Die verhouding tussen die Nasionale party en die Suid-Afrikaanse Party, 1924-1929

dc.contributor.advisorVan Schoor, M. C. E.
dc.contributor.authorCoetzer, P. W.
dc.date.accessioned2017-03-28T06:53:11Z
dc.date.available2017-03-28T06:53:11Z
dc.date.issued1975
dc.description.abstractAfrikaans: Die verhouding tussen die Suid-Afrikaanse Party en die Nasionale Party, 1924-1929 is van belang omrede daar tot op die huidige weinig akademiese verhandelings en proefskrifte oor hierdie periode in die Suid-Afrikaanse politieke geskiedenis die lig gesien het. Die tema van dié verhandeling is nie gerig op formele partygeskiedenis, hetsy van die Nasionale Party, Suid-Afrikaanse Party of Arbeidersparty nie. Daar is bloot getrag om aan die hand van die belangrikste politieke gebeurtenisse van dié tyd die verhoudingsituasie tussen die twee grootste partye, die Suid-Afrikaanse- en die Nasionale Party, uit te lig en te ontleed. Soms het velerlei gebeurtenisse en uitlatings 'n betrokke verhoudingsituasie in die hand gewerk en was dit noodsaaklik om die voorafgaande politieke en geskiedkundige agtergrond redelik volledig te skets ten einde die partyverhouding duidelik te belig, en veral omdat hierdie agtergrond nog nie elders wetenskaplik behandel is nie. Hoewel daar vrylik van gepubliseerde en ongepubliseerde bronne-materiaal gebruik gemaak is, is veral argivale bronne en periodieke publikasies geraadpleeg. Groot waarde is aan persoonlike korrespondensie geheg, aangesien briewe dikwels die intiem-persoonlike openbaar. Hier is swaar geleun op stof uit veral die versamelings van J.C. Smuts, J.B.M. Hertzog, E.G. Jansen, C.R. Swart, F.H.P. Creswell en G.S. PreIIer. Min navorsingsprobleme is ondervind, maar dit is tog jammer dat die dokumente-versameling van die prominente politieke figuur uit hierdie tydperk, naamlik dié van die destydse Minister van Binnelandse Sake, dr. D.F. Malan, nie vir navorsing toeganklik is nie. Daar is gepoog om die nuusblaaie en periodieke publikasies wat die twee hoofpartye gesteun het in 'n gebalanseerde verhouding te raadpleeg. Vanweë die omvangryke navorsingsmateriaal is soms probleme met die sintese en selektering van die stof ondervind, aangesien daar soveel bydraende faktore, hetsy in die vorm van gebeurtenisse of uitsprake is, wat In verhoudingsituasie tussen twee partye kon beinvloed het.af
dc.description.sponsorshipRaad vir Geesteswetenskaplike Navorsingen_ZA
dc.identifier.urihttp://hdl.handle.net/11660/6014
dc.language.isoafaf
dc.publisherUniversity of the Free Stateen_ZA
dc.rights.holderUniversity of the Free Stateen_ZA
dc.subjectNational Party (South Africa)en_ZA
dc.subjectSouth African Partyen_ZA
dc.subjectDissertation (M.A. (History))--University of the Free State, 1975en_ZA
dc.titleDie verhouding tussen die Nasionale party en die Suid-Afrikaanse Party, 1924-1929af
dc.typeDissertationen_ZA
Files
Original bundle
Now showing 1 - 1 of 1
Loading...
Thumbnail Image
Name:
CoetzerPW.pdf
Size:
26.49 MB
Format:
Adobe Portable Document Format
License bundle
Now showing 1 - 1 of 1
No Thumbnail Available
Name:
license.txt
Size:
1.76 KB
Format:
Item-specific license agreed upon to submission
Description: