Industrial Psychology
Permanent URI for this community
Browse
Browsing Industrial Psychology by Author "Bester, C. L."
Now showing 1 - 9 of 9
Results Per Page
Sort Options
Item Open Access Geslagsverskille in persoonlikheid, prestasiemotivering en loopbaanankers by entrepreneurs(University of the Free State, 1999) O'Neil, John Wesley; Bester, C. L.Afrikaans: In die laat sestiger-jare het die Suid-Afrikaanse ekonomie begin stagneer en die agteruitgang het voortgeduur tot vandag. Sedert die middel-sewentigs het die ekonomie in die VSA beweeg van 'n "bestuursekonornie" na 'n "entrepreneursekonomie" . Die totale aantal poste in die VSA het in die dekade van 1974 tot 1984 met 24 miljoen gegroei. Sedert die 1960's het werkskepping en ekonomiese groei verskuif van die groot vervaardigingsektor na die medium- en kleinsakesektor. Klein ondernemings omvat ongeveer 75% van die Japannese en 50% van die Amerikaanse ekonomie. In Suid-Afrika het die regering op alle vlakke van die ekonomie ingemeng, tot die verlies van die totale ekonomie. Selfs die blanke bevolking is so beïnvloed deur die idee van die "Totale Aanslag" en die afweer daarvan, dat min of geen aandag geskenk is aan die ontwikkeling van klein ondernemings of entrepreneurs. Volgens verskeie outeurs is entrepreneurskap egter 'n komplekse begrip en pogings om aan die hand van die psigologiese eienskappe . van die entrepreneur die begrip te verstaan, het die begrip nog meer' kompleks gemaak. Volgens die literatuur is dit ook duidelik dat daar nie ooreenstemming is oor die psigologiese eienskappe van die entrepreneur nie en selfs nie eens oor wat entrepreneurskap is nie. Dit kan duidelik gesien word uit die gebrek aan navorsing oor vroulike entrepreneurs asook die psigologiese eienskappe van vroulike entrepreneurs. Slegs deur navorsing kan entrepreneurskap asook die eienskappe van die entrepreneur beter verstaan word. Sodoende kan die psigologiese eienskappe van entrepreneurs asook die regte klimaat vir entrepreneurskap beter ontwikkel word, Uit die literatuur is dit ook duidelik dat die identifisering van psigologiese eienskappe van manlike en vroulike entrepreneurs baie belangrik is vir voorspelling van entrepreneurspotensiaal en die ontwikkeling van die eienskappe by nie-entrepreneurs of toekomstige en trepreneurs. In dié studie is daar gevolglik gepoog om 'n vergelyking te tref tussen manlike en vroulike entrepreneurs om te bepaal of daar enige statisties beduidende verskille bestaan tussen die twee geslagte t.O.V. persoonlikheid, prestasiemotivering en loopbaanoriëntasies. In die literatuurstudie is aandag geskenk aan entrepreneurskap asook die sosiale en psigologiese eienskappe van entrepreneurs, persoonlikheid, prestasiemotivering en loopbaanoriëntasies. In elke hoofstuk van die literatuurstudie is daar gepoog om so 'n wye teoretiese agtergrond as moontlik weer te gee asook om telkens die verband aan te toon tussen manlike en vroulike entrepreneurs. Daar is in hierdie studie van opnamevraelyste gebruik gemaak om navorsingsinligting oor die 81 proefpersone in te samel. Meer spesifiek is van die Loopbaanoriëntasievraelys van Schein (1990), die 16 Persoonlikheidsvraelys (16- PF) van Cattell, die Prestasiemotiveringsvraelys (PMV)en 'n selfontwikkelde biografiese vraelys gebruik gemaak om die inligting in te samel. Die statistiese tegnieke, die ongepaarde ttoets en stapsgewyse diskriminantanalise, is gebruik om die verskille tussen manlike en vroulike entrepreneurs t.o.V. persoonlikheid, prestasiemotivering en loopbaanoriëntasies aan te dui. Daar is bevind dat daar wel statisties beduidende verskille is tussen manlike en vroulike entrepreneurs t.O.V. persoonlikheid en loopbaanoriëntasies. Uit die resultate is gevind dat vroulike entrepreneurs meer geneig is om risiko's te neem as manlike entrepreneurs. Verder blyk dit dat manlike entrepreneurs statisties beduidende hoër tellings verkry op die Lewenstylintegrasieloopbaanoriëntasie as vroulike entrepreneurs. Tog is die oriëntasie een van die loopbaanoriëntasies wat deur vroulike entrepreneurs verkies word. Dit blyk verder dat die drie konstrukte naamlik, persoonlikheid" prestasiemotivering en loopbaanoriëntasies in kombinasie as goeie. voorspellers dien van groeplidmaatskap van manlike en vroulike en trepreneurs. Opsommend blyk dit dat daar wel verskille is tussen manlike en vroulike entrepreneurs t.O.V. persoonlikheid, prestasiemotivering en loopbaanoriëntasies. Die verskille is egter nie so groot soos wat dit in die literatuur blyk te wees nie. Verskeie