'n Vergelyking van die Herbst- en Gesellmetingsinstrumente vir die evaluering van kleuters se ontwikkelingsvlakke

Loading...
Thumbnail Image
Date
1992-11
Authors
Buys, Cornelia
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
University of the Free State
Abstract
Afrikaans: Jaarliks is daar 'n groot aantal swart skoolbeginners wat nie sub A. slaag nie. Dit kan toegeskryf word aan die feit dat baie van die skoolbeginners nie die ontwikkelingstake - wat onderliggend is aan skoolgereedheid - bemeester het nie. Volgens Herbst ( 1989) ondervind Vrystaatse Sotho-skoolbeginners veral probleme met voorgrond/agtergrondwaarneming, vormkonstantheid, posisie in die ruimte, ruimtelike verhoudings, numeriese en kleurkonsepte, rigtingsin, en toon ook gebrekkige fynmotoriese vaardighede, asook emosionele onrypheid vir die skoolsi tuasie. Di t is dus belangrik om die ontwikkelingsvlakke van die kinders te evalueer ten einde die probleemareas so vroeg as moontlik op te spoor. Die Herbstinstrument is ontwikkel om spesifieke ontwikkelingsprobleme wat Sotho-kleuters ondervind, te evalueer. 'n Validering van die meetinstrument is gedoen deur 'n vergelyking met die Gesellmeetinstrument wat 'n wyd erkende en gebruikte ontwikkelingsmeetinstrument is. Ui t die validering het di t geblyk dat die Herbstmeetinstrument al die konsepte, behalwe die taalkonsep, ondervang. Die subtoetse wat op taalkonsep betrekking het in die Gesellmeetinstrument, het egter die kultuurbillikheid van die meetinstrument benadeel. Hierdie probleem is grootliks deur die Herbstmeetinstrument ui tgeskakel, maar tersel fdertyd bestaan daar steeds 'n behoefte aan 'n meetinstrument waarmee 'n meer kultuurbillike evaluering van die taalvermoe van die Sotho-kleuter gedoen kan word. Daar kan dus tot die gevolgtrekking gekom word dat die Herbstmeetinstrument die Gesellmeetinstrument sou kon vervang, mits addisionele aandag aan die evaluering van taalkomponente gegee word.
Description
Keywords
Dissertation (M.A. (Psychology))--University Free State, 1992, Preschool tests, Children, Black, Infants -- Testing, Education, Preschool -- South Africa -- Bloemfontein
Citation