Doctoral Degrees (Public Administration and Management)
Permanent URI for this collection
Browse
Browsing Doctoral Degrees (Public Administration and Management) by Author "Bekker, J. C. O."
Now showing 1 - 8 of 8
Results Per Page
Sort Options
Item Open Access Anastatiese- en transendentale ontleding van administratiewe transformasie binne die raamwerk van Masakhane(University of the Free State, Sep-05) Buys, Willem Frederick; Bekker, J. C. O.Afrikaans: In ‘n veranderende wêreld is transformasie vanaf die vroegste tye aan die mensdom bekend. Daar kan dus geargumenteer word dat die betekenis van die begrip weens d ie bekendheid daarvan, nie verklaar hoef te word nie. ‘n Vraagstuk begin egter reeds by die betekenis van die begrip omdat rolspelers dikwels nie eenstemmig is oor wat met transformasie bedoel word nie. Die doel is dan om die betekenis, asook verskillende benaderings, menings en standpunte oor transformasie uit te lig. Sodoende kan transformasie in perspektief geplaas word. Die begrip is in verskillende soorte kategoriseer om die betekenis daarvan te differensie e r. Die waarde hiervan is dat weerstand teen transformasie nie noodwendig ‘n beginsel saak is nie, maar moontlik is die weerstand teen die soort transformasie of wyse waarvolgens dit toegepas word. Daar behoort ingedagte gehou te word, dat ‘n verband tussen verskillende soorte transformasie kan bestaa n. Daarom behoort die kategorisering van transformasie nie as ‘n rigiede afbakening van soorte transformasie beskou te word nie. M enings en standpunte oor transformasie kan op persepsies berus. D ie betekenis van persepsies word verklaar, weens die impak d aarvan op benaderings tot transformasie. Die doel daarvan is om aan te toon dat persepsies van transformasie nie noodwendig ‘n ware weergawe van die werklikheid is nie. Dit is egter op grond van persepsies dat individue kan reageer en optree en waarop besl uite in terme van transformasie ge baseer kan word. Daarom is dit noodsaaklik om te bepaal wat persepsies beteken asook wat die invloed daarvan op transformasie is. Met ‘n anastatiese benadering word spesifieke fokuspunte uitgelig waarmee transformasie toe paslik vernuwe kan word. In hierdie verband kan die elemente van ‘n anastatiese konsep as ‘n benadering tot transformasie benut word. Die betekenis van anastaties word verklaar en daar word verduidelik waarom ‘n ideale toestand as staties 222 beskou word. D ie veranderende v erhoudings waarin staatsinstellings en die gemeenskap in ‘n transformasieproses herposisioneer word, word ook verduidelik. Die fases van transformasie word binne die raamwerk van ‘n anastatiese benadering verduidelik. S pesifieke elemente van ‘n anastatiese benadering word op grond van die betekenis van anastaties uitgel u g. Daar word deurgaans op hierdie elemente gefokus om in terme daarvan ‘n anastatiese benadering tot transformasie uit een te sit. ‘n Anastatiese benadering wys daarop dat ‘n t ransformasieproses kan vervaag en in die denke van rolspelers vernuwe kan word . Vernuwing kan geskied deur byvoorbeeld op die sin, doel, betekenis en noodsaaklikheid daarvan te fokus. M et behulp van ‘n transendentale benadering word verduidelik waarom be lemmerende grense in denkraamwerke van individue daartoe kan bydra dat die noodsaaklikheid van ‘n gedaanteverandering nie ingesien word nie. Wyses word bespreek waarop hierdie grense oorkom kan word. Daar word aangetoon waarom die benadering op die minderh eid aspekte in ‘n instelling gerig word, wat vir die meerderheid vraagstukke oor institusionele grense verantwoordelik kan wees. ‘n A nastatiese - en transendentale benadering word in wisselwerking met Masakhane vir die realisering van transformasie benade r. Die betekenis daar van word met die Masakhane - veldtog in verband