Psychological factors as predictors of employees' attitudes towards work place safety in a public electricity company in South Africa
Loading...
Files
Date
Authors
Steyn, Leon Johan
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
University of the Free State
Abstract
Showing abstract in Afrikaans
Afrikaans: Die verhouding tussen individuele verskille en die oorsaak van werksplek
insidente/ongelukke insluitend voertuigongelukke word reeds vanaf die jaar 1917 nagevors.
Internasionaal word hierdie verskynsel steeds as 'n kritiese agenda vir navorsing in die 21ste
eeu beskou. Benewens dit, is daar reeds ondersoek na 'n wye reeks latente of waarneembare
individuele (bv. intelligensie, persoonlikheid, stres) en organisatoriese (bv.
leierskapondersteuning, veiligheidskultuur, werkstevredenheid) veranderlikes as voorspellers
vir die oorsake waarom werknemers by riskogedrag betrokke raak gedoen. Houdings teenoor
werksplekveiligheid is in ander dele van die wêreld 'n weldeurdagte navorsingsverskynsel.
Daarbenewens, kon geen vorige navorsing in Suid-Afrika wat 'n proses van 'n kombinasie
van psigologiese faktore wat verband hou met werknemers se houding teenoor
werksplekveiligheid gevind word nie. Die studie het die invloed van psigologiese faktore op
houdings teenoor werksplekveiligheid verken. Die doel van die studie was tweeledig,
eerstens om vas te stelof 'n statistiese betekenisvolle verband tussen die voorspeller- en
kriterium veranderlikes bestaan, en tweedens deur middel van gedeeltelike minste vierkantige
modellering "Path Least Square Modelling" te bepaal of 'n werknemer se houding teenoor
werksplekveiligheid deur psigologiese faktore beinvloed kan word. Intelligensie,
persoonlikheid, uitbranding, werksbegeestering, en koherensiesin was as die voorspellerveranderlikes
en veiligheid van bewussyn (veiligheidbeheer, risikovermyding,
strestoleransie), voertuigbestuurder houding, en oriëntasie teenoor kwaliteit wat houdings
teenoor werksplekveiligehid beinvloed, was as die kriterium veranderlikes in die studie
gebruik. Uit die literatuur, het die studie 'n logiese volgorde wat die interverwantskap tussen
die psigologiese faktore en hul verwanskap met veiligheid van bewussyn, voertuigbestuurder
houding, en oriëntasie teenoor kwaliteit voorgestel. Om die geldigheid van die proses te
bepaal, het die studie van 'n groep proefpersone wat tussen 2006 en 2008 in 'n werksplek
insident/ongeluk of voertuig ongeluk betrokke was gebruik gemaak. 'n Groep van 279
werknemers in diens van 'n 'n publieke elektrisiteitsorganisasie in Suid Afrika, het aan die
studie deelgeneem. Beide opname- en statistiese modelleringsmetodiek was gebruik.
Gestandardiseerde vraelyste was gebruik om die verskillende psigologiese en
veiligheidshoudings veranderlikes te meet. Die berekenings en geldigheidsontleding van die
meetinstrumente wat intelligensie en persoonlikheid meet was deur die diensverskaffers
bereken. Die studie het van verklarende faktorontleding gebruik gemaak om die toepaslikheid
van die faktorstruktuur van die uitbranding, werksbegeestering, koherensiesin, en
veiligheidhoudings konstrukte op die steekproef te bepaal. Die voorge telde faktorstruktuur
van die meetinstrumente was deur bevestigende faktor ontleding bevestig met aanvaarbare
passing statistiek. Hipotese I was deur korrela ie ontleding bevestig wat aangedui het dat
daar wel 'n statistiese betekenisvolle verband tu en die verskillende veranderlikes bestaan.
Verder het die resultate van die regressieontleding aangedui dat 9 psigologiese faktore 67%
van die variansie op veiligheid van bewussyn voorspel het, 5 psigologiese faktore 53% van
die variansie op voertuigbestuurder houding voorspel het, en 7 psigologiese faktore 35% van
die variansie op oriëntasie teenoor kwaliteit voorspel het. Daar was van die minste
vierkantige modellering "Path Least Square Modelling" benadering gebruik gemaak om die
betroubaarheid van die psigologiese en veiligheidshoudingsfaktore wat in die meetingsmodel
(buite model) ingesluit was te bereken, asook met die evaluering van die teoretiese model
(binne model). Aanvaarbare passingsstatistiek was verkry wat die rigting aangedui het vir die
evaluering van die teoretiese model. Tydens die evaluering van die verwantskappe tussen die
latente konstrukte van die teoretiese model was die volgende statistiese betekenisvolle
padkoeffisiënte verkry (I) intelligensie en voertuigbestuurder houding, (2) persoonlikheid en
uitbranding, (3) persoonlikheid en koherensiesin, (4) persoonlikheid en veiligheid van
bewussyn, (5) koherensiesin en uitbranding, (6) koherensiesin en werk begeestering, (7)
koherensiesin en oriëntasie teenoor kwaliteit, (8) voertuigbestuurder houding en veiligheid
van bewussyn, en (9) oriëntasie teenoor kwaliteit en veiligheid van bewussyn. Van groot
waarde was dat slegs intelligensie, persoonlikheid en koherensiesin die proefpersone e
houding teenoor werksplekveiliheid betekenisvol beinvloed het. Per oonlikheid en 'n sterker
koheresiesin het die effek op uitbranding gemodereer, terwyl kohere iesin 'n positiewe
uitwerking op werksbegeestering getoon het. Die padverwantskap tussen die
veiligheidhoudingskonstrukte met uitbranding en werksbegeestering was nie betekenisvol
nie. Die studie het voorgestel dat die teoretiese model verder verfyn moet word asook die
toetsing van die modelop 'n groter steekproef.
Description
Thesis (Ph.D. (Industrial Psychology))--University of the Free State, 2010
Keywords
Intelligence, Personality, Burnout, Work engagement, Sense of coherence, Attitude, Safety consciousness, Driver attitude, Quality orientation, Work place safety, Partial least squares, Electrical industries -- South Africa -- Safety measures, Electricity -- South Africa -- Safety measures, Electric industry workers -- South Africa -- Psychology, Work environment -- South Africa -- Psychological aspects, Job stress -- South Africa, Risk perception -- South Africa