Geslagsverskille in persoonlikheid, prestasiemotivering en loopbaanankers by entrepreneurs
Loading...
Files
Date
Authors
O'Neil, John Wesley
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
University of the Free State
Abstract
Showing abstract in Afrikaans
Afrikaans: In die laat sestiger-jare het die Suid-Afrikaanse ekonomie begin
stagneer en die agteruitgang het voortgeduur tot vandag. Sedert die
middel-sewentigs het die ekonomie in die VSA beweeg van 'n
"bestuursekonornie" na 'n "entrepreneursekonomie" . Die totale aantal
poste in die VSA het in die dekade van 1974 tot 1984 met 24 miljoen
gegroei. Sedert die 1960's het werkskepping en ekonomiese groei
verskuif van die groot vervaardigingsektor na die medium- en kleinsakesektor.
Klein ondernemings omvat ongeveer 75% van die
Japannese en 50% van die Amerikaanse ekonomie. In Suid-Afrika het
die regering op alle vlakke van die ekonomie ingemeng, tot die verlies
van die totale ekonomie. Selfs die blanke bevolking is so beïnvloed
deur die idee van die "Totale Aanslag" en die afweer daarvan, dat min
of geen aandag geskenk is aan die ontwikkeling van klein
ondernemings of entrepreneurs.
Volgens verskeie outeurs is entrepreneurskap egter 'n komplekse
begrip en pogings om aan die hand van die psigologiese eienskappe .
van die entrepreneur die begrip te verstaan, het die begrip nog meer'
kompleks gemaak. Volgens die literatuur is dit ook duidelik dat daar
nie ooreenstemming is oor die psigologiese eienskappe van die
entrepreneur nie en selfs nie eens oor wat entrepreneurskap is nie. Dit
kan duidelik gesien word uit die gebrek aan navorsing oor vroulike
entrepreneurs asook die psigologiese eienskappe van vroulike
entrepreneurs. Slegs deur navorsing kan entrepreneurskap asook die
eienskappe van die entrepreneur beter verstaan word. Sodoende kan
die psigologiese eienskappe van entrepreneurs asook die regte klimaat
vir entrepreneurskap beter ontwikkel word,
Uit die literatuur is dit ook duidelik dat die identifisering van
psigologiese eienskappe van manlike en vroulike entrepreneurs baie
belangrik is vir voorspelling van entrepreneurspotensiaal en die
ontwikkeling van die eienskappe by nie-entrepreneurs of toekomstige
en trepreneurs.
In dié studie is daar gevolglik gepoog om 'n vergelyking te tref tussen
manlike en vroulike entrepreneurs om te bepaal of daar enige
statisties beduidende verskille bestaan tussen die twee geslagte t.O.V.
persoonlikheid, prestasiemotivering en loopbaanoriëntasies.
In die literatuurstudie is aandag geskenk aan entrepreneurskap asook
die sosiale en psigologiese eienskappe van entrepreneurs,
persoonlikheid, prestasiemotivering en loopbaanoriëntasies. In elke
hoofstuk van die literatuurstudie is daar gepoog om so 'n wye
teoretiese agtergrond as moontlik weer te gee asook om telkens die
verband aan te toon tussen manlike en vroulike entrepreneurs. Daar is in hierdie studie van opnamevraelyste gebruik gemaak om
navorsingsinligting oor die 81 proefpersone in te samel. Meer spesifiek
is van die Loopbaanoriëntasievraelys van Schein (1990), die 16
Persoonlikheidsvraelys (16- PF) van Cattell, die Prestasiemotiveringsvraelys
(PMV)en 'n selfontwikkelde biografiese vraelys gebruik gemaak
om die inligting in te samel. Die statistiese tegnieke, die ongepaarde ttoets
en stapsgewyse diskriminantanalise, is gebruik om die verskille
tussen manlike en vroulike entrepreneurs t.o.V. persoonlikheid,
prestasiemotivering en loopbaanoriëntasies aan te dui.
Daar is bevind dat daar wel statisties beduidende verskille is tussen
manlike en vroulike entrepreneurs t.O.V. persoonlikheid en
loopbaanoriëntasies. Uit die resultate is gevind dat vroulike
entrepreneurs meer geneig is om risiko's te neem as manlike
entrepreneurs. Verder blyk dit dat manlike entrepreneurs statisties
beduidende hoër tellings verkry op die Lewenstylintegrasieloopbaanoriëntasie
as vroulike entrepreneurs. Tog is die oriëntasie een
van die loopbaanoriëntasies wat deur vroulike entrepreneurs verkies
word. Dit blyk verder dat die drie konstrukte naamlik, persoonlikheid"
prestasiemotivering en loopbaanoriëntasies in kombinasie as goeie.
voorspellers dien van groeplidmaatskap van manlike en vroulike
en trepreneurs.
Opsommend blyk dit dat daar wel verskille is tussen manlike en
vroulike entrepreneurs t.O.V. persoonlikheid, prestasiemotivering en
loopbaanoriëntasies. Die verskille is egter nie so groot soos wat dit in
die literatuur blyk te wees nie. Verskeie verskille tussen die resultate
van die studie en data soos dit in die literatuur voorkom is ook
geïdentifiseer, wat verdere navorsing noodsaaklik maak.
Description
Dissertation (M.Soc.Sc. (Industrial Psychology))--University of the Orange Free State, 1999