Doctoral Degrees (Office of the Dean: Theology)
Permanent URI for this collection
Browse
Recent Submissions
Item Open Access Die Nederduitse Gereformeerde Kerk in die Oranje-Vrystaat tydens die Anglo-Boereoorlog 1899 - 1902(Universiteit van die Oranje-Vrystaat, 1988) Van Der Merwe, Gert Andries; Kleynhans, E. P. J.Die Anglo-Boereoorlog (1899 tot 1902) was sander twyfel een van die ingrypendste gebeurtenisse wat die Afrikanervolk beleef het. Met name is die twee Boererepubl ieke in die Transvaal en die Oranje-Vrystaat ten diepste daardeur geraak. Kragtens sy innige verweefdheid met die Afri kanervol k kon die Nederdu i tse Gereformeerde Kerk in die Oranje-Vrystaat nie aan die geweld van die aanslag ontkom nie. "Toe die voortbestaan van die volk in gedrang kom, moes die Ned. Geref. Kerk noodwendig baie nou daarby betrokke raak."¹ Die betrokkenheid blyk baie duidelik uit artikels wat in die tyd in De Fakkel, amptelike kerkbl ad van die Vrystaa tse kerk, verskyn het. TeIkens word die volk, en veral oak die burgers te velde, opgeroep om op God te vertrou in die verdediging van goed en bloed: "Blijf alzoo geduldig strijden, op Gods t1jd is de overwinning de onze."² 'n Studie van die Ned. Ge ref. Kerk in die Oranje-Vrystaat tydens die Anglo-Boereoorlog is derhalwe van aktuele aard en betekenis. Di t is verbIydend dat daar in die afgelope twee dekades 'n merkbare oplewing in die bestudering en optekening van die kontemporêre kerkgeskiedenis was. Die intreerede van prof. dr. P. B. van der Watt by die aanvaarding van die professoraat in, en die hoofskap van die Departement Kerkgeskiedenis aan die Universiteit van Pretoria op 17 Februarie 1975, het hieraan sonder twyfel 'n groat stoot gegee. Sy rede Gedagtes random 'n kontemporêre kerkgeskiedenis - met besondere verwysings na die Ned. Geref. Kerk, wil, soos die titel aandui en soos hyself dit stel, "dat hierdie nuwe terrein, dié van die eietydse, betree moet word" omdat dit vir 'n sinvolle en volledige blik op die Vaderlandse Kerkgeskiedenis noodsaaklik is.³ Die geagte hoogleraar het inderdaad self die daad by die woord gevoeg. Sy vrugbare pen bring die een na die ander boek op die mark - soveel so dat hy in 1988 die Totiusprys van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns vir sy bydrae tot die kerkgeskiedskrywing ontvang. Sy vierdelige werk oor Die Nederduitse Gereformeerde Kerk bied 'n oorsigtelike beeld van dié kerk se geskiedenis van die begin tot die resente tyd. Die houding en optrede van die kerk teenoor krygsoperasies word daarin ook aangesny en dit prikkel die leser tot verdere besinning en navorsing. 𝗩𝗘𝗥𝗪𝗬𝗦 𝗡𝗔 𝗗𝗜𝗘 𝗔𝗔𝗡𝗚𝗘𝗛𝗘𝗚𝗧𝗘 𝗗𝗢𝗞𝗨𝗠𝗘𝗡𝗧 𝗩𝗜𝗥 '𝗡 𝗩𝗢𝗟𝗟𝗘𝗗𝗜𝗚𝗘 𝗢𝗣𝗦𝗢𝗠𝗠𝗜𝗡𝗚Item Open Access Die herkoms en jeug van HCM Fourie (1882-1939) ‘n Kerhistoriese studie(University of the Free State, 2023) Strauss, Lodewyk Johannes; Britz, R. M.Hierdie studie is biografies van aard. Dit doen ondersoek na die lewe van Bybelvertaler dr Hermanus Cornelis Mart(h)inus Fourie (5 Julie 1882 - 5 Augustus 1939). Fourie het hom in verskeie opsigte onderskei in die geskiedenis van die Afrikaanse kerke van gereformeerde belydenis. Fourie het as jong seun van 17 jaar aktief as burger te velde deelgeneem aan die Tweede Vryheidsoorlog (Anglo-Boereoorlog 1899-1902), in Nederland aan die Universiteit van Utrecht studeer, hom as predikant bekwaam en ook later daar sy doktorsgraad verwerf. Hy was predikant van drie gemeentes van die Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika, naamlik Pretoria/Erasmus, Johannesburg en Groot Marico. Hy het deelgeneem aan die Rebellie van 1914 en het ook tronkstraf daarvoor uitgedien. Sy proefskrif oor die amaNdebele was 'n deurbraak in die sin dat hy die eerste persoon was wat die kultuur van die amaNdebele wetenskaplik op skrif gestel het. Hy was namens sy Kerk een van die vyf eindvertalers van die eerste volledige Bybel in Afrikaans (1933). Dit is hy wat aangedring het op 'n vertaling vanuit die grondtale. Hy was medestigter van 'n sendingvereniging en het op die Hertzog-regering se Ekonomiese Naturellekommissie (1930 - 1932) gedien. Die jaar voor sy afsterwe was die eeufeesjaar van die (later so genoemde) Groot Trek. Hy het met oorgawe die herdenking plaaslik begelei. 𝗗𝗶𝗲 𝘀𝘁𝗮𝗻𝗱 𝘃𝗮𝗻 𝗙𝗼𝘂𝗿𝗶𝗲-𝗻𝗮𝘃𝗼𝗿𝘀𝗶𝗻𝗴 Dit wat reeds oor Fourie gepubliseer is, bestaan uit kort lewensbeskrywings en huldeblyke. Huldingingsberigte het ná sy dood in Die Hervormer en ook in verskeie koerante in Suid-Afrika en Nederland verskyn. Die Hervormer en die Almanak van die Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika asook Konteks en die sekulêre pers het hierbenewens oor die jare artikels oor Fourie gepubliseer. Geleentheidspublikasies, byvoorbeeld in verband met die Bybelvertaling in Afrikaans, bevat artikels of inligting oor HCM Fourie. JP Oberholzer se bydrae is die biografiese artikel "Fourie, Hermanus Cornelis Mart(h)inus" in die 𝘚𝘶𝘪𝘥-𝘈𝘧𝘳𝘪𝘬𝘢𝘢𝘯𝘴𝘦 𝘉𝘪𝘰𝘨𝘳𝘢𝘧𝘪𝘦𝘴𝘦 𝘞𝘰𝘰𝘳𝘥𝘦𝘣𝘰𝘦𝘬, Deel 1. Harm Oost het Fourie se rol in die Rebellie van 1914 beskryf in sy publikasie 𝘞𝘪𝘦 𝘪𝘴 𝘥𝘪𝘦 𝘴𝘬𝘶𝘭𝘥𝘪𝘨𝘦𝘴?⁷ Dit alles laat nog nie reg geskied aan sy nalatenskap of die beskikbare argivale materiaal nie. Dit dring aan op ‘n omvattende biografie. Daar was pogings om Fourie en sy teologie wetenskaplik na te gaan en te behandel. Dr SP Pretorius wou aanvanklik sy proefskrif oor HCM Fourie skryf en het al sy preke, wat toe in besit van ds Grobler was, vir die doel bekom. Dit blyk toe dat wyle ds PD Smit, wat dit voorheen moes laat vaar, op daardie stadium sy doktorale navorsing oor Fourie kon hervat. Hy het jarelank gewerk aan Fourie se nagelate preke. Hy het baie na daaraan gekom om sy proefskrif in te handig, maar is oorlede voor dit kon gebeur. Pretorius het toe sy doktorsgraad behaal met ‘n proefskrif oor die mislukte kerkverening van die 1880’s. Dit blyk dus dat Herman Fourie en die impak van sy lewe as predikant steeds wag op uitklaring en beskrywing. Word biografieë van sy tydgenote in ag geneem, is dit eintlik onverklaarbaar waarom so lank gewag is om Fourie kerkhistories na te vors en met name die kerkgeskiedskrywing van die Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika verder te verdiep. 