Doctoral Degrees (Public Administration and Management)
Permanent URI for this collection
Browse
Browsing Doctoral Degrees (Public Administration and Management) by Advisor "Van Straaten, F. P."
Now showing 1 - 3 of 3
Results Per Page
Sort Options
Item Open Access Finansiële beheer en verantwoording by plaaslike owerhede in Suid-Afrika(University of the Free State, Nov-07) Laubscher, Laetitia Hendrina; Van Straaten, F. P.; Kroukamp, H. J.Afrikaans: Munisipaliteite in die Republiek van Suid-Afrika verkeer tans onder druk weens beweringe oor gebrekkige finansiële beheer en verantwoording wat aanleiding gee tot omvangryke korrupsie en finansiële wanbestuur met nadelige gevolge vir effektiewe en doeltreffende goedere- en dienslewering aan die ingesetenes. Derhalwe is dit van kardinale belang dat indringende aandag aan die bewerkstelliging van effektiewe en doeltreffende finansiële beheer en verantwoording by munisipaliteite geskenk sal word. Finansiële beheer en verantwoording is beslis een van die belangrikste faktore wat die sukses of mislukking van plaaslike regering in die Republiek van Suid-Afrika kan bepaal. Finansiële beheer en verantwoording dien as belangrike boustene vir ‘n demokrasie wat op effektiewe en doeltreffende munisipale regering en administrasie aanspraak wil maak. Finansiële beheer impliseer dat, op ‘n volgehoue wyse, ‘n wakende oog gehou moet word oor die wyse waarop geld bestee gaan word, bestee word en bestee is, met die oog op verslaggewing deur ‘n munisipale raad aan die ingesetenes van die betrokke dorp of stad. Om in staat te wees om rekenskap aan die ingesetenes te gee oor die handelinge van munisipale funksionarisse, is dit van kardinale belang dat ‘n raad voortreflike beheer oor die werksaamhede van die amptenare moet uitoefen. Voortreflike finansiële beheer en verantwoording sal bydra om ‘n positiewe gees van vertroue by die ingesetenes van ‘n dorp of stad tot gevolg te hê. Verantwoording dui inderdaad op ‘n verantwoordelikheid wat deur almal wat gesag uitoefen, aanvaar moet word. Dit impliseer dat rekenskap gegee moet word vir die wyse waarop die verantwoordelikheid wat opgelê is, aan uitvoering gegee word. Finansiële beheer en verantwoording by munisipaliteite het as vername doelstelling rekenskapgewing oor die besteding van geld in die openbaar. Die belastingbetaler moet byvoorbeeld in staat gestel word om te kan bepaal of die geld wat by wyse van begroting beskikbaar gestel is vir daardie doeleindes aangewend is en of die voortsetting van bepaalde goedere- en dienslewering in die lig van die skaarsheid van geld en die kompleksiteit van die behoeftes wat daarmee gepaard gaan, nog geregverdigd is. Statutêre finansiële beheer op plaaslike regeringsvlak bestaan uit twee komponente, te wete ‘n eksterne komponent (voorbereiding van begrotings; beheer oor lenings, besteding, inkomste en eksterne ouditering) en ‘n interne komponent (interne ouditering, verslaggewing, etiese gedragskodes en finansiële regulasies) waardeur bepaal kan word of geld vir goedgekeurde programme doeltreffend en effektief gespandeer word en of die plaaslike gemeenskap waarde-vir- geld vir hulle bydraes ontvang. Verskeie vraagstukke bemoeilik egter tans die uitoefening van effektiewe en doeltreffende finansiële beheer en verantwoording by munisipaliteite in die Republiek van Suid-Afrika. Hierdie vraagstukke sluit onder meer ‘n gebrek aan kundigheid, onvermoë om agterstallige skulde in te vorder, omvangryke korrupsie en buitensporige salarisse en bonusse in. Om hierdie vraagstukke te oorbrug, is dit noodsaaklik om as basiese vertrekpunt bepaalde etiese norme en waardes daar te stel. Etiek hou verband met die beoordeling van bepaalde vorme van menslike gedrag of besluite om te bepaal of dit wat onderneem word of wil word, reg of verkeerd, goed of sleg of aanvaarbaar of onaanvaarbaar vir die ingesetenes van die betrokke dorp of stad sal wees. Etiese gedrag en die vasklewing aan waardes kan munisipale raadslede en amptenare ontmoedig om by korrupte aktiwiteite by munisipaliteite betrokke te raak. ‘n Nuwe positiewe verwikkeling op plaaslike regeringsvlak in die Republiek van Suid-Afrika is die implementering van Munisipale Openbare Rekeninge Komitees in Gautengse munisipaliteite ten einde aanspreeklikheid op plaaslike regeringsvlak te kan afdwing. ‘n Munisipale Openbare Rekeninge Komitee is ‘n komitee van ‘n munisipale raad wat deur ‘n munisipale raad aangestel word om finansiële aangeleenthede te ondersoek en aan die raad oor hulle bevindinge verslag te doen. Die media kan ook ‘n noodsaaklike rol vervul in die funksies van hierdie komitee(s), aangesien hulle die ingesetenes op hoogte moet hou oor aangeleenthede wat deur die komitee(s) ondersoek word. Die effektiewe en doeltreffende toepassing van finansiële beheermaatreëls en die afdwing van openbare verantwoording kan egter die voorvalle van korrupsie en finansiële wanbestuur by munisipaliteite aansienlik verminder. Dit dien derhalwe as ‘n waarborg vir voortreflike munisipale finansiële bestuur en kan sodoende bydra om die openbare belang te bevorder – die fundamentele doelwit van demokratiese plaaslike regering en bestuur.Item Open Access Strategies for urban land management in the Free State(University of the Free State, May-99) Stapelberg, Henning; Van Straaten, F. P.; Van H Botha, W. J.Afrikaans: Hierdie proefskrif handeloor die bestuur van grond in stedelike gebiede en hoe die huidige situasie van afsonderlike dorpe bestuur kan word om die uiteindelike doelwitte van integrasie en versoenbare gemengde grondgebruike te kan bereik. Nuwe wetgewing wat die spoedige afhandeling van aansoeke en die inkorting van logiese stappe word ook bespreek en voorgestel. Die nuwe wetgewing, die Wet op Ontwikkelingsfasilitering, 1995 (Wet 67 van 1995) word ook deeglik bespreek en die onsekerhede, gebreke en voordele betreffende hierdie wetgewing word ook uitvoerig bespreek. Die huidige situasie van afsonderlike dorpe en die probleme wat daarmee ondervind word kry ook aandag en dit beweeg na 'n ge-integreerde beplannings sisteem waar nie net beplanning ge-integreer word, maar die hele aanslag van beplanning behoort ge-integreerd te wees. Dit beteken dat beplanning nie in isolasie gedoen kan word, maar dat In multi-fasset aanslag verlang word wat al die dissiplines insluit wat direk of indirek betrokke kan wees. Verkeer, infrastruktuur, dienste, die ekonomie, sosiale aspekte, beplanning en die omgewing moet ook aangespreek word. Wat beklemtoon word, is dat grondgebruik en ontwikkeling In hele spektrum van ander elemente be-invloed terwyl hierdie elemente ook die grondgebruik be-invloed. Die ideaal sal wees om die beheer van grondgebruik en ontwikkeling op In strategiese wyse te laat plaasvind. AI die elemente moet ook in ag neem die versoenbaarheid met Agenda 21. Dit word algemeen aanvaar dat iets gedoen sal moet word met die integrasie van die verskillende dorpe en ook die afsonderlike sonerings-beheer wat tans van toepassing is. Die regiditeit van dorpsbeplanningskemas sal oak aangespreek moet word en om daarmee te begin moet paslike wetgewing, administratiewe prosedures en beleid daargestel word. Hierdie proefskrif poog om in een van die elemente te voorsien, naamlik die wetgewing. Die navorsing wat gedoen is kan ook as basis dien vir die opstel van struktuurplanne, ontwikkelings doelwitte en die daaropvolgende aanlegskemas om sodoende ontwikkeling te bevorder en ook om al die stedelike gebiede met een kontrole dokument te beheer. Nog 'n aspek van die proefskrif is dat die administratiewe prosesse en prosesse met betrekking tot die Dorperaad en die Ontwikkelings Tribunaalontleed word, asook die aspekte wat betrekking het op alle grondgebruik prosedures. Sommige van die aspekte soos publieke belang en sonerings vir bepaalde gebruike leen hulle