gebring. Dit dien as agtergrond waarom Masakhane in die gestalte van ‘n veldtog vanaf 1995 tot tans. Beide benaderings wys daarop dat vier elemente of kategorieë vanaf Masakhane afgelei kan word. Met hierdie elemente kan spesifiseer word waarom hierdie konsep as noodsaaklik vir die realisering van transformasie beskou word. Die verband daarvan met verwante begrippe soos Ubuntu en Batho Pele word ook uit gel u g. Die aandag word met beide benade rings op uitgangspunte van ‘n wetenskapsidee van die vakwetenskap, Openbare Bestuur gevestig waarop Masakhane gebaseer kan word. Hierdie uitgangspunte bied ‘n alternatiewe benadering waarop laasgenoemde begrip vir die realisering van transformasie benader kan word.Item Open Access The Canada / South Africa Provincial Twinning Project's contribution to strengthening South African provincial governments(University of the Free State, Oct-05) Minja, Lynn Amelia; Bekker, J. C. O.Afrikaans: Vennootskapsooreenkomste word as bestuursinstrumente in die openbare, privaat en vrywilligheidsektore gebruik. Dit is die afgelope jare toenemend aangewend as ‘n meganisme om kapasiteit in die regeringsektor te ontwikkel. Die Kanadese Internasionale Ontwikkelingsagentskap (CIDA) het tussen 2000 en 2004 ‘n soortgelyke vennootskapsooreenkoms, te wete, die Kanada Suid-Afrika Provinsiale Vennootskapsprojek, ten opsigte van regeringsamewerking befonds. Die Instituut vir Publieke Administrasie van Kanada (IPAC) het as die uitvoerende agentskap vir hierdie vennootskapsooreenkoms gedien. Die kantore van die projek was gesetel by die Universiteit van die Vrystaat, Bloemfontein, Suid Afrika en die Staatsdienskommissie, Regina, Saskatchewan, Kanada. Die doel van die projek was om Suid Afrikaanse provinsiale regerings te versterk deur hulle te verbind met Kanadese provinsiale regerings. Die primêre vraag wat in hierdie studie ondersoek is, was dus of die vennootskapsooreenkomste as bestuursinstrumente demokratiese regering in die nuwe Suid Afrikaanse provinsiale regerings kon versterk deur middel van hulpverlening op ‘n vrywillige grondslag deur Kanadese ampsgenote. Die studie het die totale tydsduur van die vennootskapsooreenkoms ingesluit. Kanadese provinsiale regerings het geleenthede gebied aan Suid Afrikaanse provinsiale regerings om ondersoek in te stel na strukture, prosesse en diensleweringsmodelle en het ook met hulle gedeel oor die onderliggende beginsels van en lesse geleer tydens bekendstelling en implementering. Suid Afrikaanse openbare amptenare is die geleentheid gebied om hul Kanadese ampsgenote te evalueer in terme van elemente van hul werk wat ooreenstemmend is. Hulle het die nodige veranderinge in hul werksomgewing ingestel en die nodige leierskap verskaf vir die goedkeuring, verfyning, implementering en voortgesette gebruik van sodanige veranderinge. Elke Suid Afrikaanse provinsie en elke vennootskap het spesifieke resultate wat gedokumenteer is, opgelewer. Van die resultate het verband gehou met aspekte wat met die projek geintegreer is,insluitend geslagsgelykheid, volhoubare ontwikkeling, armoedeverligting en HIV/VIGS. Beleide, programme, metodes en hulpbronne wat deur een provinsie ontwikkel is, is gedeel met, en word tans nog gedeel met ander provinsies sowel as ander Afrika lande. Die resultate het ‘n hoë vlak van volhoubaarheid gehad, want dit is onderskryf deur senior amptenare en verkose politieke ampsdraers, gebaseer op beginsels wat aangepas is vir plaaslike omstandighede en geïnkorporeer is by die regering se agenda sowel as provinsiale begrotings. Teen die einde van die Vennootskapsooreenkomsprojek, het die gedokumenteerde resultate aangedui dat daar wel kapasiteit in die Suid Afrikaanse provinsiale regerings ontwikkel is. Kapasiteit is gebou deur vaardighede te verbeter in terme van individue, groepe binne provinsiale regerings in terme van besluitneming, masjinerie van regering, menslike hulpbronne en programontwikkeling en lewering. Kapasiteit is ontwikkel deur die verkryging en deel van kennis sowel as die toepassing van hierdie kennis. Die leer van nuwe idees en inligting relevant tot mense se provinsies het in elke aktiwiteit plaasgevind in elke provinsie. Kennisdeling en kundigheid het wyd in die werksomgewing voorgekom deur die ontwikkeling van leernetwerke. Prestasiemeting, spesifiek resultaat gebaseerde bestuur, was die instrument wat deur die Venootskapsooreenkomsprojek gebruik is om resultate te identifiseer, te meet en te rapporteer. Hoewel al die deelnemers die meting van prestasie en dokumentering van resultate ondersteun het, is bevind dat die stelsel wat deur die befondsingsagentskap gebruik word rigied en nie koste-effektief is nie. Onduidelikhede in terme van rolverdeling en verantwoordelikhede is ander uitdagings wat ervaar is. Verskeie voorbeelde waar die Vennootskapsooreenkomsprojek aan die geïdentifiseerde beste praktyke voldoen en dit selfs oortref het, is geïdentifiseer. Voorbeelde sluit in die effektiewe gebruik van die vennootskap as instrument, die oordrag van kennis, kapasiteitsontwikkeling, samewerkende vennootskappe, en vrywillige deelname. Die Vennootskapsooreenkomsprojek het hoë vlakke van volhoubaarheid gedemonstreer indien gemeet word aan die kriteria van plaaslike eienaarskap, relevansie, omvattendheid, vennootskappe, skakeling en stabiliteit. Netwerke wat deur middel van die Vennootskapsooreenkomsprojek vasgestel is sowel as dié buite die projek het die deel van gemeenskaplike waardes beklemtoon en het bygedra tot die ontwikkeling van blywende vriendskappe en verhoudinge tussen die Suid Afrikaanse en Kanadese provinsies. Die algemene ervaring van die twee lande met die vennootskapsooreenkoms as instrument was positief. Die vennootskappe het gehelp om die kapasiteit van sentrale agentskappe en lyndepartemente te bou. Dit het staatsamptenare gehelp om kennis en vaardighede te bou wat nodig is vir die ontwikkeling en implementering van beleide en programme, en om die verwagtinge van die publiek en agenda van verkose politieke ampsdraers te bevorder. Hierdie projek het bygedra tot ‘n sterker fondament vir demokratiese provinsiale regering sowel as samewerkende regering.Item Open Access Decentralisation of district health services in the Free State Province(University of the Free State, Jul-12) Motsoari, Motsamai Clement; Sindane, A. M.; Bekker, J. C. O.Experiments with decentralisation began in the late 1970s and continued throughout the 1980s. Decentralisation is regarded as a key element of the primary health care approach. It is initially seen as having important political value that can be used as a means to enhance health service policy. However, in many instances, western donors who believe that because one form of decentralisation works in developed countries, it will also work in the developing world often pursue decentralisation. The challenge facing the South African National Health System and the Free State Health System in particular, is to design a comprehensive programme to redress social and economic injustices brought about by apartheid to the majority of the population to ensure that emphasis is placed on health and not just medical care so that issues relating to socio-economic conditions such as poverty, water and sanitation, and proper housing should be addressed adequately. At present, implementation of the District Health System (DHS) based on primary health care (PHC) approach is provided by the Free State Department of Health (FSDOH) and by local municipalities on an agency basis. The above approach is concerned with keeping people