Show simple item record

dc.contributor.advisordu Plessis, L. T.
dc.contributor.authorSmit, Jacobus Alwyn
dc.date.accessioned2015-09-18T12:41:10Z
dc.date.available2015-09-18T12:41:10Z
dc.date.issued2015-02-02
dc.identifier.urihttp://hdl.handle.net/11660/1242
dc.description.abstractAfrikaans: Hierdie studie handel oor die rol van evaluering in tolkingbeplanning, soos beoordeel op grond van taalbeplanningsbeginsels. Die studie neem die sosiopolitieke taalontwikkelinge en verskuiwende maghebberverhoudinge in ag wanneer tolkingbeplanning in Suid-Afrika bestudeer word. Tolking kan wel ’n doelwit van taalbeplanning wees om interlinguale kommunikasie moontlik te maak. Die taalbeplanningsproses geskied volgens opeenvolgende stappe en hierdie studie beklemtoon dat ’n evalueringstipe saamhang met elke opeenvolgende stap van die proses. Die tolkstudieliteratuur skenk besonder baie aandag aan die bepaling van tolkgehalte, wat meestal terugskouend bepaal word nadat die tolking gelewer is. Weens die benadering vanuit Taalbeplanning, propageer hierdie studie ’n meer omvattende benadering tot evaluering van tolkingbeplanning, deurdat evaluering reeds benut word vandat oorweeg word of ’n tolkdiens tot stand gebring gaan word (konteksevaluering). Wanneer die besluit geneem is dat die tolkdiens nodig is, word evaluering benut om die beplanner te help besluit hoe die diens gestruktureer en bestuur moet word en watter fisiese en menslike hulpbronne nodig is om die tolkdiens doeltreffend te implementeer (insetevaluering). Eers nadat hierdie twee beplanningstappe; gerig deur die toepaslike evalueringstipe, afgehandel is, behoort die tolkdiens geïmplementeer te word. Wanneer implementering plaasgevind het, word geëvalueer of die implementering volgens plan geskied het en of die tolkdiens optimaal funksioneer (prosesevaluering). Aanpassings word aangebring wat die doeltreffendheid van die tolkdiens verbeter. Eers dan word produkevaluering onderneem, wat gehaltebestuur behels. Hierdie studie is metateoreties fenomenologies en modernisties met ’n empiriese kwalitatiewe kollektiewegevallestudiegebaseerde navorsingsontwerp en benut hoofsaaklik telefoniese semigestruktureerde onderhoude en dokumentêre analise om primêre, sowel as sekondêre data te versamel. Die gevallestudies wat bestudeer is, is die tolkdienste van die Parlement van die RSA, Noordwes-Universiteit, landdroshowe in die Suid-Vrystaat en Tshwane Metroraad. Hoewel die vier tolkdienste nie self die vier evalueringstipes onderskei nie, het die studie ondersoek of die betrokke evaluering wel onderneem is. In die meeste gevalle is voorbeelde gevind en beskryf van elk van die vier evalueringstipes wat deur elke betrokke tolkdiens onderneem is. Die uitsondering is by hoftolking waar konteksevaluering en insetevaluering in die oorspronklike vorm nie aangetoon kon word nie, maar hierdie onvermoë bevestig weer die samehang tussen die onderneem van beplanning en ’n evalueringstipe wat met die betrokke beplanningstap saamhang. Hierdie studie brei die oorspronklike siening van insetevaluering as beplanning oor fisiese en menslike hulpbronne uit deur die vul van vakatures as ’n deurlopende vorm van insetevaluering te beskryf. Aanstellings by die Parlement en vir hoftolke word soms gedoen op grond van potensiaal om te tolk en nie op grond van opleiding of bewese vaardigheid nie. Die groei van ’n tolkdiens soos in die geval van die NWU of Tshwane wat die diens ook vir die publiek beskikbaar stel; of die strewe na doeltreffender gehaltebeheer deur meer toesighouers soos in die geval van die Parlement en howe, is dryfvere tot prosesevaluering. Soos wat die teorie beklemtoon, is produkevaluering ook vir die Suid-Afrikaanse tolkdienste van sleutelbelang. Produkevaluering word met of sonder benutting van kriterialyste en klankopnames onderneem. Gebruikers se menings word net deur die NWU doelgerig versamel, waar dit baie tot die geloofwaardigheid van die tolkdiens bydra. Gebruikers wat ontevrede met die diens is, behoort meer en doeltreffender te kla, want klagtes is ’n kragtige instrument tot tolkgehalteverbetering. Wedersydse eksterne evaluering deur tolkdienste onderling kan evalueringsvaardigheid uitbou. Hierdie proefskrif stel die term “tolkingbeplanning” oop vir akademiese oorweging. Dit koppel die oorweging, instel en bedryf van ’n nuwe tolkdiens ook aan toepaslike deurlopende evalueringstipes. Verder beklemtoon die proefskrif dat Tolkstudies kan baat by ’n verruimde beskouing van evaluering.af
dc.language.isoafaf
dc.publisherUniversity of the Free Stateen_ZA
dc.subjectContext evaluationen_ZA
dc.subjectEvaluationen_ZA
dc.subjectInput evaluationen_ZA
dc.subjectInterlingual communicationen_ZA
dc.subjectInterpretationen_ZA
dc.subjectInterpreting planningen_ZA
dc.subjectInterpreting serviceen_ZA
dc.subjectLanguage planningen_ZA
dc.subjectProcess evaluationen_ZA
dc.subjectProduct evaluationen_ZA
dc.subjectTranslating and interpreting -- South Africaen_ZA
dc.subjectLanguage planning -- South Africaen_ZA
dc.subjectThesis (Ph.D. (Language Practice))--University of the Free State, 2015en_ZA
dc.titleDie evaluering van tolkingbeplanning in Suid-Afrika as interlinguale kommunikasie-intervensie aan die hand van taalbeplanningsbeginselsaf
dc.typeThesisen_ZA
dc.rights.holderUniversity of the Free Stateen_ZA


Files in this item

Thumbnail

This item appears in the following Collection(s)

Show simple item record