Public Administration and Management
Permanent URI for this community
Browse
Browsing Public Administration and Management by Advisor "Van Straaten, F. P."
Now showing 1 - 6 of 6
Results Per Page
Sort Options
Item Open Access Finansiële beheer en verantwoording by plaaslike owerhede in Suid-Afrika(University of the Free State, Nov-07) Laubscher, Laetitia Hendrina; Van Straaten, F. P.; Kroukamp, H. J.Afrikaans: Munisipaliteite in die Republiek van Suid-Afrika verkeer tans onder druk weens beweringe oor gebrekkige finansiële beheer en verantwoording wat aanleiding gee tot omvangryke korrupsie en finansiële wanbestuur met nadelige gevolge vir effektiewe en doeltreffende goedere- en dienslewering aan die ingesetenes. Derhalwe is dit van kardinale belang dat indringende aandag aan die bewerkstelliging van effektiewe en doeltreffende finansiële beheer en verantwoording by munisipaliteite geskenk sal word. Finansiële beheer en verantwoording is beslis een van die belangrikste faktore wat die sukses of mislukking van plaaslike regering in die Republiek van Suid-Afrika kan bepaal. Finansiële beheer en verantwoording dien as belangrike boustene vir ‘n demokrasie wat op effektiewe en doeltreffende munisipale regering en administrasie aanspraak wil maak. Finansiële beheer impliseer dat, op ‘n volgehoue wyse, ‘n wakende oog gehou moet word oor die wyse waarop geld bestee gaan word, bestee word en bestee is, met die oog op verslaggewing deur ‘n munisipale raad aan die ingesetenes van die betrokke dorp of stad. Om in staat te wees om rekenskap aan die ingesetenes te gee oor die handelinge van munisipale funksionarisse, is dit van kardinale belang dat ‘n raad voortreflike beheer oor die werksaamhede van die amptenare moet uitoefen. Voortreflike finansiële beheer en verantwoording sal bydra om ‘n positiewe gees van vertroue by die ingesetenes van ‘n dorp of stad tot gevolg te hê. Verantwoording dui inderdaad op ‘n verantwoordelikheid wat deur almal wat gesag uitoefen, aanvaar moet word. Dit impliseer dat rekenskap gegee moet word vir die wyse waarop die verantwoordelikheid wat opgelê is, aan uitvoering gegee word. Finansiële beheer en verantwoording by munisipaliteite het as vername doelstelling rekenskapgewing oor die besteding van geld in die openbaar. Die belastingbetaler moet byvoorbeeld in staat gestel word om te kan bepaal of die geld wat by wyse van begroting beskikbaar gestel is vir daardie doeleindes aangewend is en of die voortsetting van bepaalde goedere- en dienslewering in die lig van die skaarsheid van geld en die kompleksiteit van die behoeftes wat daarmee gepaard gaan, nog geregverdigd is. Statutêre finansiële beheer op plaaslike regeringsvlak bestaan uit twee komponente, te wete ‘n eksterne komponent (voorbereiding van begrotings; beheer oor lenings, besteding, inkomste en eksterne ouditering) en ‘n interne komponent (interne ouditering, verslaggewing, etiese gedragskodes en finansiële regulasies) waardeur bepaal kan word of geld vir goedgekeurde programme doeltreffend en effektief gespandeer word en of die plaaslike gemeenskap waarde-vir- geld vir hulle bydraes ontvang. Verskeie vraagstukke bemoeilik egter tans die uitoefening van effektiewe en doeltreffende finansiële beheer en verantwoording by munisipaliteite in die Republiek van Suid-Afrika. Hierdie vraagstukke sluit onder meer ‘n gebrek aan kundigheid, onvermoë om agterstallige skulde in te vorder, omvangryke korrupsie en buitensporige salarisse en bonusse in. Om hierdie vraagstukke te oorbrug, is dit noodsaaklik om as basiese vertrekpunt bepaalde etiese norme en waardes daar te stel. Etiek hou verband met die beoordeling van bepaalde vorme van menslike gedrag of besluite om te bepaal of dit wat onderneem word of wil word, reg of verkeerd, goed of sleg of aanvaarbaar of onaanvaarbaar vir die ingesetenes van die betrokke dorp of stad sal wees. Etiese gedrag en die vasklewing aan waardes kan munisipale raadslede en amptenare ontmoedig om by korrupte aktiwiteite by munisipaliteite betrokke te raak. ‘n Nuwe positiewe verwikkeling op plaaslike regeringsvlak in die Republiek van Suid-Afrika is die implementering van Munisipale Openbare Rekeninge Komitees in Gautengse munisipaliteite ten einde aanspreeklikheid op plaaslike regeringsvlak te kan afdwing. ‘n Munisipale Openbare Rekeninge Komitee is ‘n komitee van ‘n munisipale raad wat deur ‘n munisipale raad aangestel word om finansiële aangeleenthede te ondersoek en aan die raad oor hulle bevindinge verslag te doen. Die media kan ook ‘n noodsaaklike rol vervul in die funksies van hierdie komitee(s), aangesien hulle die ingesetenes op hoogte moet hou oor aangeleenthede wat deur die komitee(s) ondersoek word. Die effektiewe en doeltreffende toepassing van finansiële beheermaatreëls en die afdwing van openbare verantwoording kan egter die voorvalle van korrupsie en finansiële wanbestuur by munisipaliteite aansienlik verminder. Dit dien derhalwe as ‘n waarborg vir voortreflike munisipale finansiële bestuur en kan sodoende bydra om die openbare belang te bevorder – die fundamentele doelwit van demokratiese plaaslike regering en bestuur.Item Open Access Management by objectives as a management tool in the public sector(1999-05) Moroka, Mpho Grace; Van Straaten, F. P.Abstract not availableItem Open Access The necessity of financial priority determination to meet the changing needs for goods and services in the public sector(University of the Free State, 1999-06) Henama, Bukelwa Lorraine; Van Straaten, F. P.The legislature of the Republic of South Africa is elected on the basis that it will deliver certain goods and services to the