die twaalf PHSF-veranderlikes en die t-formule is gebruik om dié hipotese te toets. Omdat navorsing daarop dui dat die stokkiesdraaier se huislike invloede negatief op hom inwerk, is die hipotese ten opsigte van die gesinsinvloedekomponent eenkantig getoets. Die nulhipotese is ten opsigte van alle veranderlikes, behalwe die gesinsinvloedekomponent gehandhaaf. Die stokkiesdraaier-groep was dus meer bevrees, het meer spanning as gevolg van frustrasie ervaar en was volgens hulle eie mening aan negatiewer gesinsinvloede blootgestel, wanneer hulle met die gereelde skoolbesoekgroep vergelyk word. Daar is vervolgens twee voorspellingsmodelle implimenteer, naamlik meervoudige regressie en diskriminantontleding. In die geval van meervoudige regressie is al twee en dertig veranderlikes gepruik en volgens ICL-program XDS 3 verwerk. Die model met ses voorspellerveranderlikes, tewete HSPV-faktore G (opportunisties teenoor pligsgetrou), Q3 (geneigdheid tot ongedissiplineerde selfkonflik teenoor beheersdheid), Q4 (ontspanne teenoor gespanne), IPAT-angsskaalfaktor Q4 (spanning as gevolg van frustrasie) en PHSF-komponente selfbeheer en gesinsinvloede het die hoogste meervoudige korrelasie opgelewer. Hulle kon 41,0% van die variansie ten opsigte van stokkiesdraai verklaar. Hierdie resultaat is egter nie as bevredigend beskou nie en sou waarskynlik in die praktyk van min waarde wees, omdat dit min potensiële stokkiesdraaiers sal kan identifiseer. Vir die diskriminantontledingmodel is ook twee-en-dertig veranderlikes gebruik en volgens ICL-program XDS 3 verwerk. Met behulp van hierdie twee-en-dertig veranderlikes kon sewe-en-twintig of 89,9% van die werklike stokkiesdraaiers in die stokkiesdraaiergroep geplaas word. Van die gereelde skoolbesoeksters kon agt-en-twintig of 92,857% in die regte groep geplaas word. Hierdie resultaat is hoogs bevredigend en toon dat die geimplimenteerde persoonlikheidsveranderlikes tesame met 'n diskriminantontledingmodel in die praktyk waarskynlik uitstekende resultate sal lewer.Item Open Access Die ontwikkeling van 'n sielkundige keuringsbattery vir die keuring van voertuigbestuurders (nasionale dienspligvlak) in die Suid-Afrikaanse weermag(University of the Free State, 1975-12) Oosthuizen, Frederick Johannes; Kriel, R. G.Abstract not availableItem Open Access 'n Eksperimentele ondersoek na grootte- en afstandskatting met betrekking tot die verkeersituasie(University of the Free State, 1976-12) Erasmus, Christoffel Petrus Johannes; Langenhoven, H. P.Abstract not availableItem Open Access Die rol van belangstelling by verskillende studierigtings aan die U.O.V.S.(University of the Free State, 1977-12) Human, Jurie Johannes; Schoeman, W. J.Afrikaans: In die praktyk is gevind dat belangstelling nie bevredigende resultate lewer ten opsigte van die voorspelling van· prestasie nie. Hierdie bevindings word bevestig deur vorige navorsing. Om 'n moontlike oplossing vir hierdie probleem te kry, is besluit om die kriterium waarteen belangstelling valideer word, te wysig en om 'n navorsingsmodel te gebruik wat aan die vereistes van die kriterium voldoen. Uit die aard van belangstelling, naamlik dat dit dinamies van aard is; dit 'n motiveringskrag besit; dit 'n bepaalde gerigtheid het; daar nie 'n duidelike onderskeid tussen belangstellings en houdings aangetref word nie; belangstelling 'n gevoelsaspek besit; belangstelling 'n voorkeur bepaal; dit gepaard gaan met aandag; belangstelling 'n behoeftebevredigende basis het; dit beïnvloed word deur kennis en ervaring; belangstelling deel is van persoonlikheid en dit relatief konstant is, kan afgelei word dat dit 'n rigtinggewende krag is, wat gedrag as sodanig rig. 