'n Vergelyking van die Herbst- en Gesellmetingsinstrumente vir die evaluering van kleuters se ontwikkelingsvlakke
Master’s Dissertation Multilingual record · 2 languages
View this record in
Viewing available metadata in English
Abstract
Afrikaans · fallback because the selected language is unavailable
Jaarliks is daar 'n groot aantal swart skoolbeginners wat nie sub
A. slaag nie. Dit kan toegeskryf word aan die feit dat baie van
die skoolbeginners nie die ontwikkelingstake - wat onderliggend
is aan skoolgereedheid - bemeester het nie. Volgens Herbst
( 1989) ondervind Vrystaatse Sotho-skoolbeginners veral probleme
met voorgrond/agtergrondwaarneming, vormkonstantheid, posisie in
die ruimte, ruimtelike verhoudings, numeriese en kleurkonsepte,
rigtingsin, en toon ook gebrekkige fynmotoriese vaardighede,
asook emosionele onrypheid vir die skoolsi tuasie. Di t is dus
belangrik om die ontwikkelingsvlakke van die kinders te evalueer
ten einde die probleemareas so vroeg as moontlik op te spoor.
Die Herbstinstrument is ontwikkel om spesifieke ontwikkelingsprobleme
wat Sotho-kleuters ondervind, te evalueer. 'n
Validering van die meetinstrument is gedoen deur 'n vergelyking
met die Gesellmeetinstrument wat 'n wyd erkende en gebruikte ontwikkelingsmeetinstrument
is. Ui t die validering het di t geblyk
dat die Herbstmeetinstrument al die konsepte, behalwe die taalkonsep,
ondervang. Die subtoetse wat op taalkonsep betrekking
het in die Gesellmeetinstrument, het egter die kultuurbillikheid
van die meetinstrument benadeel. Hierdie probleem is grootliks
deur die Herbstmeetinstrument ui tgeskakel, maar tersel fdertyd
bestaan daar steeds 'n behoefte aan 'n meetinstrument waarmee 'n meer kultuurbillike evaluering van die taalvermoe van die Sotho-kleuter gedoen kan word. Daar kan dus tot die gevolgtrekking
gekom word dat die Herbstmeetinstrument die Gesellmeetinstrument
sou kon vervang, mits addisionele aandag aan die evaluering van
taalkomponente gegee word.
Keywords
English
Dissertation (M.A. (Psychology))--University Free State, 1992 Preschool tests Children, Black Infants -- Testing Education, Preschool -- South Africa -- Bloemfontein