healthy, as it is with caring for them when they become unwell. In an endeavour to address aforementioned challenges, the South African Government of National Unity (GNU) has adopted decentralisation as a model for both governance and management. Decentralised governance is embodied in the Constitution of the Republic of South Africa, 1996, in the form of powers and functions for the three spheres of government. The powers and functions of the local sphere of government bear testimony to the importance of this sphere in particular. The GNU, through its adoption of the Reconstruction and Development Programme (RDP) in 1994, committed itself to the development of a DRS based on PRC approach as enunciated at the Alma Ata conference in 1978. The hypothesis for this study indicated that decentralisation of DRS in the Free State Province will enhance efficiency and equity and thus make local public representatives accountable for services rendered. The hypothesis and research objectives for the study were validated by means of literature review and empirical survey. The thesis outlines the conceptualisation and forms of decentralisation and also draws lessons from the experiences of various countries including Canada, Zambia, Indonesia, and Brazil and highlights the need to approach the formulation and implementation strategies for health sector reforms systematically, rather than importing, uncritically, structural models developed abroad. Political considerations are inherent in any decision made and a political environment limits the extent of decentralisation. Without doubt, the most serious mistake any reformer can make is to assume decentralisation to be a managerial exercise devoid of political cause and consequences. The thesis concludes by presenting analysis and interpretation of research findings while also outlining key recommendations that might be of assistance for identifying an appropriate form for decentralisation of health services.Item Open Access The impact in international volunteer organisations in enhancing public service delivery in Lesotho: the case of the United States Peace Corps(University of the Free State, Nov-11) Lepotho, Clement M.; Bekker, J. C. O.Afrikaans: Openbare dienslewering is een van regeringsbestuur se sleuteldimensies. Voldoende lewering van openbare dienste bly steeds ‘n uitdaging vir nasionale en plaaslike regerings, grootliks weens die regerings se kapasiteittekort om hierdie dienste te voorsien en te volhou. In Lesotho se geval is internasionale vrywilligerorganisasies, soos die Verenigde State se Vredeskorps, genooi om veral te vergoed vir die tekortkomings van menslike hulpbronkapasiteitsbou. In hierdie verhandeling word die uitwerking van die Vredeskorps se organisasie in die verskaffing van openbare dienste in Lesotho ondersoek. Teoretiese perspektiewe oor die geskiedenis van openbare dienslewering en die skakels tussen menslike hulpbronontwikkeling en doeltreffende en voldoende openbare dienslewering word bespreek. Teoretiese perspektiewe oor die Vredeskorpssending, ontwikkelingsbenaderings en projekte word verder aangebied. Empiriese navorsing is gedoen om die persepsies van die Basotho en Vredeskorpsvrywilligers oor die Vredeskorps-organisasie se bydraes tot die versterking van openbare dienslewering in Lesotho uit te lok. ‘n Metodologiese triangulasie, wat persoonlike onderhoude, fokusgroepbyeenkomste en vraelyste behels, is gebruik om die geldigheid en betroubaarheid van die bevindinge te verbeter. Die belangrikste bevindings van die studie is dat menslike hulpbronontwikkeling ontluik as ‘n basiese prioriteit in die strewe na ekonomiese groei en die verbetering van openbare dienslewering. Dit onthul ook dat die internasionale vrywilligersorganisasies, soos die