'n Kriterium wat aan die vereistes voldoen het, wat deur die aard van belangstelling gestel is, is studierigtings. Daar is 4 groepe dames en 4 groepe mans saamgestel en hulle is gekoppel aan die breë studierigtings, Handelswetenskappe, Natuurwetenskappe, Lettere en Sosiale Wetenskappe en 'n groep wat gestaak het (Weg-groep). Die navorsingsmodel wat hierby aangepas het, is diskriminant-analise en eenrigtingvariansie-analise. Beduidende F-waardes is met behulp van Scheff~se toets verder ondersoek. Die belangrikste bevindings is die volg.ende: Sover dit belangstelling betref, kom mans en dames uit afsonderlike populasies. Die diskriminant-analise bet 61,22%.van die mans in die onderskeie groepe reg klassifiseer en 50,2% van die dames. Die eenrigtingvariansie-analise bet aangetoon dat daar verskille tussen die groepe bestaan. v Die Scheff-toets bet beduidende verskille tussen die mansgroepe op die volgende velde aangetoon: Beeldende Kuns, Uitvoerende Kuns, Taal, Welsynwerk, Geselligheid, Openbare Optrede, Regte, Wetenskap, Prakties-Manlik, Numeries, Besigheid en Klerklik. Die damesgroepe verskil onderling ten opsigte van Beeldende Kuns, Oitvoerende Kuns, Taal, Histories, Wetenskap, Prakties-Manlik, Numeries, Besigheid, Klerkljk en Rondreis. Die meeste van hierdie verskille was beduidend (p ≤ 0, 01) en was in ooreenstemming met die samestelling van die kriteriumgroepe. Dit wil yoorkom asof sommige velde, soos Diens, Natuur, Sport, Werk-stokperdjie en Aktief-Passief, se aard sodanig is dat dit nie 'n onderskeid tussen studierigtings moontlik maak nie. Daar is verder gevind dat belangstelling, soos gekoppel aan studierigtings, meer bevredigende resultate vir mans as vir dames gelewer bet. Die beduidende verskille wat tussen die studierigtings gevind is, gee geen aanduiding van hoe suksesvol 'n student in 'n rigting gaan wees nie. Tog sal dit 'n belangrike invloed uitoefen op die keuse van 'n studierigting en in die strewe van 'n student om suksesvol te wees.Item Open Access Houdingskale en die gebruik daarvan in die bepaling van die houding van blankes teenoor die Bantoe(University of the Free State, 1978-01) Engelbrecht, Petrus Jacobus; Maas, F.; Kriel, R. G.Abstract not availableItem Open Access Die meting van lewenshouding(University of the Free State, 1978-11) Liebenberg, Merion Margaret; Rademeyer, G.; Schoeman, W. J.Abstract not availableItem Open Access Die invloed van modellering, gedragsrepetisie en videoband-terugkoppeling op selfopenbaring(University of the Free State, 1979-08) Janecke, Benjamin Stephan; Nel, C. M.; Schoeman, W. J.Abstract not availableItem Open Access The effect of modelling and contrast modelling on communication(University of the Free State, 1979-12) MacGregor, Dawn Zoë Amy; Schoeman, W. J.Abstract not availableItem Open Access 'n Kommunikasiestrategie vir sielkundiges deur middel van 'n behoefte-analise van die kliënt(University of the Free State, 1979-12) Nel, Christiaan Matthys; Schoeman, W. J.Afrikaans: Uit die ondersoeke van onder andere Eysenck (1952) en Rachman (1973) blyk dit dat sielkundige dienste nie so effektief is as wat dit behoort te wees nie. Hierdie en ander dergelike ondersoeke dien as inspirasie vir 'n groot aantal navorsers wat poog om die kwaliteit van sielkundige dienste te verbeter. Alhoewel hierdie pogings oor 'n groot area aangewend word, word in hierdie ondersoek aandag verleen aan die navorsing wat aan die persoon van die sielkundige gekoppel is. Hierdie ondersoek wil dan ook 'n bydrae op hierdie gebied maak. Dit blyk uit navorsingsresultate behaal, dat die benadering wat sekere persoonlikheidseienskappe van die sielkundige aan sukses probeer koppel, weinig sin het, aangesien die resultate verwarrend is en 'n gebrek aan wetmatigheid weerspieel. 