Masters Degrees (Psychology)
Permanent URI for this collection
Browse
Browsing Masters Degrees (Psychology) by Author "Bester, C. L."
Now showing 1 - 1 of 1
Results Per Page
Sort Options
Item Open Access Persoonlikheidstrekke as keuringsveranderlikes vir doeltreffende eerste-vlak-toesighouding in die Bloemfonteinse Munisipaliteit(University of the Free State, 1982-11) Mentz, Hendrik; Bester, C. L.Afrikaans: Die eerste-vlak-toesighouer speel 'n uiters belangrike rol in die effektiewe funksionering van die organisasie. As skakel tussen die gewone werkers en bestuur moet hy as aangesig-tot-aangesig leier van sy werkgroep funksioneer. Daar word algemeen aanvaar dat persoonlikheidseienskappe grootliks sukses in toesighoudende poste bepaal. Persoonlikheidstoetse word redelik algemeen met die oog op keuring in die Suid-Afrikaanse bedryf, asook in die buiteland aangewend. Voldoende navorsing ten einde die waarde van persoonlikheidstoetse vir keuringsdoeleindes in die SuidAfrikaanse bedryf te evalueer ontbreek egter. Hierdie ondersoek was dus daarop gemik om die leemte wat in die vakgebied van die Sielkunde en die Bedryfsielkunde geidentifiseer is aan te vul. Die doel met hierdie ondersoek was die volgende: (i) Om die persoonlikheidstrekke wat tot suksesvolle toesighouding bydra te identifiseer. (ii) Om doeltreffende en minder doeltreffende eerste-vlak-toesighouers se persoonlikhede soos gemeet deur die 16-Persoonlikheidsfaktorvraelys met mekaar te vergelyk. (iii) Om 'n voorspellingstudie uit te voer wat as moontlike hulpmiddel by die keuring van eerste-vlak-toesighouers in die Bloemfonteinse munisipaliteit gebruik kan word. Die meetinstrumente wat in hierdie ondersoek gebruik is, is die 16-Persoonlikheidsfaktorvraelys (16-PF) van Cattell, asook 'n beoordelingskaal. Die navorsing is by die Bloemfonteinse munisipaliteit uitgevoer. Om die voorspellingstudie uit te voer, is Qaar van stapsgewyse regressie-ontleding gebruik gemaak. Met die uitvoering van die studie het die navorser dit ook nodig gevind om 'n faktorontleding te doen. 'n Meervoudige eenrigtingvariansie-analise is gebruik om moontlike persoonlikheidsverskille tussen ioeltreffende en minder doeltreffende eerste-vlak-toesighouers te bepaal. In die literatuurverkenning is sestien persoonlikheidstrekke wat tot suksesvolle toesighouding kan bydra, geidentifiseer. Die meervoudige eenrigting-variansie-analise het egter geen statisties betekenisvolle verskille tussen bogenoemde twee groepe opgelewer nie. Die meervoudige regressie-ontleding het getoon dat 'n seleksie van persoonlikheidsveranderlikes met die kriterium van doeltreffende toesighouding wat in hierdie ondersoek gebruik is, verband hou. Die meervoudige korrelasie tussen 'n seleksie van sewe persoonlikheidsveranderlikes (skale op die 16-PF) en die kriterium was statisties beduidend, (5%-peil) groter as nul. Die proporsie van die kriteriumvariansie wat gesamentlik deur die veranderlikes verklaar is, was egter van so 'n aard dat die voorspellingsmodel moontlik nie veel praktiese waarde sal hê nie. Ten einde te toets vir moontlike leemtes in die meervoudige regressiemodel is 'n faktor-ontleding uitgevoer. Vier faktore is uit die data geidentifiseer. Die proporsie van die kriteriumvariansie (kommunaliteit) wat gesamerrtlik deur die vier faktore verklaar word, stem grootliks met die resultaat van die stapsgewyse meervoudige regressie-ontleding ooreen. Dit blyk dus 'n bevestiging te wees van die resultate wat uit die meervoudige regressie-ontleding verkry is. Die kriteriumverwante geldigheid van die 16-PF vir die kriterium wat in hierdie ondersoek gebruik is, blyk verdag te wees. Daar is baie·navorsers wat soortgelyke resultate rapporteer, maar aan die anderkant is daar ook baie navorsers wat teenstrydig met die resultate positiewe resultate rapporteer. Na die mening van die skrywer lê die verklaring vir hierdie teenstrydige resultate daarin dat daar in die verskillende studies van verskillende kriteria en persoonlikheidsmeetinstrumente gebruik gemaak is. Hierdie resultate beklemtoon dus die feit dat die gebruik van persoonlikheidstoetse met die oog op keuring deeglik aan navorsing onderwerp moet word voordat dit vir sodanige doel aangewend word. Aangesien geen sodanige studies in die Suid-Afrikaanse literatuur opgespoor kon word nie, is die skrywer van mening dat hierdie resultate 'n waarskuwing vir alle gebruikers van sodanige toetse in die Suid-Afrikaanse bedryf inhou. Met hierdie ondersoek is daar dus 'n leemte in die vakgebied van die Sielkunde en die Bedryfeielkunde geidentifiseer wat nog baie navorsing vereis.