verskille tussen die resultate van die studie en data soos dit in die literatuur voorkom is ook geïdentifiseer, wat verdere navorsing noodsaaklik maak.Item Open Access Die ontwikkeling van 'n werksetiekvraelys gebaseer op 'n holistiese filosofiese model van etiese besluitneming(University of the Free State, 2009) Boshoff, Estelle; Bester, C. L.Afrikaans: Onetiese gedrag is ‘n algemene tendens in die huidige werksituasie waar daar ‘n verval in etiese gedrag op nasionale sowel as internasionale vlak binne organisasies blyk te wees. Onetiese gedrag waaronder omkopery, nepotisme, bedrog en korrupsie word dan ook algemeen in Suid-Afrikaanse organisasies aangetref. Onetiese gedrag kan finansiële gevolge en markverwante risiko’s vir organisasies inhou en negatiewe mediablootstelling tot gevolg hê. Behalwe die negatiewe gevolge wat onetiese gedrag vir organisasies inhou, het onetiese gedrag ook ‘n lae moreel onder werknemers en ’n hoë werknemeromset tot gevolg. Die negatiewe gevolge wat onetiese gedrag vir organisasies sowel as die Suid-Afrikaanse ekonomie inhou, noodsaak ‘n fokus op faktore wat ‘n invloed op etiese gedrag, en spesifiek werksetiek, mag uitoefen. Huidige navorsing ondersteun ‘n persoon-situasie-interaksiebenadering tot etiese besluitneming waar beide individuele en situasionele faktore die besluite wat die individu neem, beïnvloed. Betreffende individuele faktore wys navorsers daarop dat die individu se etiese besluitnemingsfilosofie die wyse waarvolgens etiese probleme hanteer word en die gedragsbesluite wat geneem word, beïnvloed. Vanuit die literatuur het dit geblyk dat verskillende outeurs verskillende filosofiese benaderings rakende etiese besluitneming geïdentifiseer het. Daar bestaan egter nie ‘n model wat hierdie benaderings integreer nie. Verder het dit ook vanuit die literatuur geblyk dat daar binne die Suid-Afrikaanse konteks ‘n behoefte bestaan aan die ontwikkeling van ‘n betroubare en geldige werksetiekvraelys wat individue se etiese besluitnemingsbenadering sowel as vlak van etiese gedrag, bepaal. Derhalwe was die doel van hierdie studie tweërlei: Eerstens is ‘n holistiese filosofiese model van etiese besluitneming ontwikkel. Die model het die volgende ses filosofiese benaderings rakende etiese besluitneming geïntegreer, naamlik die reëlgebonde benadering; die konsekwensialistiese benadering; die reëlgebonde-konsekwensialistiese benadering; die deuggebaseerde benadering; die sosiale regverdigheidsbenadering en relativisme. Tweedens is ‘n werksetiekvraelys (Werksoortuigingsvraelys) (WOV) ontwikkel wat op ‘n steekproef van vyfhonderd-vier-en-twintig proefpersone afgeneem is. Itemontleding en seleksie van items vir die finale vraelys is uitgevoer deur van verkennende en bevestigende faktorontleding gebruik te maak. Vanuit die statistiese ontledings is daar tot die volgende gevolgtrekkings gekom betreffende doelstelling 1 en doelstelling 2 van die WOV. Doelstelling 1 (Skaal A): Die bepaling van die individu se vlak van etiese gedrag Skaal A beskik oor ‘n bevredigende inhoudsbetroubaarheid. Verder blyk dit dat wat die geldigheid betref (konstrukgeldigheid), die konstruk, vlak van etiese gedrag goed gedefinieer word. Doelstelling 2 (Skaal B): Identifisering van die filosofiese benaderings wat tydens etiese besluitneming gevolg word - Betreffende die ses filosofiese benaderings rakende etiese besluitneming wat vanuit die literatuur geïdentifiseer is, is daar eerstens eendimensionaliteit vir die benaderings veronderstel. Vanuit die statistiese ontledings blyk dit dat die ses benaderings elk ‘n bevredigende inhoudsbetroubaarheid toon. Verder blyk dit dat wat die geldigheid betref (konstrukgeldigheid), die konsep filosofiese benaderings rakende etiese besluitneming (ses- faktorstruktuur) goed gedefinieer word en dat die ses-faktorstruktuur ‘n goeie passing en ‘n bestendige metingsmodel toon. - Vervolgens is al tweehonderd-en-vyftien items aan verkennende faktorontleding onderwerp sonder dat enige vooraf geïdentifiseerde faktorstruktuur veronderstel is. Daarna is bevestigende faktorontleding op die nuwe faktorstruktuur toegepas. Drie faktore het na vore gekom, naamlik die reëlgebonde, konsekwensialistiese en diskresionêre benaderings. Die drie benaderings het elk ‘n bevredigende inhoudsbetroubaarheid getoon. Verder blyk dit dat wat die geldigheid betref (konstrukgeldigheid), die konsep filosofiese benaderings rakende etiese besluitneming (drie-faktorstruktuur) goed gedefinieer word en dat die drie-faktorstruktuur ‘n goeie passing en ‘n bestendige