Vredeskorps, betekenisvol tot die bou van menslike hulpbronkapasiteit in Lesotho bydra. Uit hierdie studie is dit egter duidelik dat die menslike hulpbronontwikkeling nie die enigste faktor in die doeltreffende en voldoende implementering van ontwikkelingsprojekte is nie. Die gevolgtrekking is dat die “menslike faktore” uiteindelik die sukseskoers van die ontwikkelingsprojekte bepaal. Die menslike faktore beskryf die eienskappe van individue binne ‘n gemeenskap, soos verantwoordelikheid, toewyding, aanspreeklikheid, motivering en integriteit. Uit hierdie studie is dit duidelik dat ‘n betekenisvolle aantal Basotho voldoende in ‘n verskeidenheid van vaardighede opgelei is, maar steeds ‘n onvoldoende vlak van motivering, verantwoordelikheid en betrokkenheid ten opsigte van die ontwikkelingsprojekte toon. Die gevolg is die mislukking van volhoubare ontwikkelingsprojekte. Die belangrikste gevolgtrekking wat uit hierdie navorsing gemaak word is dat, ten spyte van die tekortkominge wat uit die menslike faktore in projekimplementering spruit, die Vredeskorps-organisasie betekenisvol tot die verbetering van openbare dienslewering in Lesotho bygedra het. Dit is hoofsaaklik die voorsiening van onderrig en opleiding aan die Basotho. Die organisasie is dus selfversekerd om in die toekoms voort te gaan om ontwikkelingsondersteuning aan te bied. Vir groter invloed op die verbetering van die Basotho se lewens, word daar egter aanbeveel dat die Vredeskorps, eerstens, die ontwikkelingsprojekte herstruktureer om dit met dinamiese veranderinge in wêreldwye en plaaslike ontwikkelingsvelde in lyn te bring. Tweedens, moet beide die Vredeskorps en die Basotho self belê in die ontwikkeling van die menslike faktore in die gemeenskap, om volhoubare resultate te genereer. Hierdie ondersoek kan waardevolle inligting verskaf aan die Vredeskorps-organisasie wêreldwyd, ander internasionale vrywilligerorganisasies, en betrokke regerings, ministeries of departemente wat vir openbare dienslewering verantwoordelik is, oor die ontwerp en implementering van programme om lewens in die gemeenskap te verbeter.Item Open Access The impact of the performance management system on accountability in the public service of Lesotho(University of the Free State, Jul-10) Sefali, Francis Tlhopheho; Bekker, J. C. O.Afrikaans: Die konsep van ‘n prestasiebestuurstelsel (PBS) is dinamies en kontroversieel tussen beide openbarebestuur akademici sowel as praktisyns. Dit bestaan uit ‘n verskeidenheid kontekste, vorms en doele soos internasionaal toegepas en waargeneem word. Dit is die moeite werd om te let dat die konsep van PBS relatief nuut in die Openbare Dienste van Lesotho is. Nogtans bestaan die PBS dekades lank internasionaal as ’n administratiewe en bestuurs konsep. Hierdie tesis het gepoog on ondersoek in te stel oor die impak van die PBS op toerekenbaarheid in die Openbare Dienste van Lesotho. As gevolg daarvan is daar gepoog om die PBS te defineer, toerekenbaarheid vas te stel en om ‘n verhouding te vestig tussen die twee konsepte (PBS en toerekenbaarheid). ‘n Proefondervindelike studie is onderneem om die opinies van openbare beamptes oor die verhouding tussen die PBS en toerekenbaarheid te bekom sowel as hulle begrip van die PBS konsep en sy implementering in Lesotho. Die studie het gebruik gemaak van ‘n opmetings metode van wetenskaplike ondersoek. As gevolg daarvan, is vraagstukke versprei aan ‘n statistiese geselekteerde groepie openbare beamptes. Hierdie studie het van ‘n driehoekige aanslag gebruik gemaak waar albei die kwalitewe sowel as kwantitiewe navorsings metodes geimplimenteer is. Nadat die vraagstukke se opmetings saamgevat is en geaniliseer is, is die volgende vasgestel: Eerstens is daar vasgestel dat weens ‘n gebrek aan opleiding, dat die meeste van die openbare beamptes nie die toepassing van die PBS en hulle dagtake verstaan het nie. Tweedens is dit bloot gelê dat daar geen duidelike onderneming deur die Regering van Lesotho was om die PBS behoorlik te implimenteer nie. Derdens het die studie bevind, dat weens ‘n gebrek aan aansporing, die openbare beamptes nie genoegsame motiveering gehad het om die PBS korrek te implimenteer nie. Daar was ook geen duidelike bewys dat die PBS toerekenbaarheid bevorder het in die Openbare Dienste van Lesotho nie. Daarbenewens het die studie die probleem uitgelig van verouderde riglyne, vorms en wetgewing verbonde aan die PBS. Laastens het die studie voorgestel dat die Regerings van Lesotho meer moeite moet doen om die implementering van die PBS op te knap. Hierdie poging moet onder andere fokus op: • Die intensifiseering van PBS opleiding en die praktiese verhouding met toerekenbaarheid. • Die hersiening van PBS dokumente om ingelig te word deur die leerstelling van die Nuwe Openbare Bestuur. • Die herorganiseering van Regeringsinstellings om volledige deel te neem, besit te neem van die toewyding met die implemtering van die PBS. • Fasilitasie van die inleiding van die Prestasie Verwante Betalingsisteem (PVB). Die gevolgtrekking is dat die implementeing van die PBS met minder entoesiasme en toewyding hanteer is en dat dit dus nie geheel deur alle relevante insethouers aanvaar is nie. Die PBS verwante bestuursgereedskap soos strategiese beplanning, werksbeskrywings, werksplanne en prestasie standaarde is nie ten sterkste beklemtoon nie. Die gebrek aan sterk beklemtoning het nie geassisteer met die verheffing van die PBS implementering nie. Die bogenoemde is geidentifiseer as tekortkominge wat daadwerkilke aandag van die Regerings benodig.Item Open Access Implementing integrated strategic plans in Free State municipalities(University of the Free State, Feb-13) Du Plessis, Lyndon Mark; Bekker, J. C. O.Afrikaans: Plaaslike regering in Suid Afrika vorm deel van 'n oorhoofse staatsbestelook bestaande uit nasionale en provinsiale regering. Saam is huloorhoofse doelom die algemene welsyn van die bevolikng te bevorder deur middel van dienslewering en ontwikkelingsinisiatiewe. Vir die doeleinde om dienste te lewer en ontwikkeling te bevorder, is plaaslike regering van besondere belang, omdat dit die regeringsagentskap verteenwoordig met wie landsburgers eerste in kontak kom. Die plaaslike sfeer van regering het fundamentele transformasie ondergaan, beide vanuit 'n politieke sowel as strukturele oogpunt. Addisioneel daartoe dat plaaslike regering demokratiese strukture geword het binne die algehele demokratisering van Suid Afrika, het die benadering tot, asook die strukture van munisipaliteite ook dramaties verander. Munisipaliteite, die organisatoriese eenhede van plaaslike regering, het dus die doelom hierdie "nuwe" doelwitte van plaaslike regering n ate streef binne 'n veranderde omgewing. Een van die besondere veranderinge wat in in die bestuur van munisipaliteite ingestel is, is die gebruik van 'n geïntegreerde strategiese benadering tot organisatoriese beplanning. Dit is gefasiliteer deur wetgewende hervorming wat voorsiening maak vir munisipaliteite om geïntegreerde ontwikkelingsplanne (GOPs) saam te stel, en dit saam met begrotings en prestasiebestuurstelsels te gebruik, om dienslewering en ontwikkeling binne hul areas van jurisdiksie te bevorder. Daarom verwysing na die term geïntegreerde strategiese beplanning. Die instelling van hierdie nuwe stelsel was egeter nie sonder uitdagings, met ontevredenheid oor diensvlakke van munisipaliteite wat deur negatiewe verslagdoening deur verskeie openbare rolspelers uitgespreek is, sowel as deur plaaslike gemeenskappe wat hulontevredenheid deur protesaksie begin illustreer het. 