• Login
    View Item 
    •   KovsieScholar Home
    • Electronic Theses and Dissertations
    • All Electronic Theses and Dissertations
    • View Item
    •   KovsieScholar Home
    • Electronic Theses and Dissertations
    • All Electronic Theses and Dissertations
    • View Item
    JavaScript is disabled for your browser. Some features of this site may not work without it.

    Botswana - 'n studie in internasionale betrekkinge

    Thumbnail
    View/Open
    WolvaardtPJ.pdf (17.77Mb)
    Date
    1968-09
    Author
    Wolvaardt, Pieter Jacobus
    Metadata
    Show full item record
    Abstract
    Afrikaans: Vir 'n geheelbeeld van ons studie is dit nodig om vooraf die dekkingsveld aan te dui. Prinsipieel moet ons besin oor die beginsels wat die internasionale betrekkinge, ook in die tydgenootlike wêreld rig. Ons plaas onsself op die uitgangspunt van 'n maatskapsfiguur. Dit impliseer 'n posisie van neweskikking tussen state sonder 'n permanente gesagstruktuur en met wedersydse erkenning van mekaar se lewensbelange. Hiervolgens sal fasette wat in stryd is met die maatskapsfiguur aangedui moet word. Nadat ons prinsipiële verantwoording gedoen het, is 'n historiese oorsig van die opkoms en totstandkoming van die Protektoraat van Betsjoeanaland nodig, terwyl gelet word in hoeverre die maatskapsgedagte deurwerk in die gesindheid van sowel Engeland as die Boererepublieke teenoor Betsjoeanaland. Ook sal die begrip "protektoraat" in die Volkereg ontleed word, en die verskil tussen 'n protektoraat en kroonkolonie omlyn word. Vervolgends word die verdere verloop van die geskiedenis bestudeer, en veral die verkragting van die beginsels van wedersydse erkenning deur Cecil Rhodes en Jameson wat die maatskapsgedagte in die gebied afgetakel het. Nadat die Unie van Suid-Afrika tot stand gekom het, besien ons die wedywering om oppergesag oor die gebied. Hierdie wedywering behandel ons dan ook enigsins breedvoerig. 'n Vlugtige blik word gewerp op die administratiewe ontwikkeling om die oorskryding van jurisdiksie deur Engeland, en die verkragting van die basis waarop die protektoraat berus, aan te dui. Daar was nie veel erkenning deur Engeland vir dit wat eie is aan die volk van Betsjoeanaland nie. Ook word die maatskapsfiguur negeer. Daarna let ons op die ontwking van 'n nasionalisme en die uiteindelike onafhanklikheid. Vervolgens val die klem op die betrekkinge van Botswana met ander state, terwyl 'n finale bespreking daarvan in die lig van ons studie volg. Deurgaans let ons hoe die maatskapsgedagte in die handelinge van die betrokke lande en verskillende gedagterigtings weerspieël word.
    URI
    http://hdl.handle.net/11660/10906
    Collections
    • All Electronic Theses and Dissertations

    DSpace software copyright © 2002-2016  DuraSpace
    Contact Us | Send Feedback
     

     

    Browse

    All of KovsieScholarCommunities & CollectionsBy Issue DateAuthorsTitlesSubjectsThis CollectionBy Issue DateAuthorsTitlesSubjects

    My Account

    LoginRegister

    Statistics

    View Usage Statistics

    DSpace software copyright © 2002-2016  DuraSpace
    Contact Us | Send Feedback