Die vroeë geslagte Grobbelaars van Cyferfontein, Distrik Bethulie, in die suidoos-Vrystaat, 1861-1939

Loading...
Thumbnail Image
Date
2008-11
Authors
Grobbelaar, Paul Marais
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
University of the Free State
Abstract
Afrikaans: Die stamvader, Jan Grobler, is afkomstig van Duitsland en het hom in 1708 aan die Kaap gevestig. Een tak van sy nasate, bekend as die Grobbelaars van Cyferfontein, distrik Bethulie, het hulle teen 1861 op die plaas gevestig. Van toe af het hulle ‘n rol in Bethulie en omstreke gespeel waar hulle aanvanklik slegs as boere bedrywig was. Onder hulle nasate was daar ook predikante van die Nederduits-Gereformeerde Kerk, staatsamptenare, mynwerkers en lede van die Suid-Afrikaanse Weermag. As sodanig het hulle, op grond van hul belewenisse, bepaalde persepsies omtrent historiese prosesse ontwikkel. Hulle reaksie en sienings was egter nie geïsoleerd nie en is dikwels deur die meerderheid in die gemeenskap gedeel. Hierdie tak het tussen 1861 en 1939 ‘n bepaalde rol in die geskiedenis van die Suidoos-Vrystaat gespeel. Op die plaaslike vlak was hulle leiers in die gemeenskap op die terrein van die boerdery en die kerk en het hulle nie gehuiwer om in oorlogstyd die wapen op te neem nie. Tussen 1861 en 1899 het hulle ’n tydperk van opbouende probleme met die Britse imperiale beleid beleef wat hulle deur die Basoeto-oorloë en die omstredenheid met die diamantvelde heen na ’n tydperk van ekonomiese welvaart as burgers van die Vrystaatse modelrepubliek gevoer het. Vanaf 1899 tot 1906 het hulle betrokkenheid by die Anglo-Boereoorlog, met sy negatiewe gevolge, ’n diepgaande rol gespeel in die ontwikkeling van hulle sosio-ekonomiese en politieke bewussyn wat tussen 1906 en 1939 as ’n uiting van die Afrikaner as volk ’n besondere neerslag op kerklike, politieke en kulturele gebied in Suid-Afrika gehad het.
Description
Keywords
South Africa -- Politics and government, South African war, South African War, 1899-1906, South Africa -- Politics and government -- 1899-1906, Thesis (Ph.D. (History))--University of the Free State, 2008
Citation