metingsmodel toon. Daar kan derhalwe met die ses-faktorstruktuur of met die alternatiewe drie- faktorstruktuur gewerk word. Die belangrike waarde van die studie blyk vanuit die feit dat dit die behoefte aan ‘n betroubare en geldige werksetiekvraelys vir die Suid-Afrikaanse konteks aangespreek het. Hierdie meetinstrument verskaf nie net ‘n aanduiding van die individu se vlak van etiese gedrag nie, maar ook die benadering wat tydens etiese besluitneming gevolg word.Item Open Access Perceptions of personnel practitioners in Bloemfontein of the dispute resolution mechanisms of the labour relations Act 66 of 1995(University of the Free State, 1998) Prince, Boikanyo George; Uys, D.; Bester, C. L.Afrikaans: Die werkplek in Suid-Afrika is gepolariseerd op grond van ras, hoofsaaklik as gevolg van die apartheidsbeleid van die verlede. Die gevolglike sosiale, politieke en ekonomiese omgewings het 'n negatiewe organisatoriese kultuur in die algemeen geskep. Dit het gelei tot 'n tekort aan deelname en vertroue tussen lede van die gemeenskappe sowel as 'n afwesigheid van groepsidentitiet. Die nuwe regering het dus met 'n transformasieproses begin waarin die ekonomiese ontwikkeling van die benadeelde swart meerderheid 'n dominante tema in die politieke heropbou van Suid-Afrika geword het. Dit het die persepsie geskep dat die regering georganiseerde arbeid begunstig tot die nadeel van besigheid en dat die magsbalans ten gunste van arbied geswaai het. Die Wet op Arbeidsverhoudinge Wet 66 van 1995 is in September 1995 goedgekeur en het op Il November 1996 in working getree. Een van die oogmerke van die Wet is om 'n eenvoudige geskilbeslegtingsprosedure daar te stel. Die kern van die Wet is die Kommissie vir Versoening, Mediasie en Arbitrasie (KVMA). Die KVMA en die Arbeidshof IS twee geskilbeslegtingsinstellings. Die navorsing het ten doel gehad om vas te stel wat die persepsies van personeelpraktisyns teenoor die geskikbeslegtingsmeganismes van die Wet was. Die projek het die persepisies van personeelpraktisyns in Bloemfontein rakende hierdie geskilbeslegtingsmeganismes geëvalueer. Die spesifieke meganismes wat onder die Wet van toepassings is, is versoening en arbitrasie sowel as die Arbeidshofprosesse. Die navorsing was ook daarop gemik om vas te stelofhierdie persepsies op grond van biografiese aspekte soos ras, bedryf vlak van bestuur, sowel as grootte van die organisasie ens. verskil. 'n Nie-eksperimentele, ondersoekende, verduidelikende beskrywingsontwerp is gebruik. Die toetspopulasie het bestaan uit personeelpraktisyns in Bloemfontein wat ten minste twee jaar ondervinding as arbeidsverhoudingepraktisyns het. Die toetsstrategie was geriefstoetsing. 'n Vraelys is gebruik om inligting van die respondente oor aspekte van konsiliasie, arbitrasie, die Arbeidsverhof en die Arbeidsappélhof in te samel. Beskrywende statistiek is gebruik om die persepsies van die personeelpraktisyns aangaande die geskilbeslegtingsmeganismes aan te teken. Die bevindings van hierdie studie het aangedui dat die persepsies van die toetspopulasie gunstig was en dat daar verskille is (alhoewel nie beduidend nie) volgens bedrywe, vlak van bestuur en grootte van organisasies, maar nie noodwendig volgens ras nie. Die studie sluit afmet aanbevelings wat in die algemeen fokus op die bou van verhoudings as 'n wyse om konflik in die werkplek te verminder en/of uit te skakel. Die werkplek moet verder getransformeer word as 'n manier om die proses van verhoudings bou aan te moedig. Sodra dit behaal is, moet 'n prestasieverbeteringsprogram vir die KVMA geïmplementeer word om prestasietekortkomings te identifiseer en toepaslike opleidingsprogramme moet geselekteer word om die opleidingsbehooftes van die aangestelde kommissarisse aan te spreek. Indien die bogemelde nie die geïdentifiseerde probleme aanspreek nie, moet wysigings aan die Wet oorweeg en ingestel word. Laastens kan die partye uitkontrakteer ten opsigte van die statutêre geskilbeslegtingsinstellings.Item Open Access Personality traits and resilience as predictors of job stress and burnout among call centre employees(University of the Free State, 2009) Lamb, Shannon; Bester, C. L.; Kotze, M.Afrikaans: Navorsing het aangetoon dat personeellede van Oproepsentra hoë vlakke van werkstres en uitbranding ervaar as gevolg van die werksvereistes wat met hulle werk gepaard gaan. Werknemers het dikwels geen beheer oor hulle werkomgewings en eksterne faktore wat hulle werkprestasie en werkstevredenheid beïnvloed nie. Hulle kan egter bepaalde interne bronne