Die polities-geografiese ontwikkeling van Transkei vanaf 1913 tot 1976
Loading...
Date
1990-12
Authors
Prinsloo, Helena Jacoba
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
University of the Free State
Abstract
English: The political geographical independence of Transkei in 1976 was the
outcome and culmination of the evolutionary interaction between
territory, systems of government and subjects ("people") over a
span of more than three centuries. During this political-geographical
evolution of the subordinate (Transkei), the South
African Government acted as dominant actor which itself traversed
a period of political-geographical interaction and emancipation of
territory, systems of government and subjects.
To·peacefully accommodate non-assimilatory and clashing cultures
(Western vs Third World) in one restricted, delimited space (later
the Republic of South Africa) a unique strategy of spatial
organization, viz of spatial subdivision, and almost total to total
political segregation has been put to the test and brought into
practice by the dominant actor(s), Holland, Britain, South Africa,
for more than three centuries. Especially during the twentieth
century it has become all the more clear to the South African
Government(s), as the dominant actor, that this strategy could
presumably be the best of several political models to solve the
otherwise forced space sharing by cultures of different,
adversative and sometimes implacable social, economic,
perceptional, but especially political aspirations and saturation
levels.
The political-geographical strategies applied by the different
South African Governments during the twentieth century in an
evolutionary fashion, developed the. Transkei from an adjusted
tribal control (amongst others the Bunga system), through directed
but culture-adjusted separate development (a people develops at its
own pace, according to its own norms, urges, needs and perceptions
to its own political geographical goals in its own territory),
through absolute territorial separation and territorial
consolidation with self-government, to a type of tribal-adjusted
democratic independence. To accomplish these strategies, namely
political, economic, social, educational and gradual emancipation
processes were generated and manipulated to attain idealized
government patterns and territorial consolidated spatial patterns.
Internal acceptance by the subordinate actor (Transkei) of these
superimposed strategies and processes gradually eased, resistance
from within the Transkeian Territory crumbled, or was suppressed
within and outside Transkei, or went underground. The selfgoverning
Transkei took its own initiative to request total spatial
disengagement and governmental independence from its once dominant
actor. Transkei became independent on 26 October 1976.
Two malevolent factors which detrimentally influencing
international recognition (acceptance) of Transkeian independence
were citizenship rights and the unyielding resistance. by the OAU
and UN.
Afrikaans: Die politiek-geografiese onafhanklikheid van Transkei in 1976 is die opbrengs en kulminasie van 'n evolusionêre interaksie tussen territorium, bestuurstelsels en onderdane (bevolking) oor die bestek van meer as drie eeue. In hierdie politiek-geografiese evolusie van die onderhorige akteur (Transkei), was die Suid- Afrikaanse Regering die dominante akteur wat self gedurende dié tydvak (soos deur hierdie studie oorspan) ook deur 'n politiekgeografiese interaksionêre ontwikkeling en ontvoogding van territorium, bestuurstelsels en bevolking gegaan het. Om onassimileerbare en botsende kulture (Westers vs Dêrdewêrelds) in een gegewe, begrensde ruimte (later die Republiek van Suid- Afrika) vreedsaam te akkommodeer is 'n besondere strategie van ruimtelike ordening, naamlik van ruimte-onderverdeling en byna volkome tot volkome politieke segregasie deur die dominante akteur(s), Holland, Brittanje, Suid-Afrika, vir meer as drie eeue beproef. Veral in die twintigste eeu het dit vir Suid-Afrika, as dominante akteur, algaande duideliker geword dat hierdie strategie waarskynlik die beste een van etlike staatkundige modelle kon wees om die andersins gedwonge ruimtedeling deur kulture met verskillende, teenstellende en soms onversoenbare sosiale, ekonomiese, persepsie-, maar veral politieke aspirasie- en versadigingsvlakke op te los. Die politiek-geografiese strategieë wat in die twintigste eeu deur verskillende Suid-Afrikaanse regerings gevolg was, het Transkei vanaf aangepaste stambeheer (waaronder stamstelsels en Bungastelsel), deur gerigte maar kultuur-aangepaste afsonderlike ontwikkeling (elke volk ontwikkel teen sy eie tempo volgens sy eie norme, drange, behoeftes, persepsies na sy eie politiek-geografiese doelwitte in sy eie gebied), deur absolute territoriale skeiding en gebiedskonsolidasie met selfregering, tot 'n tipe demokrasie met stamaangepaste onafhanklikheid laat ontwikkel. Om hierdie strategieë te verwenslik is politieke, ekonomiese, sosiale, opvoedings- en geleidelike ontvoogdingsprosesse gegenereer en gemanipuleer om geïdealiseerde bestuurspatrone en gekonsolideerde ruimtelike territoriumpatrone in en vir Transkei te laat realiseer. Interne aanvaarding deur die onderhorige akteur (Transkei) van hierdie gesuperponeerde strategieë en prosesse het metterwoon vergemaklik, weerstand binne die Transkei-territorium het verkrummel, of is binne en buite Transkei onderdruk, of het; ondergronds gegaan. Die selfregerende Transkei het eie inisiatief geneem om vir totale ruimtelike ontkoppeling en bestuursonafhanklikheid van sy eens dominante akteur te versoek. Transkei het op 26 Oktober 1976 onafhanklik geword. Twee meulstene wat internasionale erkenning van onafhanklikheid sou kortwiek, is burgerskapregte onversetlike teenstand deur en van die OAE en VN.

Description
Keywords
Geopolitics -- Transkei, Transkei -- Borders, Political geography, Dissertation (M.A. (Geography))--University of the Free State, 1990