Economic and Management Sciences
Permanent URI for this community
Browse
Browsing Economic and Management Sciences by Subject "Ability -- Testing"
Now showing 1 - 3 of 3
Results Per Page
Sort Options
Item Open Access 'n Ondersoek na die praktiese bruikbaarheid van die aanlegprofieltoetse in die S.A. Weermag(University of the Free State, 1982) Marais, Leon; Langenhoven, H. P.Afrikaans: 1. Doel van die ondersoek. In die poging om mense te klassifiseer volgens hulle aanlegte of basiese vermoens het daar verskeie indelings ontstaan. 'n Verdere indeling wat in hierdie verhandeling ondersoek is, is die teoretiese (data), kommunikatiewe (mense) en praktiese (dinge) aanleg. Sover bekend, is daar nog nie sielkundige toetse ontwikkel wat menslike hoedanighede volgens die indeling meet nie. Omdat hierdie indeling direk aansluit by die huidige posontledingstelsel van die Weermag, was die navorser van mening dat 'n ondersoek na die praktiese bruikbaarheid van die Aanlegprofieltoetse van Prof. H.P. Langenhoven in die Weermag 'n nuttige bydrae kon lewer. 2. Die aard van werk in die Weermag. Posontleding vorm die basis van enige personeelstelsel. Die Weermag se belowende stelsel is geskoei op die alombekende "data, mense en dinge" konsep (Functional Job Analysis) en sluit uitstekend aan by die standpunt wat Prof. Langenhoven huldig, naamlik dat alle werk verdeel kan word in data (dinkelemente), mense (interpersoonlike) en dinge (doenelemente). 3. Teoretiese grondslae waaruit die Aanglegprofieltoetse ontwikkel is. In die navorsing gedoen oor die aard van algemene vermoens, aanlegte en belangstelling (Hoofstuk 2), is gevind dat vroeere navorsers reeds op hierdie basiese indeling afgestuur het. Hierdie klassifikasie hou verband met die indeling van werk in vakkundige-, bestuurs- en bedryfswerk. 4. Empiriese ondersoek. In hierdie gedeelte van die verhandeling is daar na die volgende aspekte gekyk: (a) Statistiese beskrywing van die Aanlegprofieltoetse, (b) die geldigheid daarvan m.a. w. of die toetse meet wat dit veronderstel is om te meet en of dit verband hou met die soort inligting wat in die Weermag benodig word, (c) die betroubaarheid daarvan, m.a.w. of die toetse konsekwent meet, en (d) of die toetse ekonomies is in terme van tyd, kostes en mannek~ag nodig vir die administrasie daarvan. Hierdie ondersoek is gebaseer op die normberekening en -toepassing van die toetse op 'n 800-tal dienspligtiges in Bloemfontein en verdere navorsing is gevolglik nodig om die waarde en die beste gebruik van die toetse te verseker. Die grootste probleem waarmee die navorser te kampe gehad het, was die gebrek aan geldige kriteria. Opleidingspunte is nie noodwendig 'n aanduiding van operasionele sukses of sukses as 'n opleidings-instrukteur nie. Die getalle waarmee gewerk moes word, was somtyds baie klein, met die gevolg dat die resultate daardeur benadeel kon word. Deur net hierdie twee faktore te verbeter, mag die resultate heelwat verbeter word. Die belangrikste gevolgtrekkings wat uit die verwerking van die gegewens (Hoofstuk 4) verkry is, is die volgende: (i) dat die geldigheid van die toetse aanvaarbaar is. Weens die gebrek aan goeie kriterium-punte is die korrelasies laer as wat graag verkry sou wou word. Dit kan egter, soos hierbo genoem, heelwat verbeter word. (ii) die betroubaarheid van die toetse is uitstekend en ten spyte van die klein groepies mense, is korrelasies van tot 0,90 (0, 75 die laagste) verkry. (iii) die toetse is baie ekonomies in terme van tyd, kostes en mannekrag benodig. (iv) die toetse kan ook gebruik word: vir beroepsvoorligting, om eksamenpunte te voorspel vir die plasing van mense in die regte eenheid, vir die identifisering van leierspotensiaal. Ten slotte is die navorser van mening dat die Aanlegprofieltoetse saam met die Beroepsorientasietoets 'n nuttige bydrae kan lewer en wel in die volgende twee rigtings: (i} As 'n klassifikasie-hulpmiddel, waar die ideaal sou wees om die kenmerkende profiele van poste sowel as kandidate te bepaal en dit dan teen mekaar op te weeg, en (ii) as 'n voorligtingshulpmiddel, waar daar aan dienspligtiges, wat die Weermag na twee jaar verpligte diens verlaat, die nodige insig ten opsigte van wat sy swak- en sterkpunte, asook belangstelling is, gegee kan word. Meer navorsing moet egter nog hieroor gedoen word en enkele. aanbevelings word in