soos spesifieke persoonlikheidsfaktore ontwikkel en benut wat hulle in staat kan stel om hulle werkstres meer effektief te bestuur. Die doelwitte van die studie was om die vlak van werkstre en uitbranding van werknemers van 'n oproepsentrum te bepaal en om spesifieke persoonlikheidsfaktore te identifiseer wat as geldige voorspellers van werknemers van 'n oproepsentrum se vermoë om werkstres en uitbranding effektief te bestuur, kan dien. Verskeie studies het gefokus op die verband tussen persoonlikheid, werkstres en uitbranding, maar die Groot Vyf persoonlikheidsfaktore en veerkragtigheid as voorspellers van werkstres en uitbranding het nie voldoende aandag geniet nie. Niewaarskynlikheidsteekproefneming en spesifiek toevallige steekproefneming in 'n oproepsentrum in Bloemfontein, Suid-Afrika is gebruik. Die betrokke oproepsentrum is 'n ongebonde, skuldinvorderingsoproepsentrum met kliënte in Suid-Afrika en aangrensende state. 'n Totaal van 187 werknemers van die oproepsentrum het aan die studie deelgeneem. Die respondente was hoofsaaklik swart, vroulik, alleenlopend, Suid-Sotho sprekend, tussen die ouderdomme 21 tot 25 jaar, beskik oor 'n graad 12-kwalifikasie en het vir minder as 'n jaar diens. Die meetinstrumente wat in die studie gebruik is, is die Internasionale Persoonlikheidsitempoel, die Veerkragtigheidskaal, die Maslach Uitbrandingsvraelys (Menslike diensopname) en die Ervaring van Werk- en Lewensomstandighede-vraelys. 'n Meerveranderlike stapsgewyse regressieontleding is as statistieke tegniek gebruik om die resultate te verwerk. Respondents exhibited a high level of job stress, an average level of emotional exhaustion, a high level of depersonalization and a low level of personal accomplishment. Die respondente het 'n hoë vlak van werkstres, 'n gemiddelde vlak van emosionele uitputting, en hoë vlak van depersonalisasie en en lae vlak van persoonlike prestasie getoon. en Beduidende lineêre verband is gevind tussen spesifieke Groot Vyf persoonlikheidsfaktore en werkstres, naamlik emosionele stabiliteit en openheid tot ervaring. enBeduidende lineêre verband is ook identifiseer tussen pligsgetrouheid en sekere dimensies van uitbranding, naamlik emosionele uitputting en depersonalisasie. Veerkragtigheid en meer spesifiek aanvaarding van self en die lewe is geïdentifiseer as en geldige voorspeller van depersonalisasie, endimensie van uitbranding. Pligsgetrouheid, inskiklikheid en veerkragtigheid is geïdentifiseer as geldige voorspellers van persoonlike prestasie, en dimensie van uitbranding. Toekomstige navorsing in hierdie verband moet gedoen word met enmeer verteenwoordigende steekproef van oproepsentra in Suid-Afrika sodat die resultate na oproepsentra oor die algemeen veralgemeen kan word. Die persoonlikheidsfaktore wat in hierdie studie as geldige voorspellers van die doeltreffende bestuur van werkstres en uitbranding geïdentifiseer is, kan kan gebruik word vir keurings- en opleidingsdoeleindes in oproepsentra.Item Open Access Personality traits and resilience as predictors of job stress and burnout among call centre employees(University of the Free State, 2009) Lamb, Shannon; Bester, C. L.; Kotze, M.Afrikaans: Navorsing het aangetoon dat personeellede van Oproepsentra hoë vlakke van werkstres en uitbranding ervaar as gevolg van die werksvereistes wat met hulle werk gepaard gaan. Werknemers het dikwels geen beheer oor hulle werkomgewings en eksterne faktore wat hulle werkprestasie en werkstevredenheid beïnvloed nie. Hulle kan egter bepaalde interne bronne soos spesifieke persoonlikheidsfaktore ontwikkel en benut wat hulle in staat kan stel om hulle werkstres meer effektief te bestuur. Die doelwitte van die studie was om die vlak van werkstre en uitbranding van werknemers van ‘n oproepsentrum te bepaal en om spesifieke persoonlikheidsfaktore te identifiseer wat as geldige voorspellers van werknemers van ‘n oproepsentrum se vermoë om werkstres en uitbranding effektief te bestuur, kan dien. Verskeie studies het gefokus op die verband tussen persoonlikheid, werkstres en uitbranding, maar die Groot Vyf persoonlikheidsfaktore en veerkragtigheid as voorspellers van werkstres en uitbranding het nie voldoende aandag geniet nie. Niewaarskynlikheidsteekproefneming en spesifiek toevallige steekproefneming in ‘n oproepsentrum in Bloemfontein, Suid-Afrika is gebruik. Die betrokke oproepsentrum is ‘n ongebonde, skuldinvorderingsoproepsentrum met kliënte in Suid-Afrika en aangrensende state. ‘n Totaal van 187 werknemers van die oproepsentrum het aan die studie