'n Kritiese vraag sentreer daarom rondom waarom daar so 'n hoë vlak van ontevredenheid oor munisipale dienslewering is, ten spyte van wetgewende maatreëls om verbeterde munisipale beplanning te bevorder. Hierdie tesis het daarom ondersoek ingestel na die implementering van geïntegreerde strategiese planne in munisipaliteite in die Vrystaat om vas te stel watter tipiese faktore bygedra het tot die onvermoë van munisipaliteite om sulke planne te implementer. Aanbevelings, op grond van die empiriese en literatuurnavorsing, is voorts verskaf, met die oog daarop om die huidige stand van sake te verbeter, in die Vrystaat, maar ook in die res van Suid Afrika.Item Open Access A political alliance in governance in the Republic of South Africa(University of the Free State, Mar-00) Moshabesha, Mokopane; Bekker, J. C. O.; Wessels, D. P.Abstract not availableItem Open Access Poverty reduction policies in Lesotho: the case of self-help projects(University of the Free State, Nov-11) Ralebese, Halieo Laurentina; Sindane, A. M.; Bekker, J. C. O.Afrikaans: Lesotho is sedert sy onafhanklikheidswording in 1966 in ‘n stryd teen armoede gewikkel. Inisiatiewe om armoede te verlig sluit ‘n verskeidenheid strategieë in, onder andere selfhelpprojekte. Die doel van die selfhelpprojekte is veral om armoede in plattelandse gebiede te verminder, waar die meerderheid van die armes woon. Ten spyte van die wye toepassing van hierdie projekte, is daar bewyse dat armoede in Lesotho in beide absolute en relatiewe terme toeneem. Hierdie studie fokus op die prestasie van die selfhelpprojekte en voer aan dat die selfhelpprojekte nie armoede verlig nie, aangesien dit, wat betref die ontwerp en implementering, nie doeltreffend is nie. Die studie het spesifiek probeer om die volgende te bepaal: - of die selfhelpprojekte in Lesotho tot die verligting van armoede in staat is, en - of die politieke dominansie van selfhelpvraagstukke die verligting van armoede verhinder. Die studie gebruik twee benaderings om die navorsingsvrae aan te spreek, naamlik ‘n literêre ondersoek en ‘n empiriese ondersoek. Die literêre ondersoek het ‘n teoretiese analise van armoede-verligtingsbeleide, -programme en -strategieë in Lesotho behels. Hiervoor is regeringsdokumente asook verslae deur skenkingsagentskappe gebruik. ‘n Analise van die beleidsmakingsproses in Lesotho is verder onderneem om te bepaal wat die omvang is van die beleidproses se uitwerking op die armoede verligtingsbeleide, insluitend selfhelp-projekte. Op empiriese vlak is ‘n opname gedoen oor die deelnemers in die selfhelprojekte, asook oor die betrokke regeringsamptenare in die administrasie van selfhelpaktiwiteite. Data is deur middel van persoonlike onderhoude ingesamel. Bewyse uit die twee benaderings suggereer dat politieke ontwikkelinge met 'n fokus op armoede verligting, grootliks verpolitiseerd is. Sulke aktiwiteite word deur direkte en intense betrokkenheid van selfsugtige politieke figure gekenmerk. Affiliasie met die regerende party is meer as dikwels 'n vereiste vir mense om aan ontwikkelingsbedrywighede deel te neem. Deur hierdie praktyk word baie mense wat in nood verkeer, uitgesluit. Daar is ook vasgestel dat die selfhelpprojek-ontwerp defektief is, aangesien dit baie min voordele bied wat nie die lewens van die bevoordeeldes op ‘n volhoubare basis ondersteun nie. Die implementering van die projekte word verder gepolitiseer, deur dit in instrumente te verander om politieke belange te verbeter. Weens hierdie redes het die projekte daarin misluk om armoede in die plattelandse gebiede te verminder. Die verhandeling verduidelik derhalwe die aard en inhoud van die selfhelpprojekte in Lesotho, bepaal die reders vir mislukking van die selfhelpprojekte as instrumente vir armoedeverligting, en doen voorstelle daaroor aan die hand.