'n Rigting wat egter met 'n mate van sukses aan 'n positiewe terapeutiese resultaat gekoppel kan word, is een wat die sielkundige as fasiliteerder van terapeutiese omstandighede beskryf. Carl Rogers staan vader vir hierdie rigting. Sy beginsels word deur talle ondersoeke geverifieer, wat vind dat fasiliterende omstandighede ten minste 'n matige verband net sukses toon. Hierdie verband dien as rugsteun vir 'n literatuurondersoek met die doel om vas te stel hoe hierdie veranderlikes geimplimenteer word. Hierdie ondersoek word aan die hand van Robert Carkhuff uitgevoer, aangesien hy op 'n ongekompliseerde wyse die fasiliterende beginsels operasioneel aanwend. Die fasiliterende kerndimensies word deur horn in terme van 5 vlakke van empatie, respek, opregtheid en konkreetheid gedefinieer. Carkhuff gee verder toepassing aan hierdie beginsels deur 'n fasiliterende persoonlikheid te beskryf. Wanneer 'n persoon hierdie fasiliterende dimensies deel van homself maak, word dit houding- en waardekomponente van sy persoonlikheid. Omdat houdings en waardes verander en aangeleer kan word, is dit moontlik dat hierdie houdings en waardes deur middel van opleiding in belang van terapie by studente tuisgebring kan word. Daarom is daar vervolgens aan opleidingsbeginsels wat teoreties en empiries geverifieer kan word, aandag verleen. Die Carkhuff-model stel 'n belewenismatige, 'n didaktiese en 'n modelleringsbasis vir opleiding voor. Aangesien dit uit die literatuur blyk dat hierdie beginsels oor meriete beskik, word die modelleringsbasis van opleiding aan die hand van Albert Bandura se beginsels verder uitgebou, terwyl die didaktiese basis deur A.E. Ivey se mikroberaadsisteem voorsien word. Volgens die Carkhuf fmodel sal die terapeutiese sukses toeneem indien die sielkundige se vlak van fasiliterende kommunikasie verhoog word. Een wyse om dus groter sukses aan terapie te koppel,is dus om die vlak van fasiliterende kommunikasie by die sielkundige te verhoog. 'n Nuwe strategie, 'n behoefteanalise van die klient, het die verhoging van fasiliterende kommunikasievlakke ten doel, aangesien dit aan die sielkundige meer toepaslike inligting omtrent sy klient voorsien en fasiliterende kommunikasie deels op inligting van die klient berus. Daar is vervolgens,deur van resente en vooraanstaande opleidingsmodelle gebruik te maak, aan 'n groep student-sielkundiges opleiding in fasiliterende kommunikasie en opleiding in behoefte-analise voorsien. Die afhanklike veranderlikes was 4 Carkhuffskale, die Balesskale en 'n semantiese differensiaal. Daar is van 'n 2 x 2 faktoriale ontwerp in die eksperiment gebruik gemaak en die data deur middel van 'n 2-rigting variansie-analise geinterpreteer. In die geval van die semantiese dif f erensiaal is daar beduidende verskille ten opsigte van die voormetings van 'n aantal van die skale verkry, met die gevolg dat daar op 'n alternatiewe dataverwerkingstegniek besluit is, naamlik t-toetse. Die opleidingsprogram wat onderrig in fasiliterende kommunikasie ten doel gehad het, kon die vlak van empatie, respek en opregtheid wat die student-sielkundige gekommunikeer het, beduidend verhoog, maar nie die vlak van konkreetheid nie. Die opleidingsprogram wat onderrig in behoefte-analise ten doel gehad het, kon die vlak van empatie, respek, opregtheid en konkreetheid wat die student-sielkundiges gekommunikeer het, beduidend verhoog. Die groep wat onderrig in fasiliterende kommunikasie ontvang het, asook die groep wat 'n kombinasie van fasiliterende onderrig en behoefte-analise ontvang het, het met minder gepoogde antwoorde gekommunikeer (Bales interaksie-analise) . Ten opsigte van die semantiese differensiaal is gevind dat kliente uit die kontrolegroep gevoel het dat die studentsielkundige tydens die nameting kalmer was. Kliente van die groep student-sielkundiges wat opleiding in behoefteanalise ondergaan het, het gevoel dat die student-sielkundige na opleiding minder suksesvol was. Die kliente van die groep student-sielkundiges wat beide opleiding in behoefteanalise en fasiliterende kommunikasie ondergaan het, het gevoel dat die student-sielkundige na opleiding minder suksesvol, eerlik en aanvaardend was. Sy was ook volgens die kliente verder weg as tydens die eerste meting.Item Open Access Hipoksie as etiologiese faktor van linkshandigheid(University of the Free State, 1981-06) Le Roux, Anda; Grobler, J. J.Abstract not available