𝗕𝗶𝗼𝗴𝗿𝗮𝗳𝗶𝗲ë 𝗶𝗻 𝗱𝗶𝗲 𝗴𝗲𝘀𝗸𝗶𝗲𝗱𝘀𝗸𝗿𝘆𝘄𝗶𝗻𝗴 𝘃𝗮𝗻 𝗱𝗶𝗲 𝗡𝗲𝗱𝗲𝗿𝗱𝘂𝗶𝘁𝘀𝗰𝗵 𝗛𝗲𝗿𝘃𝗼𝗿𝗺𝗱𝗲 𝗞𝗲𝗿𝗸 𝘃𝗮𝗻 𝗔𝗳𝗿𝗶𝗸𝗮 Breedweg kan die geskiedenis van die Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika ingedeel word in die volgende tydperke: • Die "Kaapse Kerk" 1652 tot 1824 (Eerste algemene kerkvergadering) • Die "Voortrekkerkerk" Groot Trek tot 1853 (Besluit om nie by Kaapse Sinode in te skakel nie) • 1853 tot Kerkvereniging 1885 • Ná mislukte vereniging tot Tweede Vryheidsoorlog 1886 tot 1902 • Twintigste eeu met konstante groei • Tydperk na 1990 met kleinerwording Fourie word kort voor die kerkvereniging gebore. Hy dien in die Kerk gedurende die tweede tot vierde dekades van die 20ste eeu. Sy kollegas (aan die begin) was: ds GF Alers, ds LE Brandt, ds AJ Burger, dr SP Engelbrecht, ds PW Ennis, ds DF Erasmus, prof dr JAJH Greyvenstein, ds PS Grobler, ds P Kuhn, ds JJ Prinsloo, ds SJ Strydom, ds J van Belkum, dr HD van Broekhuizen, ds PJJ Venter, ds S Vermooten en ds HP Wolmarans. Uiteraard word daar nie oor elke predikant 'n biografie geskryf nie. Dit is slegs teoreties moontlik. Maar hulle wat 'n groot verskil gemaak het "verdien" 'n biografie. In terme van die geskiedenis van die Kerk kan ds LE Brandt, dr SP Engelbrecht, ds HCM Fourie, prof Greyvenstein, ds J van Belkum, ds S Vermooten en ds HP Wolmarans daarvoor uitgesonder word vanweë onder andere hulle rol as voorsitters van die Kerkvergadering; in die teologiese opleiding; as redakteurs van kerklike publikasies; by inrigtings van die Kerk en die Bybelvertaling. SP Engelbrecht het 'n outobiografie geskryf wat 50 jaar ná sy dood beskikbaar gestel is, maar nie gepubliseer nie. Twee ongepubliseerde proefskrifte het verskyn: Botes, HJ. “Ds L E Brandt (1873-1939) as kerklike leier en bouer.” Proefskrif (DD), Universiteit van Pretoria, 1989. Pretorius, C. “Ds. Jac van Belkum (1851-1933): Nestor van die Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika: 'n teologies-historiese studie.” Proefskrif (DD), Universiteit van Pretoria, 2002. 'n Biografie oor HCM Fourie behoort dus 'n bestaande navorsingsleemte te help vul. 𝗗𝗶𝗲 𝗔𝗳𝗿𝗶𝗸𝗮𝗮𝗻𝘀𝗲 𝗕𝘆𝗯𝗲𝗹𝘃𝗲𝗿𝘁𝗮𝗹𝗶𝗻𝗴 HCM Fourie was een van die eindvertalers van die Bybelvertaling in Afrikaans 1933. Daarmee is hy verbind aan 'n breër kerklike gemeenskap as net die kerk waarin hy predikant was. Soverre dit die vyf eindvertalers van die eerste Bybel in Afrikaans betref, is daar reeds navorsing gedoen en gepubliseer oor die vertaling self. In hierdie verband is die volgende publikasie die bekendste: Nienaber, PJ. Die geskiedenis van die Afrikaanse Bybelvertaling. Kaapstad: Nasionale Pers, 1934.