Die verhouding tussen die Nasionale party en die Suid-Afrikaanse Party, 1924-1929
Loading...
Date
1975
Authors
Coetzer, P. W.
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
University of the Free State
Abstract
Afrikaans: Die verhouding tussen die Suid-Afrikaanse Party en die Nasionale
Party, 1924-1929 is van belang omrede daar tot op die huidige
weinig akademiese verhandelings en proefskrifte oor hierdie
periode in die Suid-Afrikaanse politieke geskiedenis die lig
gesien het.
Die tema van dié verhandeling is nie gerig op formele partygeskiedenis,
hetsy van die Nasionale Party, Suid-Afrikaanse Party
of Arbeidersparty nie. Daar is bloot getrag om aan die hand
van die belangrikste politieke gebeurtenisse van dié tyd die verhoudingsituasie
tussen die twee grootste partye, die Suid-Afrikaanse-
en die Nasionale Party, uit te lig en te ontleed. Soms
het velerlei gebeurtenisse en uitlatings 'n betrokke verhoudingsituasie
in die hand gewerk en was dit noodsaaklik om die voorafgaande
politieke en geskiedkundige agtergrond redelik volledig
te skets ten einde die partyverhouding duidelik te belig, en veral omdat
hierdie agtergrond nog nie elders wetenskaplik behandel
is nie.
Hoewel daar vrylik van gepubliseerde en ongepubliseerde bronne-materiaal gebruik gemaak is, is veral argivale bronne en periodieke
publikasies geraadpleeg. Groot waarde is aan persoonlike
korrespondensie geheg, aangesien briewe dikwels die intiem-persoonlike
openbaar. Hier is swaar geleun op stof uit veral die
versamelings van J.C. Smuts, J.B.M. Hertzog, E.G. Jansen, C.R.
Swart, F.H.P. Creswell en G.S. PreIIer.
Min navorsingsprobleme is ondervind, maar dit is tog jammer
dat die dokumente-versameling van die prominente politieke figuur uit hierdie tydperk, naamlik dié van die destydse Minister
van Binnelandse Sake, dr. D.F. Malan, nie vir navorsing toeganklik
is nie.
Daar is gepoog om die nuusblaaie en periodieke publikasies wat
die twee hoofpartye gesteun het in 'n gebalanseerde verhouding
te raadpleeg. Vanweë die omvangryke navorsingsmateriaal is soms
probleme met die sintese en selektering van die stof ondervind,
aangesien daar soveel bydraende faktore, hetsy in die vorm van
gebeurtenisse of uitsprake is, wat In verhoudingsituasie tussen
twee partye kon beinvloed het.
Description
Keywords
National Party (South Africa), South African Party, Dissertation (M.A. (History))--University of the Free State, 1975