Botswana - 'n studie in internasionale betrekkinge

dc.contributor.advisorWessels, F. J. H.
dc.contributor.authorWolvaardt, Pieter Jacobus
dc.date.accessioned2021-01-12T13:40:59Z
dc.date.available2021-01-12T13:40:59Z
dc.date.issued1968-09
dc.description.abstractAfrikaans: Vir 'n geheelbeeld van ons studie is dit nodig om vooraf die dekkingsveld aan te dui. Prinsipieel moet ons besin oor die beginsels wat die internasionale betrekkinge, ook in die tydgenootlike wêreld rig. Ons plaas onsself op die uitgangspunt van 'n maatskapsfiguur. Dit impliseer 'n posisie van neweskikking tussen state sonder 'n permanente gesagstruktuur en met wedersydse erkenning van mekaar se lewensbelange. Hiervolgens sal fasette wat in stryd is met die maatskapsfiguur aangedui moet word. Nadat ons prinsipiële verantwoording gedoen het, is 'n historiese oorsig van die opkoms en totstandkoming van die Protektoraat van Betsjoeanaland nodig, terwyl gelet word in hoeverre die maatskapsgedagte deurwerk in die gesindheid van sowel Engeland as die Boererepublieke teenoor Betsjoeanaland. Ook sal die begrip "protektoraat" in die Volkereg ontleed word, en die verskil tussen 'n protektoraat en kroonkolonie omlyn word. Vervolgends word die verdere verloop van die geskiedenis bestudeer, en veral die verkragting van die beginsels van wedersydse erkenning deur Cecil Rhodes en Jameson wat die maatskapsgedagte in die gebied afgetakel het. Nadat die Unie van Suid-Afrika tot stand gekom het, besien ons die wedywering om oppergesag oor die gebied. Hierdie wedywering behandel ons dan ook enigsins breedvoerig. 'n Vlugtige blik word gewerp op die administratiewe ontwikkeling om die oorskryding van jurisdiksie deur Engeland, en die verkragting van die basis waarop die protektoraat berus, aan te dui. Daar was nie veel erkenning deur Engeland vir dit wat eie is aan die volk van Betsjoeanaland nie. Ook word die maatskapsfiguur negeer. Daarna let ons op die ontwking van 'n nasionalisme en die uiteindelike onafhanklikheid. Vervolgens val die klem op die betrekkinge van Botswana met ander state, terwyl 'n finale bespreking daarvan in die lig van ons studie volg. Deurgaans let ons hoe die maatskapsgedagte in die handelinge van die betrokke lande en verskillende gedagterigtings weerspieël word.en_ZA
dc.identifier.urihttp://hdl.handle.net/11660/10906
dc.language.isoafen_ZA
dc.publisherUniversity of the Free Stateen_ZA
dc.rights.holderUniversity of the Free Stateen_ZA
dc.subjectConstitutional lawen_ZA
dc.subjectSocial ethics -- South Africa -- Botswanaen_ZA
dc.subjectInternational relations -- South Africa -- Botswanaen_ZA
dc.subjectDissertation (M.A. (Constitutional Law))--University of the Free State, 1968en_ZA
dc.titleBotswana - 'n studie in internasionale betrekkingeen_ZA
dc.typeDissertationen_ZA
Files
Original bundle
Now showing 1 - 1 of 1
Loading...
Thumbnail Image
Name:
WolvaardtPJ.pdf
Size:
17.78 MB
Format:
Adobe Portable Document Format
Description:
License bundle
Now showing 1 - 1 of 1
No Thumbnail Available
Name:
license.txt
Size:
1.76 KB
Format:
Item-specific license agreed upon to submission
Description: