Die opstel en standaardisering van 'n aktiwiteitsvoorkeur-analisetoets
Loading...
Date
1983
Authors
Klang, Lothar Otto
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
University of the Free State
Abstract
Afrikaans: 'n Probleem word ondervind met die indeling van belangstelling. Bestaande
indelings differensieer onnodig fyn tussen verskillende soorte belangstelling.
Alle werksoorte besit in 'n sekere mate teoretiese, kommunikatiewe en praktiese
handelinge. Hierdie indeling blyk ook 'n logiese indeling van belangstelling te
wees. Bestaande belangstellingsvraelyste/toetse is ook duur en neem 'n lang tyd
om toe te pas, na te sien en te interpreteer.
Die doel van hierdie navorsing was:
- om 'n deeglike studie van belangstelling te maak
- om 'n nuwe indeling van belangstelling aan die literatuur te toets
- om 'n belangstellingstoets op te stel en te standaardiseer om voorkeure
vir aktiwiteite in genoemde rigtings te meet, en
- om voorlopige aanduidings van die betroubaarheid asook praktiese bruikbaarheid
van die toetse te verkry.
Belangstelling vir doeleindes van hierdie navorsing word gedefinieer as voorkeure
of afkeure vir bepaalde aktiwiteite.
DieĀ· me tode waa rmee daar te werk gegaan is om die Aktiwiteitsvoorkeur-analisetoets
op te stel en uit te toets, was soos volg:
- alle werkwoorde in die Afr ikaanse taal is geneem en volgens die teoretiese,
praktiese en kommunikatiewe getabuleer.
- 'n A B C en 'n D toets is gelyktydig opgestel. Elke toets het bestaan uit
sestig items met 'n teoretiese, praktiese en kommunikatiewe werkwoord in elke
item waarvoor daar 'n voor- of afkeur aangedui moes word.
- die vier vorms van die toets is afgeneem op 6 0 0 leerlinge van beide geslagte
van 'n Afrikaanstalige hoerskool in die Vrystaatse Goudvelde. Elke leerling
het twee vorms van die toets voltooi, hetsy 'n A en C of 'n B en D vorm.
- die toetse is nagesien en 'n itemontleding is gedoen. Uit betroubaarheidsberekeninge
wat reeds op hierdie stadium gedoen is, het dit die moeite werd
geblyk om met die ondersoek voort te gaan.
- uit die beste items van die vier voorlopige toetse is daar toe twee parallelle
toetse opgestel. Die alternatiewe vorms van die toets is toe afgeneem op
1200 leerlinge van drie Afrikaanstalige hoerskole in die Vrystaatse Goudvelde.
Nadat die toetse nagesien is, is normtabel1e vir die totale groep, vir seuns
en vir dogters, bereken.
Resultate is soos volg verkry:
- die toets het 'n gemiddelde betroubaarheid van r = .786 tussen die A en die
B vorms.
- statistiese berekeninge het getoon dat die toets geldig is en dat dit wel tussen
teoretiese, praktiese en kommunikatiewe aktiwiteite onderskei.
- ten einde die geldigheid van die ontledingsdirnensies van die toets en
die verwantskap tussen die dirnensies te bepaal, is 'n faktorontleding op
gegewens uitgevoer. Twee faktors is onderskei. Faktor een was 'n faktor
waar kommunikasie bipoler teenoor prakties gelaai het. Dieself de verband
word uit vergelykbare toetse bevestig. Faktor twee was 'n sterk teoretiese
faktor.
Die gevolgtrekkings .wat gemaak word, is dat daarin geslaag is om 'n
Aktiwiteitsvoorkeur-analisetoets op te stel wat geldig en betroubaar is, goedkoop
is om af te neem, na te sien en relatief maklik is om te interpreteer.
Daar word aanbeveel dat verdere dimensies van belangstelling uitgetoets word.
Alhoewel belangstelling wat volgens die teoretiese, praktiese en kommunikatiewe
ingedeel is, baie nuttig kan wees, meet dit nie as die enigste dimensies van
belangstelling gesien word nie. Weens die besondere eienskappe wat die toets
in sy guns het, kan dit 'n nuttige bydrae maak in die voor ligtingsproses waar die
hoerskoolkind 'n vakkeuse meet maak, of by die jong volwassene wat op die vooraand
van 'n beroep staan en wat onseker oor sy keuse is.
Indien die gebruikswaarde van die toets wyer benut wil word, sal verdere uittoet.sing
in die verband nodig wees. Die toets kan vertaal word en op die verskillende
bevolkingsgroepe in Suid-Afrika uitgetoets word. Nuwe navorsing oor belangstelling
is egter 'n proses wat nooit moet eindig nie.
Description
Dissertation (M.Soc.Sc. (Industrial Psychology))--university of the Free State, 1983
Keywords
Ability -- Testing