Die verband tussen adolessente se ervaring van hul gesinsfunksionering en selfkonsep
Loading...
Date
1992-11
Authors
Stapelberg, Gertruida C.
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
University of the Free State
Abstract
Afrikaans: Die selfkonsep bepaal tot 'n baie groot mate die wyse waarop die individu sy
lewensomstandighede evalueer en deurskou. Die belang van die rol en funksie van
die selfkonsep tydens die oorgangsfase vanaf kind tot volwassene, kan dus nooit
onderskat word nie.
Uit die literatuurstudie blyk dat die ontwikkeling van die adolessent se selfkonsep
verband hou met sy gesinsfunksionering. Veranderinge in die funksionering van
gesinne oor die afgelope paar dekades, asook in die alledaagse lewensituasie en
gedrag van die adolessent, laat egter die vraag ontstaan tot watter mate die
funksionering van die gesin steeds 'n impak uitoefen op die adolessent se
selfkonsep.
Die doel van hierdie navorsingsprojek was dus om vas te stel of daar 'n verband
bestaan tussen die wyse waarop adolessente hulle gesin se funksionering ervaar en
hul selfkonsep. Die hipotese is gestel dat daar wel 'n verband tussen adolessente se
ervaring van hulle gesinsfunksionering en hul selfkonsep bestaan.
Die hipotese is ondersoek deur gebruik te maak van 'n ex-post-facto-navorsingsontwerp
aangesien die bedoeling nie is om 'n oorsaak-gevolg-verband
tussen die veranderlikes bloot te lê nie. Gesinsfunksionering is vir die doel van
hierdie ondersoek gedefinieer as die wyse waarop ouers en hulle afhanklike kinders
met mekaar in interaksie tree. Vyf aspekte van gesinsfunksionering is uitgelig deur
gebruik te maak van bepaalde items op die Biografiese Vraelys, naamlik:
- onderlinge
- vader se opvoedingspatroon
- moeder se opvoedingspatroon
- ouers se dissipline
- toepassing van reëls deur ouers
Die afhanklike veranderlike naamlik selfkonsep, is omskryf as 'n georganiseerde
eenheid bestaande uit al die sienings wat 'n individu van sy attribute het, sowel as
die ervaring hiervan as positief of negatief. Vir die meting van die selfkonsep is
gebruik gemaak van komponent 2 (Eiewaarde) van die Interpersoonlike
Verhoudinge Vraelys. Standerd 7-leerlinge van hoërskole in die Oranje-Vrystaat is
geneem as proefpersone.
By die ontleding van die gegewens is die chi-kwadraattoets van onafhanklikheid
gebruik om die moontlike verband wat tussen die genoemde aspekte van
gesinsfunksionering en selfkonsep mag bestaan, aan te dui.
Uit die resultate van hierdie ontleding was dit duidelik dat die adolessent se
belewing van die dissipline van die ouers en die wyse waarop die ouers reëls toepas,
beduidend korreleer met die selfkonsep van die adolessent. Onderlinge
gesinsverhoudinge, die vader se opvoedingspatroon en die moeder se
opvoedingspatroon het egter nie statisties beduidend met die adolessent se
selfkondep gekorreleer me. Laasgenoemde resultate stem nie ooreen met
bevindinge uit die literatuur nie. Die feit dat die vrae op die Biografiese Vraelys nie
die leerlinge die geleentheid bied om bogenoemde items deeglik te evalueer nie,
kan as moontlike rede hiervoor aangevoer word.
Die ondersoek het nietemin daarin geslaag om aan te toon dat, ten spyte van
veranderinge binne die gesin en binne die lewenssituasie van die adolessent, daar
steeds 'n verband tussen die adolessent se selfkonsep en sy ervaring van
gesinsfunksionering bestaan.
Description
Keywords
Self-perception, Domestic relations, Youth -- Conduct of life, Adolescence, Dissertation (M.Soc.Sc. (Psychology))--University of the Free State, 1992