daartoe vir verskillende interpretasies en hierdie aspekte is nagevors vanuit 'n stadsbeplanning oogpunt, maar ook veral uit 'n administratiewe oogpunt aangesien hierdie aspekte dikwels voorkom met judisiële tribunale. Verskeie hofsake word ook behandel om rigting te gee aan die grond bestuur. The proefskrif verklaar ook moontlike oplossings in grond bestuur veral wat betref die vinnige urbanisering wat plaasvind, die volhoubaarheid en die voorgestelde nuwe wetgewing vir die Vrystaat. Elke dorp het sy eiesoortige en unieke omstandighede en dit moet in ag geneem word met beplanning aangesien dit ook 'n invloed op die omgewing sal hê. 'n Plaaslike Agenda 21 behoort in plek te wees met die doelom versoenbare ontwikkeling te bevorder en nie te kortwiek. Ontwikkeling wat versoenbaar is met Agenda 21 se vereistes is reeds volhoubare ontwikkeling.Item Open Access Die toepassing van 'n voorsieningsadministrasiestelsel vir openbare hospitaalapteke en mediese depots(University of the Free State, Jun-03) Van Hoeylandt, Rita Oscar Emilie Thomas; Van Straaten, F. P.Afrikaans: Openbare instellings, soos byvoorbeeld hospitale, het hulle ontstaan daaraan dat hulle in die behoefte aan essensiële goedere en gesondheidsdienste vir die handhawing van die algemene welsyn van die gemeenskap in Suid-Afrika moet lewer. Geen gesondheidinstelling kan sonder mediese voorraad funksioneer nie en gevolglik sal sodanige instellings jaarliks ‘n sekere deel van ‘n staat se beperkte fondse by wyse van begroting, vir die aankoop van mediese voorrade moet bestee. Die optimale aanwen-ding van skaars middele en bronne vir die bevrediging van die toenemende behoeftes van die gemeenskap in Suid-Afrika noodsaak die doeltreffende logistieke hantering van mediese voorrade. Die betekenis, omvang en vereistes van voorsieningsadministrasie vir mediese voor-rade is breedvoerig verklaar. Verskillende faktore wat ‘n voorsieningsadministrasie-stelsel by openbare hospitaalapteke en mediese depots noodsaak soos onder andere noodsaaklikheid van opgeleide personeel en bewerkstelliging van gestandaardiseerde metodes en prosedures by voorsieningsadministrasie is uitgelig. Die omvang van voorsieningsadministrasie by mediese depots en hospitaalapteke in die openbare sektor is kompleks van aard. Daar bestaan verskeie funksies en dienste waarby voorsieningsadministrasie van mediese voorrade in die openbare sektor ‘n rol speel. Die omvang van die behoeftes vir mediese voorrade by die openbare sektor is uiteenlopend van aard en verskil van streek tot streek na gelang wat die verskillende siektetoestande soos byvoorbeeld malaria wat gebiedsgebonde is, mag voorkom. Organisatoriese reëlings vir ‘n voorsieningsadministrasiestelsel by openbare hospitaal-apteke en mediese depots word onderneem om goedere en dienste aan pasiënte tydens hulle behandeling, te kan lewer. Die organisatoriese reëlings in provinsies moet sorgvuldig beplan en verdeel word tussen instellings, afdelings en onder funksio-narisse om die doelwit, te wete doeltreffende en effektiewe voorsiening van mediese voorrade aan mediese depots, hospitale en klinieke te kan bewerkstellig. Organisatoriese reëlings word onderverdeel in werkverdeling, delegasie van bevoegd-hede, kommunikasie en koördinering. Daar is gepoog om hierdie organisatoriese reëlings deeglik uit te lig wat noodsaaklik vir ‘n voortreflike voorsienings-administrasiestelsel by openbare hospitaalapteke en mediese depots is. Die koördi-nering van mediese bevoorrading is noodsaaklik omdat daar gefragmenteerde dienslewering in die gesondheidsektor van Suid-Afrika voorkom. Omdat gedefrag-menteerde gesondheidsdienste by provinsies voorkom, verg dit ‘n hoë mate van koördinering van bedrywighede. Aanbevelings is gemaak om die organisatoriese reëlings van mediese bevoorrading by openbare hospitaalapteke en mediese depots meer doeltreffend en effektief te bewerkstellig en te bevorder.