Die geologie in die omgewing van Britstown

Loading...
Thumbnail Image

Date

Authors

Lemmer, William Murray

Journal Title

Journal ISSN

Volume Title

Publisher

University of the Free State

Abstract

Afrikaans: 'n Stratigrafiese kolom is met behulp van geologiese kartering en profiele vir die gebied opgestel. Die twee eenhede van die Ventersdorpgroep kan gekorreleer word met die eenhede in die Bothaville-omgewing. Die nuwe standaard onderverdeling van die Karoosupergroep wat in die gebied gebruik is, verskil van die ou indeling. Paleogeomorfologiese gegewens en primêre strukture toon dat die Dwyka-ysplate in 'n suid-suidoostelike rigting beweeg het. Verskillende afsettingsomgewings soos diep mariene, onderste wegstrand, boonste wegstrand, strandfase, delta-top en kontinentale fluviale omgewings kan in die veld vir die Ecca- en Beaufortgroepe onderskei wrod. Primêre strukture, petrografiese en paleontologiese gegewens dui op 'n diep mariene, beperkte afsettingskom vir die Prins Albertformasie. Die Whitehill- en Tierbergformasies is onder soortgelyke toestande afgeset. Die water het vlakker geword en deltas wat die begin van die Beaufortsedimentasie aandui, het vanuit die suidweste gemigreer. Kontinentale fluviale sedimente is op die sikliese deltaïese sedimente afgeset. Die kontak tussen die Ecca- en Beaufortgroepe is graderend en vir praktiese doeleindes is die basis van die eerste deurlopende sandsteenlaag aan die bokant van die Eccagroep konsekwent as 'n herkenbare en karteerbare eenheid in die veld as kontak geneem. 'n Enkele kimberliet wat nie vantevore beskryf is nie, is gevind. Die verspreiding van kalkreet word beheer deur die topografie en kom net op ou Afrika-oppervlakke voor.

Description

Citation

Endorsement

Review

Supplemented By

Referenced By