Persoonlikheidsverskille tussen manlike entrepreneurs van verskillende kultuurgroepe
Loading...
Files
Date
Authors
Miles, Lezel
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
University of the Free State
Abstract
Showing abstract in Afrikaans
Afrikaans: Suid-Afrika bevind horn in 'n greep van ekonomiese stagnasie. Die formele sektor is
nie in staat om voldoende werksgeleenthede te skep nie. Dit kan onder andere
toegeskryf word aan verstedeliking, oorbevolking en rasionalisering. Ter wille van
oorlewing word die groat aantal werklose Suid-Afrikaners dus verplig om hulle eie
werksgeleenthede te skep en is entrepreneurskap aan die orde van die dag.
Van vroeg af is pogings aangewend om faktore te identifiseer wat van 'n persoon 'n
suksesvolle entrepreneur maak. Teoretici het, nadat verskeie studies onderneem is
oor die eienskappe van entrepreneurs, tot die gevolgtrekking gekom dat daar nie
voorsiening gemaak is vir die bestaan van persoonlikheidsverskille tussen swart en
wit entrepreneurs in Suid-Afrika nie.
Een van die opvallendste kenmerke van die Suid-Afrikaanse bevolking is sy
diversiteit. Oink byvoorbeeld aan opvoedkundige vlakke en die verspreiding van
welvaart. Die vraag ontstaan ook of entrepreneurs uit verskillende kultuurgroepe
verskillende persoonlikheidsprofiele sal he. Arnerikaanse studies kon duidelike
persoonlikheidsverskille tussen swart en wit Arnerikaanse manlike entrepreneurs
identifiseer.
Die swartes in Suid Afrika - voorheen verstoke van voorregte - se omgewingskonteks
verskil radikaal van die van die sogenaamde swart Arnerikaanse Negers. In die lig
hiervan is dit soveel waarskynliker dat die Suid-Afrikaanse swart en wit manlike entrepreneurs, met hulle uiteenlopende agtergronde, se persoonlikhede sal verskil.
Daarom was die doel van die studie om te bepaal of daar beduidende verskille
identifiseerbaar is ten opsigte van die persoonlikheidsfaktore van swart en wit
manlike entrepreneurs in Suid-Afrika.
Entrepreneurskap is nie 'n eenvoudige gebeurtenis nie, maar 'n dinamiese proses wat
voortdurend plaasvind en op die lang termyn gerig is. Omdat entrepreneurs egter in
interaksie met hul omgewing is, is daar in die literatuuroorsig ook gefokus op die
invloed wat eksterne faktore op entrepreneurs het. Meer spesifiek is aandag geskenk
aan hulle agtergrondfaktore, ekonomiese omgewing, sowel as politieke, tegnologiese
en maatskaplike fak"tore. Dit blyk uit die literatuur dat mense met 'n soortgelyke
agtergrond soortgelyke eienskappe sal openbaar. Hierdeur word dit moontlik gemaak
om entrepreneuriese persoonlikheidseienskappe te voorspel.
Na aanleiding van vorige empiriese bevindinge is dominante kenmerke gei:dentifiseer
wat met suksesvolle entrepreneurs geassosieer is. Dit is naamlik dryfkrag,
deursettingsvermoe, 'n begeerte om te presteer, doelgerigtheid, kreatiwiteit en
verbeeldingrykheid, bereidwilligheid om berekende risiko' s te neem, selfvertroue,
integriteit, 'n interne lokus van beheer, 'n onafhanklikheidstrewe en ander eienskappe
soos tydsbestuur en selfkennis.
Die begrip "persoonlikheid" is vanuit die kader van die persoonsgeorienteerde
denkrigting beskryf, aangesien dit uitgeloop het op die faktoranalitiese teorie. Met
behulp van hierdie teoretiese kader kan persoonlikheid m basiese
persoonlikheidsfaktore opgedeel word en persone dan m terme van die faktore beskryf word.
Description
Dissertation (M.P.L. (Industrial Psychology))—University of the Free State, 2000