Faktore wat winsgewende groei in klein en mediumgrootte sakeondernemings beïnvloed

Loading...
Thumbnail Image

Date

Authors

Verhoeven, Charlotte Emelda

Journal Title

Journal ISSN

Volume Title

Publisher

University of the Free State

Abstract

Showing abstract in Afrikaans
Afrikaans: Die bestaan van kleinsakesektore bied verskeie voordele aan ekonomiese huishoudings. Die voortbestaan van hierdie sektore kan egter slegs verseker word indien kleinsakeondernernings winsgewend groei en bly voortbestaan. Dit blyk egter dat groei in kleinsakeondernemings 'n proses is wat dikwels onbeheersd plaasvind, met gevolglike negatiewe resultate. Ondernemings wat winsgewend groei, is die uitsondering. Die vraag is dus: Waarom groei sommige ondernemings winsgewend en ander nie? Volgens hierdie studie is winsgewende groei die gevolg van 'n kombinasie van faktore. Die doel van hierdie studie was om te bepaal in watter mate die entrepreneur, geleentheid en hulpbronne winsgewende groei beinvloed. 'n Tweeledige ondersoek, bestaande uit 'n literatuurstudie en 'n empiriese ondersoek, is uitgevoer. Afdeling A omvat hoofstukke 2 tot 5 wat handel oar die teoretiese bespreking van winsgewende groei en die drie bemvloedende faktore daarvan, naamlik die entrepreneur, hulpbronne en geleentheid. Afdeling B bevat die empiriese resultate en gevolgtrekkings van die studie. Winsgewende groei word beskou as die reele toename in winsgewendheid en omset in verhouding tot mekaar oar die lang termyn. Winsgewende groei gee aanleiding tot welvaartverhoging wat die bestaansrede van ondememings is. Winsgewende groei kan egter slegs plaasvind indien goeie geleenthede geidentifiseer word en bestuurs- en hulpbronprobleme voortspruitend uit groei oorbrug word. Goeie geleenthede word deur die volgende gekenrnerk: die geleentheid val binne die vermoe van die ondernerning om dit te benut; die tydsbestek wat die geleentheid bestaan, is lank genoeg om investering te verhaal; 'n werklike behoefte aan die produk bestaan; produkte verskil van mededingers se produkte; min mededinging en substituutprodukte kom voor; bedingingsmag van verskaffers en verbruikers is in die minderheid en toetreehindernisse is oorbrugbaar. 'n Mededingende voordeel verseker winsgewende groei en 'n geskikte mededingende voordeel vir kleinsakeondememings is differensiasiestrategiee. Groeistrategiee wat gebruik kan word om by veranderende omstandighede aan te pas, is intensiewe groei met spesifieke verwysing na produk- en markinnovasie. Bestuursverwante probleme waarmee entrepreneurs gekonfronteer word, is 'n Ieierskapsdilemma; langtermynfokus wat vervaag; kommunikasie wat verswak; toename in onsekerheid onder werknemers; vorming van subgroepe; gebrekkige menslike hulpbronbestuur; toenemende spanning vir die entrepreneur; toenemende rigiditeit; en verandering van die organisasiekultuur. Daarmee saam word entrepreneurs genoodsaak om verskeie aanpassings aan hul eie rol in ondememings te maak. Entrepreneurs speel ook 'n bepalende rol in die ontwikkeling van organisasiestrukture, entrepreneurspanne en ondernemingskulture. Kleinsakeondememings ervaar oor die algemeen kapitaaltekorte. Kontantvloeiprobleme wat een van die vemaamste gevolge van groei is, vererger die kapitaaltekorte. Om finansiele probleme te voorkom, kan entrepreneurs kontantvloei beheer/kontroleer deur middel van kontantvloeistate en kontantverhoudingsgetalle. Verder kan 'n bekostigbare groeikoers vir die ondememing bereken word deur middel van die persentasie-van-verkopemodel en die Boston-model. Entrepreneurs word genoop om van eksterne finansieringsbronne gebruik te maak om groei te finansier, hoewel generering van eie fondse vir groei die mees gewenste altematief is. Finansiering van groei vind egter dikwels deur die gebruikmaking van skuld plaas. Die Iiteratuurstudie is gevolg deur 'n empiriese ondersoek wat uit vier fases bestaan het, naamlik die bepaling van die universum, opstel van die skedule, uitvoer van die ondersoek en verwerking van die data. Gestruktureerde data-insameling, naamlik die persoonlike onderhoude aan die hand van 'n skedule, is gebruik om inligting van die universum (winsgewende groeiende klein en mediumgrootte sakeondernemings in Bloemfontein) te verkry. Beskikbare data is deur middel van variansie-analises en kruistabellering ontleed. Uit die empiriese ondersoek blyk dit dat winsgewende groei 'n bereikbare doelwit vir kleinsakeondememings is. Die identifisering en benutting van 'n goeie geleentheid en die oorkoming van bestuurs- en hulpbronprobleme voortspruitend uit die groeiproses het winsgewende groei vir klein en mediumgrootte sakeondememings in verskillende markte, bedrywe en omstandighede, tot gevolg.

Description

Dissertation (M.P.L. (Business Administration))--University of the Orange Free State, 1997

Citation

Endorsement

Review

Supplemented By

Referenced By