deelgeneem. Die respondente was hoofsaaklik swart, vroulik, alleenlopend, Suid-Sotho sprekend, tussen die ouderdomme 21 tot 25 jaar, beskik oor ‘n graad 12-kwalifikasie en het vir minder as ‘n jaar diens. Die meetinstrumente wat in die studie gebruik is, is die Internasionale Persoonlikheidsitempoel, die Veerkragtigheidskaal, die Maslach Uitbrandingsvraelys (Menslike diensopname) en die Ervaring van Werk- en Lewensomstandighede-vraelys. ‘n Meerveranderlike stapsgewyse regressieontleding is as statistieke tegniek gebruik om die resultate te verwerk. Respondents exhibited a high level of job stress, an average level of emotional exhaustion, a high level of depersonalization and a low level of personal accomplishment. Die respondente het ‘n hoë vlak van werkstres, ‘n gemiddelde vlak van emosionele uitputting, ‘n hoë vlak van depersonalisasie en ‘n lae vlak van persoonlike prestasie getoon. ‘n Beduidende lineêre verband is gevind tussen spesifieke Groot Vyf persoonlikheidsfaktore en werkstres, naamlik emosionele stabiliteit en openheid tot ervaring. ‘n Beduidende lineêre verband is ook identifiseer tussen pligsgetrouheid en sekere dimensies van uitbranding, naamlik emosionele uitputting en depersonalisasie. Veerkragtigheid en meer spesifiek aanvaarding van self en die lewe is geïdentifiseer as ‘n geldige voorspeller van depersonalisasie, ‘n dimensie van uitbranding. Pligsgetrouheid, inskiklikheid en veerkragtigheid is geïdentifiseer as geldige voorspellers van persoonlike prestasie, ‘n dimensie van uitbranding. Toekomstige navorsing in hierdie verband moet gedoen word met ‘n meer verteenwoordigende steekproef van oproepsentra in Suid-Afrika sodat die resultate na oproepsentra oor die algemeen veralgemeen kan word. Die persoonlikheidsfaktore wat in hierdie studie as geldige voorspellers van die doeltreffende bestuur van werkstres en uitbranding geïdentifiseer is, kan kan gebruik word vir keurings- en opleidingsdoeleindes in oproepsentra.Item Open Access Persoonlikheidsverskille tussen manlike entrepreneurs van verskillende kultuurgroepe(University of the Free State, 2000) Miles, Lezel; Bester, C. L.Afrikaans: Suid-Afrika bevind horn in 'n greep van ekonomiese stagnasie. Die formele sektor is nie in staat om voldoende werksgeleenthede te skep nie. Dit kan onder andere toegeskryf word aan verstedeliking, oorbevolking en rasionalisering. Ter wille van oorlewing word die groat aantal werklose Suid-Afrikaners dus verplig om hulle eie werksgeleenthede te skep en is entrepreneurskap aan die orde van die dag. Van vroeg af is pogings aangewend om faktore te identifiseer wat van 'n persoon 'n suksesvolle entrepreneur maak. Teoretici het, nadat verskeie studies onderneem is oor die eienskappe van entrepreneurs, tot die gevolgtrekking gekom dat daar nie voorsiening gemaak is vir die bestaan van persoonlikheidsverskille tussen swart en wit entrepreneurs in Suid-Afrika nie. Een van die opvallendste kenmerke van die Suid-Afrikaanse bevolking is sy diversiteit. Oink byvoorbeeld aan opvoedkundige vlakke en die verspreiding van welvaart. Die vraag ontstaan ook of entrepreneurs uit verskillende kultuurgroepe verskillende persoonlikheidsprofiele sal he. Arnerikaanse studies kon duidelike persoonlikheidsverskille tussen swart en wit Arnerikaanse manlike entrepreneurs identifiseer. Die swartes in Suid Afrika - voorheen verstoke van voorregte - se omgewingskonteks verskil radikaal van die van die sogenaamde swart Arnerikaanse Negers. In die lig hiervan is dit soveel waarskynliker dat die Suid-Afrikaanse swart en wit manlike entrepreneurs, met hulle uiteenlopende agtergronde, se persoonlikhede sal verskil. Daarom was die doel van die studie om te bepaal of daar beduidende verskille identifiseerbaar is ten opsigte van die persoonlikheidsfaktore van swart en wit manlike entrepreneurs in Suid-Afrika. Entrepreneurskap is nie 'n eenvoudige gebeurtenis nie, maar 'n dinamiese proses wat voortdurend plaasvind en op die lang termyn gerig is. Omdat entrepreneurs egter in interaksie met hul omgewing is, is daar in die literatuuroorsig ook gefokus op die invloed wat eksterne faktore op entrepreneurs het. Meer spesifiek is aandag geskenk aan hulle agtergrondfaktore, ekonomiese omgewing, sowel as politieke, tegnologiese en maatskaplike fak"tore. Dit blyk uit die literatuur dat mense met 'n soortgelyke agtergrond soortgelyke eienskappe sal openbaar. Hierdeur word dit moontlik gemaak om entrepreneuriese persoonlikheidseienskappe te voorspel. Na aanleiding van vorige empiriese bevindinge is dominante