Die vroeë geslagte Grobbelaars van Cyferfontein, Distrik Bethulie, in die suidoos-Vrystaat, 1861-1939

dc.contributor.advisorBarnard, S. L.
dc.contributor.advisorWessels, A.
dc.contributor.authorGrobbelaar, Paul Marais
dc.date.accessioned2018-07-26T10:55:09Z
dc.date.available2018-07-26T10:55:09Z
dc.date.issued2008-11
dc.description.abstractAfrikaans: Die stamvader, Jan Grobler, is afkomstig van Duitsland en het hom in 1708 aan die Kaap gevestig. Een tak van sy nasate, bekend as die Grobbelaars van Cyferfontein, distrik Bethulie, het hulle teen 1861 op die plaas gevestig. Van toe af het hulle ‘n rol in Bethulie en omstreke gespeel waar hulle aanvanklik slegs as boere bedrywig was. Onder hulle nasate was daar ook predikante van die Nederduits-Gereformeerde Kerk, staatsamptenare, mynwerkers en lede van die Suid-Afrikaanse Weermag. As sodanig het hulle, op grond van hul belewenisse, bepaalde persepsies omtrent historiese prosesse ontwikkel. Hulle reaksie en sienings was egter nie geïsoleerd nie en is dikwels deur die meerderheid in die gemeenskap gedeel. Hierdie tak het tussen 1861 en 1939 ‘n bepaalde rol in die geskiedenis van die Suidoos-Vrystaat gespeel. Op die plaaslike vlak was hulle leiers in die gemeenskap op die terrein van die boerdery en die kerk en het hulle nie gehuiwer om in oorlogstyd die wapen op te neem nie. Tussen 1861 en 1899 het hulle ’n tydperk van opbouende probleme met die Britse imperiale beleid beleef wat hulle deur die Basoeto-oorloë en die omstredenheid met die diamantvelde heen na ’n tydperk van ekonomiese welvaart as burgers van die Vrystaatse modelrepubliek gevoer het. Vanaf 1899 tot 1906 het hulle betrokkenheid by die Anglo-Boereoorlog, met sy negatiewe gevolge, ’n diepgaande rol gespeel in die ontwikkeling van hulle sosio-ekonomiese en politieke bewussyn wat tussen 1906 en 1939 as ’n uiting van die Afrikaner as volk ’n besondere neerslag op kerklike, politieke en kulturele gebied in Suid-Afrika gehad het.en_ZA
dc.identifier.urihttp://hdl.handle.net/11660/8991
dc.language.isoafen_ZA
dc.publisherUniversity of the Free Stateen_ZA
dc.rights.holderUniversity of the Free Stateen_ZA
dc.subjectSouth Africa -- Politics and governmenten_ZA
dc.subjectSouth African waren_ZA
dc.subjectSouth African War, 1899-1906en_ZA
dc.subjectSouth Africa -- Politics and government -- 1899-1906en_ZA
dc.subjectThesis (Ph.D. (History))--University of the Free State, 2008en_ZA
dc.titleDie vroeë geslagte Grobbelaars van Cyferfontein, Distrik Bethulie, in die suidoos-Vrystaat, 1861-1939en_ZA
dc.typeThesisen_ZA
Files
Original bundle
Now showing 1 - 1 of 1
Loading...
Thumbnail Image
Name:
GrobbelaarPM.pdf
Size:
5.14 MB
Format:
Adobe Portable Document Format
License bundle
Now showing 1 - 1 of 1
No Thumbnail Available
Name:
license.txt
Size:
1.76 KB
Format:
Item-specific license agreed upon to submission
Description: