Die sendingaktiwiteite van die Ned. Geref. Kerk in die Oranje-Vrystaat tot 1910
Master’s Dissertation Multilingual record · 2 languages
View this record in
Viewing available metadata in English
Abstract
Afrikaans · fallback because the selected language is unavailable
Met hierdie studie is 'n poging aangewend om 'n oorsig te gee van die werk wat die N. G. Kerk in die Oranje-Vrystaat gedurende die periode 1864 tot 1910 ten opsigte van die sending binnelands sowel as buitelands gedoen het. Die binnelandse sending val in twee dele uiteen, naamlik die gemeentelike sending en die sending in Witsieshoek. Die buitelandse sending behels die werk in Noordoos-Rhodesië, wat tot en met 1910 beperk was tot vyf stasies.
Verskeie probleme het opgeduik, want baie oorspronklike dokumente wat op hierdie saak betrekking het, het verlore geraak, veral wat die periode voor en tydens die Tweede Vryheidsoorlog beref. Dit is dan ook die rede waarom so herhaaldelik teruggeval moes word op die Acta Synodi van die N. G. Kerk in die Oranje-Vrystaat en De Fakkel, amptelike orgaan van die Kerk.
Keywords
English
Dissertaion (M.A. (History))--University of the Fee State, 1970 Nederduitse Gereformeerde Kerk -- History Mission of the church -- South Africa -- Free State