Hoofstuk 6 gedoen. vir die identifisering van leierspotensiaal.Item Open Access n Ontleding van die waarde van die 19-veld-belangstellingsvraelys as 'n bykomende keuringsinstrument van verkeerspersoneel vir die Suid-Afrikaanse Vervoerdienste(University of the Free State, 1983) Lubbe, Pierre Gerrit; Venter, A. P.Abstract not availableItem Open Access Die opstel en standaardisering van 'n aktiwiteitsvoorkeur-analisetoets(University of the Free State, 1983) Klang, Lothar Otto; Langenhoven, H. P.Afrikaans: 'n Probleem word ondervind met die indeling van belangstelling. Bestaande indelings differensieer onnodig fyn tussen verskillende soorte belangstelling. Alle werksoorte besit in 'n sekere mate teoretiese, kommunikatiewe en praktiese handelinge. Hierdie indeling blyk ook 'n logiese indeling van belangstelling te wees. Bestaande belangstellingsvraelyste/toetse is ook duur en neem 'n lang tyd om toe te pas, na te sien en te interpreteer. Die doel van hierdie navorsing was: - om 'n deeglike studie van belangstelling te maak - om 'n nuwe indeling van belangstelling aan die literatuur te toets - om 'n belangstellingstoets op te stel en te standaardiseer om voorkeure vir aktiwiteite in genoemde rigtings te meet, en - om voorlopige aanduidings van die betroubaarheid asook praktiese bruikbaarheid van die toetse te verkry. Belangstelling vir doeleindes van hierdie navorsing word gedefinieer as voorkeure of afkeure vir bepaalde aktiwiteite. DieĀ· me tode waa rmee daar te werk gegaan is om die Aktiwiteitsvoorkeur-analisetoets op te stel en uit te toets, was soos volg: - alle werkwoorde in die Afr ikaanse taal is geneem en volgens die teoretiese, praktiese en kommunikatiewe getabuleer. - 'n A B C en 'n D toets is gelyktydig opgestel. Elke toets het bestaan uit sestig items met 'n teoretiese, praktiese en kommunikatiewe werkwoord in elke item waarvoor daar 'n voor- of afkeur aangedui moes word. - die vier vorms van die toets is afgeneem op 6 0 0 leerlinge van beide geslagte van 'n Afrikaanstalige hoerskool in die Vrystaatse Goudvelde. Elke leerling het twee vorms van die toets voltooi, hetsy 'n A en C of 'n B en D vorm. - die toetse is nagesien en 'n itemontleding is gedoen. Uit betroubaarheidsberekeninge wat reeds op hierdie stadium gedoen is, het dit die moeite werd geblyk om met die ondersoek voort te gaan. - uit die beste items van die vier voorlopige toetse is daar toe twee parallelle toetse opgestel. Die alternatiewe vorms van die toets is toe afgeneem op 1200 leerlinge van drie Afrikaanstalige hoerskole in die Vrystaatse Goudvelde. Nadat die toetse nagesien is, is normtabel1e vir die totale groep, vir seuns en vir dogters, bereken. Resultate is soos volg verkry: - die toets het 'n gemiddelde betroubaarheid van r = .786 tussen die A en die B vorms. - statistiese berekeninge het getoon dat die toets geldig is en dat dit wel tussen teoretiese, praktiese en kommunikatiewe aktiwiteite onderskei. - ten einde die geldigheid van die ontledingsdirnensies van die toets en die verwantskap tussen die dirnensies te bepaal, is 'n faktorontleding op gegewens uitgevoer. Twee faktors is onderskei. Faktor een was 'n faktor waar kommunikasie bipoler teenoor prakties gelaai het. Dieself de verband word uit vergelykbare toetse bevestig. Faktor twee was 'n sterk teoretiese faktor. Die gevolgtrekkings .wat gemaak word, is dat daarin geslaag is om 'n Aktiwiteitsvoorkeur-analisetoets op te stel wat geldig en betroubaar is, goedkoop is om af te neem, na te sien en relatief maklik is om te interpreteer. Daar word aanbeveel dat verdere dimensies van belangstelling uitgetoets word. Alhoewel belangstelling wat volgens die teoretiese, praktiese en kommunikatiewe ingedeel is, baie nuttig kan wees, meet dit nie as die enigste dimensies van belangstelling gesien word nie. Weens die besondere eienskappe wat die toets in sy guns het, kan dit 'n nuttige bydrae maak in die voor ligtingsproses waar die hoerskoolkind 'n vakkeuse meet maak, of by die jong volwassene wat op die vooraand van 'n beroep staan en wat onseker oor sy keuse is. Indien die gebruikswaarde van die toets wyer benut wil word, sal verdere uittoet.sing in die verband nodig wees. Die toets kan vertaal word en op die verskillende bevolkingsgroepe in Suid-Afrika uitgetoets word. Nuwe navorsing oor belangstelling is egter 'n proses wat nooit moet eindig nie.