kenmerke gei:dentifiseer wat met suksesvolle entrepreneurs geassosieer is. Dit is naamlik dryfkrag, deursettingsvermoe, 'n begeerte om te presteer, doelgerigtheid, kreatiwiteit en verbeeldingrykheid, bereidwilligheid om berekende risiko' s te neem, selfvertroue, integriteit, 'n interne lokus van beheer, 'n onafhanklikheidstrewe en ander eienskappe soos tydsbestuur en selfkennis. Die begrip "persoonlikheid" is vanuit die kader van die persoonsgeorienteerde denkrigting beskryf, aangesien dit uitgeloop het op die faktoranalitiese teorie. Met behulp van hierdie teoretiese kader kan persoonlikheid m basiese persoonlikheidsfaktore opgedeel word en persone dan m terme van die faktore beskryf word.Item Open Access Psychological factors as predictors of employees' attitudes towards work place safety in a public electricity company in South Africa(University of the Free State, 2010) Steyn, Leon Johan; Kotzé, M.; Bester, C. L.Afrikaans: Die verhouding tussen individuele verskille en die oorsaak van werksplek insidente/ongelukke insluitend voertuigongelukke word reeds vanaf die jaar 1917 nagevors. Internasionaal word hierdie verskynsel steeds as 'n kritiese agenda vir navorsing in die 21ste eeu beskou. Benewens dit, is daar reeds ondersoek na 'n wye reeks latente of waarneembare individuele (bv. intelligensie, persoonlikheid, stres) en organisatoriese (bv. leierskapondersteuning, veiligheidskultuur, werkstevredenheid) veranderlikes as voorspellers vir die oorsake waarom werknemers by riskogedrag betrokke raak gedoen. Houdings teenoor werksplekveiligheid is in ander dele van die wêreld 'n weldeurdagte navorsingsverskynsel. Daarbenewens, kon geen vorige navorsing in Suid-Afrika wat 'n proses van 'n kombinasie van psigologiese faktore wat verband hou met werknemers se houding teenoor werksplekveiligheid gevind word nie. Die studie het die invloed van psigologiese faktore op houdings teenoor werksplekveiligheid verken. Die doel van die studie was tweeledig, eerstens om vas te stelof 'n statistiese betekenisvolle verband tussen die voorspeller- en kriterium veranderlikes bestaan, en tweedens deur middel van gedeeltelike minste vierkantige modellering "Path Least Square Modelling" te bepaal of 'n werknemer se houding teenoor werksplekveiligheid deur psigologiese faktore beinvloed kan word. Intelligensie, persoonlikheid, uitbranding, werksbegeestering, en koherensiesin was as die voorspellerveranderlikes en veiligheid van bewussyn (veiligheidbeheer, risikovermyding, strestoleransie), voertuigbestuurder houding, en oriëntasie teenoor kwaliteit wat houdings teenoor werksplekveiligehid beinvloed, was as die kriterium veranderlikes in die studie gebruik. Uit die literatuur, het die studie 'n logiese volgorde wat die interverwantskap tussen die psigologiese faktore en hul verwanskap met veiligheid van bewussyn, voertuigbestuurder houding, en oriëntasie teenoor kwaliteit voorgestel. Om die geldigheid van die proses te bepaal, het die studie van 'n groep proefpersone wat tussen 2006 en 2008 in 'n werksplek insident/ongeluk of voertuig ongeluk betrokke was gebruik gemaak. 'n Groep van 279 werknemers in diens van 'n 'n publieke elektrisiteitsorganisasie in Suid Afrika, het aan die studie deelgeneem. Beide opname- en statistiese modelleringsmetodiek was gebruik. Gestandardiseerde vraelyste was gebruik om die verskillende psigologiese en veiligheidshoudings veranderlikes te meet. Die berekenings en geldigheidsontleding van die meetinstrumente wat intelligensie en persoonlikheid meet was deur die diensverskaffers bereken. Die studie het van verklarende faktorontleding gebruik gemaak om die toepaslikheid van die faktorstruktuur van die uitbranding, werksbegeestering, koherensiesin, en veiligheidhoudings konstrukte op die steekproef te bepaal. Die voorge telde faktorstruktuur van die meetinstrumente was deur bevestigende faktor ontleding bevestig met aanvaarbare passing statistiek. Hipotese I was deur korrela ie ontleding bevestig wat aangedui het dat daar wel 'n statistiese betekenisvolle verband tu en die verskillende veranderlikes bestaan. Verder het die resultate van die regressieontleding aangedui dat 9 psigologiese faktore 67% van die variansie op veiligheid van bewussyn voorspel het, 5 psigologiese faktore 53% van die variansie op voertuigbestuurder houding voorspel het, en 7 psigologiese faktore 35% van die variansie op oriëntasie teenoor kwaliteit voorspel het. Daar was van die minste vierkantige modellering "Path Least Square Modelling" benadering gebruik gemaak om die betroubaarheid van die psigologiese en veiligheidshoudingsfaktore wat in die meetingsmodel (buite model) ingesluit was te bereken, asook met die evaluering van die teoretiese model (binne model). Aanvaarbare passingsstatistiek was verkry wat die rigting aangedui het vir die evaluering van die teoretiese model. Tydens die evaluering van die verwantskappe tussen die latente konstrukte van die teoretiese model was die volgende statistiese betekenisvolle padkoeffisiënte verkry (I) intelligensie en voertuigbestuurder houding, (2) persoonlikheid en uitbranding, (3) persoonlikheid en koherensiesin, (4) persoonlikheid en veiligheid van bewussyn, (5) koherensiesin en uitbranding, (6) koherensiesin en werk begeestering, (7) koherensiesin en oriëntasie teenoor kwaliteit, (8) voertuigbestuurder houding en veiligheid van bewussyn, en (9) oriëntasie teenoor kwaliteit en veiligheid van bewussyn. Van groot waarde was dat slegs intelligensie, persoonlikheid en koherensiesin die proefpersone e houding teenoor werksplekveiliheid betekenisvol beinvloed het. Per oonlikheid en 'n sterker koheresiesin het die effek op uitbranding gemodereer, terwyl kohere iesin 'n positiewe uitwerking op werksbegeestering getoon het. Die padverwantskap tussen die veiligheidhoudingskonstrukte met uitbranding en werksbegeestering was nie betekenisvol nie. Die studie het voorgestel dat die teoretiese model verder verfyn moet word asook die toetsing van die modelop 'n groter steekproef.Item Open Access Quality of work life as predictor of employees’ mental health(University of the Free State, 2009) Markham, Lyle Grant; Bester, C. L.; Kotze, M.English: QWL is a major issue for employees, and how organizations deal with this issue is of both academic and practical significance. QWL and its relationships with employees’ mental health and performance became an explicit objective for many of the human resource policies in modern organizations. Although there is no formal definition of QWL, industrial psychologists and management scholars agree in general that QWL is a construct that deals with the well-being of employees and that QWL differs from job satisfaction. QWL variables are excellent indicators of whether or not employees are coping well with the stressors they are confronted with. Employees in the workplace should experience and exhibit high levels of mental health in order to ensure they cope effectively with the stressors they are being exposed to. According to the literature, QWL can produce a favourable work environment which is beneficial for developing and maintaining a good mental health. If this is the case, it could be assumed that QWL could be an important determinant and predictor of mental health. It would be of value to investigate which QWL variables play a significant role in determining mental health especially in service organizations where demands are high. The aim of the research was to determine whether QWL variables are predictors of employees’ mental health in a service organization in the Free State. For the purpose of this study, one-hundred and forty two (142) employees working in a service organization in the Free State were selected. QWL was measured by the Leiden Quality of Work Life Questionnaire while mental health was measured by Warr’s Mental Health Measures, the General Health Questionnaire-28 (GHQ-28), the Satisfaction with Life Questionnaire and the Affectometer 2, which is a measure of general happiness. The multiple stepwise regression was used to predict which QWL variables affect employees’ mental health in a service organization in the Free State. Due to the fact that non-probability sampling and more specifically accidental sampling was used, the results of this study could not be generalized. The sample of respondents consisted of more white respondents of which 58% were male respondents, which were married and having at least a matriculation qualification. The respondents exhibited a very high level of QWL except for work and time pressure, physical exertion, job insecurity and lack of meaningfulness. A high level of mental health was also exhibited by the respondents. The level of general health in terms of all the dimensions varied from low to very low. Furthermore, the respondents displayed a low level of satisfaction with life especially with material wealth. The respondents’ level of general happiness (all the respective dimensions) was very low. Lack of meaningfulness, role ambiguity, social support (supervisor), work and time pressure, social support (colleague), skill discretion, hazardous exposure, job insecurity, physical exertion and decision latitude were identified as valid predictors of employees’ mental health in the service organization. Further research regarding QWL as a predictor of mental health should be conducted since there were very few studies done in this regard. Based on the study a clear idea can be obtained as to which QWL variables are predictors of employees’ mental health. The importance of acknowledging these factors aimed at improving employees’ QWL and mental health in service organizations becomes apparent.Item Open Access Die verband tussen organisasiekultuur en werkstevredenheid onder die personeel van 'n vervaardigingsorganisasie(University of the Free State, 1999) Coetzee, Dennis Johannes; Bester, C. L.Afrikaans: In die Suid-Afrikaanse konteks kan die doelmatige en doeltreffende bestuur en benutting van die mannekraghulpbron nie oorbeklemtoon word nie. Suid-Afrika gaan mank aan geskoolde en professionele mannekrag en word daarbenewens deur 'n lae produktiwiteitsratio gekenmerk. Omrede Menslike Hulpbronbestuur 'n sleutel tot 'n suksesvolle ommeswaai in hierdie verband is, behoort dit 'n regmagtige plek in die ondernemingsbestuur toegestaan te word. Elke organisasie beskik oor sy eie individualiteit wat dit van ander orgarusasies onderskei, dit is die resultaat van die interaksies tussen lede van die organisasie aim die eenkant, en die eksterne omgewingsfaktore aan die anderkant t:n hierdie uniekheid van die organisasie veroorsaak dat die gedrag van beide die werknemers en bestuur verskillend beïnvloed word. Op die lange duur voorsien die organisasie se kultuur 'n geldige basis vir die voorspelling van 'n organisasie se sukses. Die vraag van tot in watter mate organisasiekultuur belangrik is word soos volg beantwoord. 'n Belangrike meting van organisasiekultuur, is die mate waartoe dit verband hou met werknemertevredenheid. Dit moet in gedagte gehou word dat 'n individue reageer op hul interpretasie van die werklikheid en nie op die werklikheid self nie. 'n Persoon se persepsie speel dus 'n belangrike rol in werkstevredenheid. Hoe In persoon homself en die situasie beskou, beïnvloed sy gedrag en funksionering. Werk moet bevredigend en betekenisvol vir die werkers wees, aangesien persone die behoefte het aan uitdaging, stimulering en konflik wat van tyd tot tyd voorkom. Van die sleutel eienskappe wat die werknemer se prestasie en werkstevredenheid beïnvloed, is die graad van uitdaging, verskeidenheid, outonomie, verskaffing van gereelde en akkurate terugvoering, gunstige werkstoestande, billike belonings en bevorderingstelsels, asook ondersteunende toesighouding. 'n Ongepaste organisasiekultuur is verantwoordelik vir 'n organisasie se onvermoë om suksesvol by sy omgewing aan te pas asook 'n groot struikelblok tot die verbetering van 'n organisasie se prestasie en bereiking van gestelde doelwitte. Die doel van hierdie studie was om vas te stelof daar verbande bestaan tussen organisasiekultuur en werktevredenheid asook om vas te stel wat die oorheersende organsasiekultuur is in die drie fabrieke en om vas te stelof die werknernrs werkstevredenheid of ontevredenheid ervaar. In die literatuur is aandag geskenk aan die belangrikste teoretiese kontrukte wat in hierdie studie betrek is, naamlik organisasiekultuur en werkstevredenheid. Ten opsigte van elk van die konstrukte is gelet op die aard en omskrywing daarvan, die teorieë en dimensies aangaande die bepaalde konstrukte en die invloed van die konstrukte op werkstevredenheid. In die empiriese gedeelte is gefokus op die seleksie van respondente en die insameling van gegewens met behulp van die volgende instrumente, naamlik die Organsisasie kultuur - Diagnose vraelys en die Minnisota Tevredenheidsvraelys. Die statistiese tegnieke wat aangewend is, is die ANOVA en MANOVA asook die Pearsonprodukmomentkorrelasie. Die ANOVA en MANOVA is gebruik om die verskille te bepaal ten opsigte van die organisasiekultuur en werkstevredenheidsdimensies, asook om die rigting van die verskille aan te dui deur die Scheffe toets. Die Pearson - Produkmomentkorrelasie is gedoen om verbande vas te stel ten opsigte van genoemde dimensies. Die oorhoofse gevolgtrekking van hierdie studie is dat daar wel statisties beduidende verbande bestaan ten opsigte van organisasiekultuur en die dimensies van werkstevredenheid en dat die oorhoofse organisasiekultuur in al drie fabrieke as Magskuituur uitgewys is en dat die fabrieke algehele werksontevredenheid ervaar.