Narratiewe pastorale spel en gemarginaliseerde gemeenskappe
Doctoral Thesis
Abstract
Afrikaans
Hierdie studie het die lig gesien na bewuswording van die toenemende onvermoë tot emosionele kommunikasie in gemarginaliseerde gemeenskappe binne praktykgrense. Normaalweg beskik volwassenes oor die vermoë om persoonlike probleme en emosies te kan oordra en verbaal te kommunikeer. Wanneer daar na terapie in gemarginaliseerde gemeenskappe gekyk word, word die volgende verskillende marge in ag geneem: kognitiewe vermoëns, post-traumatiese stresversteuring asook toestande van chroniese stres en die afwesigheid van pastorale hulp in gemeenskappe waar daar ʼn tekort aan finansiële ondersteuning is. Om bogenoemde redes het ek ’n speelse aanslag begin ondersoek – ʼn aanslag waarby mense in gemarginaliseerde gemeenskappe moontlik kon aansluiting vind en die taal van die medenavorsers in hierdie studie kon word. Ook ek kon baatvind by hierdie speltaal wat daartoe gelei het dat hierdie profskrif ‘n outo-etnografiese reis geword het waarin ek myself, ook deur die medenavorsers, van nuuts af kon leer ken. Die fokus is vanuit ʼn bipolêre, deelnemende aanslag op interdissiplinêre vlak uitgebrei. Hierdie aanslag word sterk op luistervaardighede, empatie en toerusting geskoei. Hierdie toerusting en speelse aanslae is via Gestaltteoretiese-, eksistensiële- en filiaalterapievorme op empiriese vlak bestudeer en pragmaties toegepas. Die belangrikheid van die waardeverskil tussen postmoderniteit en postmodernisme is ook in hierdie proses uitgelig. Waar postmoderniteit ʼn kritiese dialoog of ʼn redekritiek met ʼn bepaalde paradigma inhou, verteenwoordig postmodernisme ʼn totale ideologiese en chronologiese wegbreek van die vorige paradigma. Omdat die term postmoderniteit die keuse van die invalshoek verteenwoordig, was hierdie studie dus ʼn poging om verskillende aanslae en paradigmas te herbesoek, af te stof en op geredigeerde wyse op die tafel te plaas. Hierdie studie was nie slegs ʼn navorsingsprojek met ʼn bediening aan die mense in gemarginaliseerde gemeenskappe nie, maar ook met hulle en deur hulle. Die term postmoderniteit bied metodologiese kritiek wat die waarheid en soeke na insiggewendeambisies van konvensionele kwantitatiewe en kwalitatiewe sosiale wetenskappe bevraagteken. Op pragmatiese wyse is die volgende aksies ten doel gestel en uitgevoer: • Om die Gestaltteoretiese spelproses aan te pas om sodoende by die narratiewe terapeutiese benadering inslag te vind en in gemarginaliseerde gemeenskappe gefasiliteer te word. • Om die interdissiplinêre verband tussen narratiewe-, Gestalt-, eksistensiële- en filiaalterapie na te vors, sowel as sistemiese gesinsterapie en kognitiewe gedragsterapie. • Om kreatiwiteit as modus te gebruik en slegs vanuit die narratiewe benadering nuwe spelmetodes te ontwikkel. Die bordspel wat hieruit gebore is, word reeds met vrug gebruik. • Om ʼn basiese stel spelmetodes met bekostigbare speelmateriaal vir pastorale werkers in gemarginaliseerde gemeenskappe beskikbaar te stel. In Hoofstuk 1 word die agtergrond geskets, maar vanaf Hoofstukke 2 tot 6 word met die rigting wat Osmer (2008) in die praktiese teologie voorstel, by die vyfledige agendapunt van Müller (2005) aangesluit. Hierdie agendapunte korreleer met Osmer (2008), Browning (1996), Freedman en Combs (1996) en White en Epston (1990): Outeur Müller (2005) White & Epston (1990) Osmer (2008) Browning (1996) Hoofstuk Noodverhaal Dominante verhaal Die deskriptief- empiriese taak Deskriptiewe beweging 3 Verledeverhaal Probleemgelaaide verhaal Die vertolkende taak Historiese beweging 4 Verduisterde toekomsverhaal Eksternalisering en dekonstruksie Die normatiewe taak Sistematiese beweging 5 Verledeverhaal geherstruktureer Unieke uitkoms Die pragmatiese taak Strategies Pragmatiese beweging 6 Nuwe storie – die verbeelde toekomsverhaal Die uitleef van die nuwe verhaal en toekomstige nuwe uitkomste Die voortleef in die leiding van die Heilige Gees Die etiese bewussyn van ʼn sinvolle lewe
Record information
Authors
Van Schalkwyk, Hester Helena
Publisher
University of the Free State
Advisors
Van den Berg, Jan-Albert
Description
Thesis (D.Th. (Pastoral Care))--University of the Free State, 2024