Die verband tussen adolessente se ervaring van hul gesinsfunksionering en selfkonsep

dc.contributor.advisorWessels, S. J.
dc.contributor.advisorEsterhuyse, K. G. F.
dc.contributor.authorStapelberg, Gertruida C.
dc.date.accessioned2017-05-22T07:07:59Z
dc.date.available2017-05-22T07:07:59Z
dc.date.issued1992-11
dc.description.abstractAfrikaans: Die selfkonsep bepaal tot 'n baie groot mate die wyse waarop die individu sy lewensomstandighede evalueer en deurskou. Die belang van die rol en funksie van die selfkonsep tydens die oorgangsfase vanaf kind tot volwassene, kan dus nooit onderskat word nie. Uit die literatuurstudie blyk dat die ontwikkeling van die adolessent se selfkonsep verband hou met sy gesinsfunksionering. Veranderinge in die funksionering van gesinne oor die afgelope paar dekades, asook in die alledaagse lewensituasie en gedrag van die adolessent, laat egter die vraag ontstaan tot watter mate die funksionering van die gesin steeds 'n impak uitoefen op die adolessent se selfkonsep. Die doel van hierdie navorsingsprojek was dus om vas te stel of daar 'n verband bestaan tussen die wyse waarop adolessente hulle gesin se funksionering ervaar en hul selfkonsep. Die hipotese is gestel dat daar wel 'n verband tussen adolessente se ervaring van hulle gesinsfunksionering en hul selfkonsep bestaan. Die hipotese is ondersoek deur gebruik te maak van 'n ex-post-facto-navorsingsontwerp aangesien die bedoeling nie is om 'n oorsaak-gevolg-verband tussen die veranderlikes bloot te lê nie. Gesinsfunksionering is vir die doel van hierdie ondersoek gedefinieer as die wyse waarop ouers en hulle afhanklike kinders met mekaar in interaksie tree. Vyf aspekte van gesinsfunksionering is uitgelig deur gebruik te maak van bepaalde items op die Biografiese Vraelys, naamlik: - onderlinge - vader se opvoedingspatroon - moeder se opvoedingspatroon - ouers se dissipline - toepassing van reëls deur ouers Die afhanklike veranderlike naamlik selfkonsep, is omskryf as 'n georganiseerde eenheid bestaande uit al die sienings wat 'n individu van sy attribute het, sowel as die ervaring hiervan as positief of negatief. Vir die meting van die selfkonsep is gebruik gemaak van komponent 2 (Eiewaarde) van die Interpersoonlike Verhoudinge Vraelys. Standerd 7-leerlinge van hoërskole in die Oranje-Vrystaat is geneem as proefpersone. By die ontleding van die gegewens is die chi-kwadraattoets van onafhanklikheid gebruik om die moontlike verband wat tussen die genoemde aspekte van gesinsfunksionering en selfkonsep mag bestaan, aan te dui. Uit die resultate van hierdie ontleding was dit duidelik dat die adolessent se belewing van die dissipline van die ouers en die wyse waarop die ouers reëls toepas, beduidend korreleer met die selfkonsep van die adolessent. Onderlinge gesinsverhoudinge, die vader se opvoedingspatroon en die moeder se opvoedingspatroon het egter nie statisties beduidend met die adolessent se selfkondep gekorreleer me. Laasgenoemde resultate stem nie ooreen met bevindinge uit die literatuur nie. Die feit dat die vrae op die Biografiese Vraelys nie die leerlinge die geleentheid bied om bogenoemde items deeglik te evalueer nie, kan as moontlike rede hiervoor aangevoer word. Die ondersoek het nietemin daarin geslaag om aan te toon dat, ten spyte van veranderinge binne die gesin en binne die lewenssituasie van die adolessent, daar steeds 'n verband tussen die adolessent se selfkonsep en sy ervaring van gesinsfunksionering bestaan.af
dc.identifier.urihttp://hdl.handle.net/11660/6262
dc.language.isoafaf
dc.publisherUniversity of the Free Stateen_ZA
dc.rights.holderUniversity of the Free Stateen_ZA
dc.subjectSelf-perceptionen_ZA
dc.subjectDomestic relationsen_ZA
dc.subjectYouth -- Conduct of lifeen_ZA
dc.subjectAdolescenceen_ZA
dc.subjectDissertation (M.Soc.Sc. (Psychology))--University of the Free State, 1992en_ZA
dc.titleDie verband tussen adolessente se ervaring van hul gesinsfunksionering en selfkonsepaf
dc.typeDissertationen_ZA
Files
Original bundle
Now showing 1 - 1 of 1
Loading...
Thumbnail Image
Name:
StapelbergGC.pdf
Size:
6.55 MB
Format:
Adobe Portable Document Format
License bundle
Now showing 1 - 1 of 1
No Thumbnail Available
Name:
license.txt
Size:
1.76 KB
Format:
Item-specific license agreed upon to submission
Description: