Perceptions of personnel practitioners in Bloemfontein of the dispute resolution mechanisms of the labour relations Act 66 of 1995
Loading...
Files
Date
Authors
Prince, Boikanyo George
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
University of the Free State
Abstract
Showing abstract in Afrikaans
Afrikaans: Die werkplek in Suid-Afrika is gepolariseerd op grond van ras, hoofsaaklik as gevolg van die
apartheidsbeleid van die verlede. Die gevolglike sosiale, politieke en ekonomiese omgewings het
'n negatiewe organisatoriese kultuur in die algemeen geskep. Dit het gelei tot 'n tekort aan
deelname en vertroue tussen lede van die gemeenskappe sowel as 'n afwesigheid van
groepsidentitiet. Die nuwe regering het dus met 'n transformasieproses begin waarin die
ekonomiese ontwikkeling van die benadeelde swart meerderheid 'n dominante tema in die
politieke heropbou van Suid-Afrika geword het. Dit het die persepsie geskep dat die regering
georganiseerde arbeid begunstig tot die nadeel van besigheid en dat die magsbalans ten gunste van
arbied geswaai het.
Die Wet op Arbeidsverhoudinge Wet 66 van 1995 is in September 1995 goedgekeur en het op
Il November 1996 in working getree. Een van die oogmerke van die Wet is om 'n eenvoudige
geskilbeslegtingsprosedure daar te stel. Die kern van die Wet is die Kommissie vir Versoening,
Mediasie en Arbitrasie (KVMA). Die KVMA en die Arbeidshof IS twee
geskilbeslegtingsinstellings.
Die navorsing het ten doel gehad om vas te stel wat die persepsies van personeelpraktisyns
teenoor die geskikbeslegtingsmeganismes van die Wet was. Die projek het die persepisies van
personeelpraktisyns in Bloemfontein rakende hierdie geskilbeslegtingsmeganismes geëvalueer. Die
spesifieke meganismes wat onder die Wet van toepassings is, is versoening en arbitrasie sowel as
die Arbeidshofprosesse.
Die navorsing was ook daarop gemik om vas te stelofhierdie persepsies op grond van biografiese
aspekte soos ras, bedryf vlak van bestuur, sowel as grootte van die organisasie ens. verskil.
'n Nie-eksperimentele, ondersoekende, verduidelikende beskrywingsontwerp is gebruik. Die
toetspopulasie het bestaan uit personeelpraktisyns in Bloemfontein wat ten minste twee jaar
ondervinding as arbeidsverhoudingepraktisyns het. Die toetsstrategie was geriefstoetsing.
'n Vraelys is gebruik om inligting van die respondente oor aspekte van konsiliasie, arbitrasie, die
Arbeidsverhof en die Arbeidsappélhof in te samel. Beskrywende statistiek is gebruik om die
persepsies van die personeelpraktisyns aangaande die geskilbeslegtingsmeganismes aan te teken.
Die bevindings van hierdie studie het aangedui dat die persepsies van die toetspopulasie gunstig
was en dat daar verskille is (alhoewel nie beduidend nie) volgens bedrywe, vlak van bestuur en
grootte van organisasies, maar nie noodwendig volgens ras nie.
Die studie sluit afmet aanbevelings wat in die algemeen fokus op die bou van verhoudings as 'n
wyse om konflik in die werkplek te verminder en/of uit te skakel. Die werkplek moet verder
getransformeer word as 'n manier om die proses van verhoudings bou aan te moedig. Sodra dit
behaal is, moet 'n prestasieverbeteringsprogram vir die KVMA geïmplementeer word om
prestasietekortkomings te identifiseer en toepaslike opleidingsprogramme moet geselekteer word
om die opleidingsbehooftes van die aangestelde kommissarisse aan te spreek. Indien die
bogemelde nie die geïdentifiseerde probleme aanspreek nie, moet wysigings aan die Wet oorweeg
en ingestel word. Laastens kan die partye uitkontrakteer ten opsigte van die statutêre
geskilbeslegtingsinstellings.
Description
Dissertation (M.Com. (Industrial Psychology))--University of the Free State, 1998