Die geologie in die omgewing van Britstown

dc.contributor.authorLemmer, William Murray
dc.date.accessioned2018-02-08T08:56:17Z
dc.date.available2018-02-08T08:56:17Z
dc.date.issued1977
dc.description.abstractAfrikaans: 'n Stratigrafiese kolom is met behulp van geologiese kartering en profiele vir die gebied opgestel. Die twee eenhede van die Ventersdorpgroep kan gekorreleer word met die eenhede in die Bothaville-omgewing. Die nuwe standaard onderverdeling van die Karoosupergroep wat in die gebied gebruik is, verskil van die ou indeling. Paleogeomorfologiese gegewens en primêre strukture toon dat die Dwyka-ysplate in 'n suid-suidoostelike rigting beweeg het. Verskillende afsettingsomgewings soos diep mariene, onderste wegstrand, boonste wegstrand, strandfase, delta-top en kontinentale fluviale omgewings kan in die veld vir die Ecca- en Beaufortgroepe onderskei wrod. Primêre strukture, petrografiese en paleontologiese gegewens dui op 'n diep mariene, beperkte afsettingskom vir die Prins Albertformasie. Die Whitehill- en Tierbergformasies is onder soortgelyke toestande afgeset. Die water het vlakker geword en deltas wat die begin van die Beaufortsedimentasie aandui, het vanuit die suidweste gemigreer. Kontinentale fluviale sedimente is op die sikliese deltaïese sedimente afgeset. Die kontak tussen die Ecca- en Beaufortgroepe is graderend en vir praktiese doeleindes is die basis van die eerste deurlopende sandsteenlaag aan die bokant van die Eccagroep konsekwent as 'n herkenbare en karteerbare eenheid in die veld as kontak geneem. 'n Enkele kimberliet wat nie vantevore beskryf is nie, is gevind. Die verspreiding van kalkreet word beheer deur die topografie en kom net op ou Afrika-oppervlakke voor.en_ZA
dc.description.sponsorshipGeologiese Opname van Suid-Afrikaen_ZA
dc.identifier.urihttp://hdl.handle.net/11660/7787
dc.language.isoafen_ZA
dc.publisherUniversity of the Free Stateen_ZA
dc.rights.holderUniversity of the Free Stateen_ZA
dc.subjectGeology -- South Africa -- Britstownen_ZA
dc.subjectDissertation (M.Sc. (Geology))--University of the Free State, 1977en_ZA
dc.titleDie geologie in die omgewing van Britstownen_ZA
dc.typeDissertationen_ZA
Files
Original bundle
Now showing 1 - 1 of 1
Loading...
Thumbnail Image
Name:
LemmerWM.pdf
Size:
21.93 MB
Format:
Adobe Portable Document Format
License bundle
Now showing 1 - 1 of 1
No Thumbnail Available
Name:
license.txt
Size:
1.76 KB
Format:
Item-specific license agreed upon to submission
Description: