Personality traits and resilience as predictors of job stress and burnout among call centre employees
Loading...
Files
Date
Authors
Lamb, Shannon
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
University of the Free State
Abstract
Showing abstract in Afrikaans
Afrikaans: Navorsing het aangetoon dat personeellede van Oproepsentra hoë vlakke van
werkstres en uitbranding ervaar as gevolg van die werksvereistes wat met hulle
werk gepaard gaan. Werknemers het dikwels geen beheer oor hulle
werkomgewings en eksterne faktore wat hulle werkprestasie en
werkstevredenheid beïnvloed nie. Hulle kan egter bepaalde interne bronne soos
spesifieke persoonlikheidsfaktore ontwikkel en benut wat hulle in staat kan stel
om hulle werkstres meer effektief te bestuur. Die doelwitte van die studie was
om die vlak van werkstre en uitbranding van werknemers van 'n oproepsentrum
te bepaal en om spesifieke persoonlikheidsfaktore te identifiseer wat as geldige
voorspellers van werknemers van 'n oproepsentrum se vermoë om werkstres en
uitbranding effektief te bestuur, kan dien. Verskeie studies het gefokus op die
verband tussen persoonlikheid, werkstres en uitbranding, maar die Groot Vyf
persoonlikheidsfaktore en veerkragtigheid as voorspellers van werkstres en
uitbranding het nie voldoende aandag geniet nie. Niewaarskynlikheidsteekproefneming
en spesifiek toevallige steekproefneming in 'n
oproepsentrum in Bloemfontein, Suid-Afrika is gebruik. Die betrokke
oproepsentrum is 'n ongebonde, skuldinvorderingsoproepsentrum met kliënte in
Suid-Afrika en aangrensende state. 'n Totaal van 187 werknemers van die
oproepsentrum het aan die studie deelgeneem. Die respondente was
hoofsaaklik swart, vroulik, alleenlopend, Suid-Sotho sprekend, tussen die
ouderdomme 21 tot 25 jaar, beskik oor 'n graad 12-kwalifikasie en het vir minder
as 'n jaar diens. Die meetinstrumente wat in die studie gebruik is, is die
Internasionale Persoonlikheidsitempoel, die Veerkragtigheidskaal, die Maslach
Uitbrandingsvraelys (Menslike diensopname) en die Ervaring van Werk- en
Lewensomstandighede-vraelys. 'n Meerveranderlike stapsgewyse regressieontleding
is as statistieke tegniek gebruik om die resultate te verwerk.
Respondents exhibited a high level of job stress, an average level of emotional
exhaustion, a high level of depersonalization and a low level of personal
accomplishment. Die respondente het 'n hoë vlak van werkstres, 'n gemiddelde vlak van emosionele uitputting, en hoë vlak van depersonalisasie en en lae vlak
van persoonlike prestasie getoon. en Beduidende lineêre verband is gevind
tussen spesifieke Groot Vyf persoonlikheidsfaktore en werkstres, naamlik
emosionele stabiliteit en openheid tot ervaring. enBeduidende lineêre verband is
ook identifiseer tussen pligsgetrouheid en sekere dimensies van uitbranding,
naamlik emosionele uitputting en depersonalisasie. Veerkragtigheid en meer
spesifiek aanvaarding van self en die lewe is geïdentifiseer as en geldige
voorspeller van depersonalisasie, endimensie van uitbranding. Pligsgetrouheid,
inskiklikheid en veerkragtigheid is geïdentifiseer as geldige voorspellers van
persoonlike prestasie, en dimensie van uitbranding. Toekomstige navorsing in
hierdie verband moet gedoen word met enmeer verteenwoordigende steekproef
van oproepsentra in Suid-Afrika sodat die resultate na oproepsentra oor die
algemeen veralgemeen kan word. Die persoonlikheidsfaktore wat in hierdie
studie as geldige voorspellers van die doeltreffende bestuur van werkstres en
uitbranding geïdentifiseer is, kan kan gebruik word vir keurings- en
opleidingsdoeleindes in oproepsentra.
Description
Dissertation (M.Soc.Sc. (Industrial Psychology))--University of the Free State, 2009