Masters Degrees (Business Management)
Permanent URI for this collection
Browse
Browsing Masters Degrees (Business Management) by Subject "Budgets, Personal"
Now showing 1 - 1 of 1
Results Per Page
Sort Options
Item Open Access Debt and the management of personal finances(University of the Free State, 2006) Kotze, Liezel; Smit, A. v. A.Afrikaans: Hoë persoonlike skuldvlakke en lae spaarverhoudings blyk die norm te wees en nie die uitsondering nie in die meeste ontwikkelde lande en Suid-Afrika is beslis nie uitgesluit van hierdie groeiende verskynsel nie. Na die deregulering van finansiële instansies gedurende die 1980’s, het persoonlike skuldvlakke wesenlik gegroei en spaarvlakke het aansienlik gedaal tot ‘n breukdeel van wat nodig is vir gesonde persoonlike finansies, aangesien hierdie twee veranderlikes in ‘n omgekeerde verhouding tot mekaar staan. Uitermatige skuld en lae besparings beïnvloed nie net die individu nie, maar ook die werkgewer en die ekonomie. As gevolg van oormatige skuld kan individue die gevolge van afbrekende finansiële mislukkings ervaar, soos gebroke huise of egskeiding, stres, gebrek aan prestasie by die werk, agteruitgang van finansiële gesondheid en bankrotskap. Al hierdie uitkomste van uitermatige skuld en lae spaarvlakke, kan ‘n individu se lewenskwaliteit benadeel. Die persoonlike aspekte van ‘n individu se lewe sal ook sy werk negatief beïnvloed en daarom ook sy werkgewer. Lae produktiwiteit, afwesigheid, organisatoriese verbintenis en werktyd wat in beslag geneem word, het ‘n negatiewe invloed op die werkgewer en ook die ekonomie. Eerstens beïnvloed dit die ekonomie indirek deur die verlaagde produktiwiteit van werknemers. Tweedens beïnvloed dit die ekonomie direk deur veranderlikes soos belegging, inflasie, rentekoerse, die waarde van die rand en die oorkoepelende ekonomie te beïnvloed. ‘n Tekort aan basiese finansiële bestuurskennis is een van die belangrikste redes waarom individue verkeerde finansiële keuses maak. Geslag, ouderdom, inkomste en die vlak van opvoeding kan alles ‘n uitwerking hê op finansiële geletterdheid en dit het ook ‘n invloed op die persoonlike finansies van die spesifieke individu. Hierdie studie se doel was om inligting in te samel aangaande die bestuur van skuldgebruike van alle geregistreerde studente aan die Universiteit van die Vrystaat Skool van Bestuur wat geregistreer was vir bestuursprogamme gedurende 2005. Die sekondêre doelwitte sluit ook in om die belangrikheid van finansiële geletterdheid en die effektiewe bestuur van persoonlike finansies te bepaal, verskillende bronne van skuld te identifiseer, asook om die persentasie van besteebare inkomste wat aan elke bron van skuld bestee word vas te stel, die omvang van skuld bymekaargemaak deur die respondente, die omvang van besparings deur die respondente, asook om die impak van uitermatige skuld op produktiwiteit in die werkplek te bepaal. Die teikenpopulasie was 425 geregistreerde studente gedurende 2005. Daar is besluit om van die hele populasie gebruik te maak en hierdie besluit het die gebruik van ‘n verteenwoordigende proef uitgeskakel. Die vraelyste is deur 286 studente voltooi. Die resultate het aan die lig gebring dat die totale gemiddelde persentasie wat elke maand aan skuld bestee word, gelykstaande is aan 62,1%. Dit beteken in algemene terme dat 62,1% van alle beskikbare besteebare inkomste vir die betaling van skuld gebruik word, wat slegs 37,9% van besteebare inkomste vir algemene maandelikse uitgawes en besparing laat oorbly. Volgens 2006- statistieke is die huidige Suid-Afrikaanse huishoudelike skuld 73% van die besteebare inkomste, met slegs 28% van die salaris wat nie aan skuld bestee word nie. Hoë vlakke van ontevredenheid is by die respondente waargeneem aangaande hulle kennis en waarneembare beheer van hul persoonlike finansies; die mate van selfversekerheid om hul finansies te bestuur en beleggingsbesluite te neem; hulle was bekommerd oor skuld, besparings en of hulle oor genoegsame aftredingsfondse beskik; hulle was ook pessimisties oor hul finansiële toekoms en het hoë vlakke van finansiële stres ervaar wat inbreuk maak op daaglikse verantwoordelikhede. Daar was ook hoë vlakke van slegte finansiële bestuur deur nie fondse opsy te sit vir besparings of aftrede nie, nie ‘n begroting te volg nie en nie kredietkaarte ten volle te betaal om finansiële kostes te vermy nie. Die respondente sal ‘n gemiddeld van 5-6 maande kan oorleef deur net van hul spaargeld gebruik te maak indien hulle nie kan werk nie. Die mees algemene rede wat die respondente aangevoer het waarom hul nie spaar nie, is dat hulle nie genoeg geld het om te spaar nie (74,3%), terwyl 13,2% aangedui het dat hulle nog nie aan spaar gedink het nie. Individue wat nie in beheer van hul persoonlike finansies voel nie, dink dat hulle nie genoeg geld sal hê om te oorleef tydens hul aftrede nie; hulle voel negatief oor hul toekoms, ervaar ongelooflike finansiële stres en volg nie ‘n weeklikse of maandelikse begroting nie.