'n Kommunikasiestrategie vir sielkundiges deur middel van 'n behoefte-analise van die kliënt
Loading...
Files
Date
1979-12
Authors
Nel, Christiaan Matthys
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
University of the Free State
Abstract
Afrikaans: Uit die ondersoeke van onder andere Eysenck (1952) en Rachman
(1973) blyk dit dat sielkundige dienste nie so effektief is
as wat dit behoort te wees nie. Hierdie en ander dergelike
ondersoeke dien as inspirasie vir 'n groot aantal navorsers
wat poog om die kwaliteit van sielkundige dienste te verbeter.
Alhoewel hierdie pogings oor 'n groot area aangewend word,
word in hierdie ondersoek aandag verleen aan die navorsing
wat aan die persoon van die sielkundige gekoppel is. Hierdie
ondersoek wil dan ook 'n bydrae op hierdie gebied maak.
Dit blyk uit navorsingsresultate behaal, dat die benadering
wat sekere persoonlikheidseienskappe van die sielkundige aan
sukses probeer koppel, weinig sin het, aangesien die resultate verwarrend is en 'n gebrek aan wetmatigheid weerspieel.
'n Rigting wat egter met 'n mate van sukses aan 'n positiewe
terapeutiese resultaat gekoppel kan word, is een wat die sielkundige as fasiliteerder van terapeutiese omstandighede beskryf. Carl Rogers staan vader vir hierdie rigting. Sy
beginsels word deur talle ondersoeke geverifieer, wat vind dat
fasiliterende omstandighede ten minste 'n matige verband net sukses toon. Hierdie verband dien as rugsteun vir 'n literatuurondersoek met die doel om vas te stel hoe hierdie veranderlikes
geimplimenteer word. Hierdie ondersoek word aan die hand van
Robert Carkhuff uitgevoer, aangesien hy op 'n ongekompliseerde
wyse die fasiliterende beginsels operasioneel aanwend. Die
fasiliterende kerndimensies word deur horn in terme van 5 vlakke
van empatie, respek, opregtheid en konkreetheid gedefinieer.
Carkhuff gee verder toepassing aan hierdie beginsels deur 'n
fasiliterende persoonlikheid te beskryf. Wanneer 'n persoon
hierdie fasiliterende dimensies deel van homself maak, word
dit houding- en waardekomponente van sy persoonlikheid. Omdat houdings en waardes verander en aangeleer kan word, is dit
moontlik dat hierdie houdings en waardes deur middel van opleiding in belang van terapie by studente tuisgebring kan
word. Daarom is daar vervolgens aan opleidingsbeginsels
wat teoreties en empiries geverifieer kan word, aandag verleen. Die Carkhuff-model stel 'n belewenismatige, 'n
didaktiese en 'n modelleringsbasis vir opleiding voor. Aangesien dit uit die literatuur blyk dat hierdie beginsels oor
meriete beskik, word die modelleringsbasis van opleiding aan
die hand van Albert Bandura se beginsels verder uitgebou,
terwyl die didaktiese basis deur A.E. Ivey se mikroberaadsisteem voorsien word.
Volgens die Carkhuf fmodel sal die terapeutiese sukses toeneem
indien die sielkundige se vlak van fasiliterende kommunikasie
verhoog word. Een wyse om dus groter sukses aan terapie te
koppel,is dus om die vlak van fasiliterende kommunikasie by
die sielkundige te verhoog. 'n Nuwe strategie, 'n behoefteanalise
van die klient, het die verhoging van fasiliterende
kommunikasievlakke ten doel, aangesien dit aan die sielkundige
meer toepaslike inligting omtrent sy klient voorsien en fasiliterende kommunikasie deels op inligting van die klient
berus.
Daar is vervolgens,deur van resente en vooraanstaande opleidingsmodelle gebruik te maak, aan 'n groep student-sielkundiges
opleiding in fasiliterende kommunikasie en opleiding in behoefte-analise voorsien. Die afhanklike veranderlikes was
4 Carkhuffskale, die Balesskale en 'n semantiese differensiaal.
Daar is van 'n 2 x 2 faktoriale ontwerp in die eksperiment
gebruik gemaak en die data deur middel van 'n 2-rigting variansie-analise geinterpreteer. In die geval van die semantiese dif f erensiaal is daar beduidende verskille ten opsigte
van die voormetings van 'n aantal van die skale verkry, met
die gevolg dat daar op 'n alternatiewe dataverwerkingstegniek
besluit is, naamlik t-toetse.
Die opleidingsprogram wat onderrig in fasiliterende kommunikasie ten doel gehad het, kon die vlak van empatie, respek
en opregtheid wat die student-sielkundige gekommunikeer het, beduidend verhoog, maar nie die vlak van konkreetheid nie.
Die opleidingsprogram wat onderrig in behoefte-analise ten
doel gehad het, kon die vlak van empatie, respek, opregtheid
en konkreetheid wat die student-sielkundiges gekommunikeer
het, beduidend verhoog.
Die groep wat onderrig in fasiliterende kommunikasie ontvang
het, asook die groep wat 'n kombinasie van fasiliterende onderrig en behoefte-analise ontvang het, het met minder gepoogde antwoorde gekommunikeer (Bales interaksie-analise) .
Ten opsigte van die semantiese differensiaal is gevind dat
kliente uit die kontrolegroep gevoel het dat die studentsielkundige
tydens die nameting kalmer was. Kliente van
die groep student-sielkundiges wat opleiding in behoefteanalise
ondergaan het, het gevoel dat die student-sielkundige
na opleiding minder suksesvol was. Die kliente van die
groep student-sielkundiges wat beide opleiding in behoefteanalise
en fasiliterende kommunikasie ondergaan het, het
gevoel dat die student-sielkundige na opleiding minder suksesvol, eerlik en aanvaardend was. Sy was ook volgens die
kliente verder weg as tydens die eerste meting.
Description
Keywords
Client-centered psychotherapy, Counseling, Psychologists, Thesis (D.Phil. (Psychology) --University of the Free State, 1979