electorate. Financial priority determination ensures that resource allocations are directed towards achieving the results that the government promised the electorate. Through priority determination, state funds are directed according to policy priorities Financial priority determination has been found to be the most difficult part of financial planning and management because it warrants certain expertise from the public officials which this paper addresses in the form of required steps and phases to determine financial priorities. Without the understanding of the phases and steps, priority determination becomes impossible as they determine the criteria used to make decisions. As a result of the changing and increasing needs of the population, the Republic of South Africa experiences severe budget constraints which create the incentive for financial prioritisation, and this forces the departments to evaluate whether their existing policy objectives are still valid, how they have changed and what effect the policy objectives have on programmes. The constraints of the macro-economic policy framework with increasingly lowered deficit targets have also increased the need for prioritisation. It is imperative to consider all the factors that have a bearing on financial priority determination, such as the general environment in which financial priority determination is done; factors that determine the state of community life; needs and expectations of population; policies of the political parties; and research and experiences of public officials. When such factors are taken into account, the process of financial priority determination becomes fair and right. The impact of financial priority determination on the ROP is important because the public sector strives towards reaching the priorities of the ROP. It has been important to reflect on the basic principles and the key programmes of the ROP from which sustainable development has been identified as the ROP priority. Measures have been identified to ensure meeting of sustainable development as an identified ROP priority. Through these measures, sustainable development would be attained. and expected results. This paper points out that in the face of limited resources and the massive demand for public goods and services, it is inevitable that the government cannot hope to meet all the aspirations of the electorate. Instead the government has to choose which sectors must be emphasised in the allocation of resources, indicate from which sectors resources should be withdrawn and redeployed and the order in which these things should be done. This process of choosing which sectors must be emphasised is called financial priority determination. The government policies and strategies to ensure meeting of identified financial priorities in the public sector are tools and instruments through which the public officials could ensure implementation of financial priorities. South Africa is characterised by severe inequalities and poverty of the majority of its inhabitants. Sustainable development is the means through which the society will be relieved of severe poverty although it would be difficult to bridge the inequality gap. Reference has been made to the challenge of economic growth and development facing the Free State Provincial Government to show how this province plans on ensuring economic growth and development. Public officials implement the policy priorities of the government and they have to be guided by basic values and principles to meet the goals of the government. These basic values and principles become the expectations from the public officials in their endeavour to determine financial priorities and in the process of implementing the priorities. This document spells out how financial priority determination is linked with the delivery of public goods and services. If allocation and use of resources is done in an ad hoc manner, without priority determination that could lead to poor public sector performance and the needs of the public would remain unsatisfied. It can be summarised by saying that financial priority determination allows for more effective use of limited resources.Item Open Access Strategies for urban land management in the Free State(University of the Free State, May-99) Stapelberg, Henning; Van Straaten, F. P.; Van H Botha, W. J.Afrikaans: Hierdie proefskrif handeloor die bestuur van grond in stedelike gebiede en hoe die huidige situasie van afsonderlike dorpe bestuur kan word om die uiteindelike doelwitte van integrasie en versoenbare gemengde grondgebruike te kan bereik. Nuwe wetgewing wat die spoedige afhandeling van aansoeke en die inkorting van logiese stappe word ook bespreek en voorgestel. Die nuwe wetgewing, die Wet op Ontwikkelingsfasilitering, 1995 (Wet 67 van 1995) word ook deeglik bespreek en die onsekerhede, gebreke en voordele betreffende hierdie wetgewing word ook uitvoerig bespreek. Die huidige situasie van afsonderlike dorpe en die probleme wat daarmee ondervind word kry ook aandag en dit beweeg na 'n ge-integreerde beplannings sisteem waar nie net beplanning ge-integreer word, maar die hele aanslag van beplanning behoort ge-integreerd te wees. Dit beteken dat beplanning nie in isolasie gedoen kan word, maar dat In multi-fasset aanslag verlang word wat al die dissiplines insluit wat direk of indirek betrokke kan wees. Verkeer, infrastruktuur, dienste, die ekonomie, sosiale aspekte, beplanning en die omgewing moet ook aangespreek word. Wat beklemtoon word, is dat grondgebruik en ontwikkeling In hele spektrum van ander elemente be-invloed terwyl hierdie elemente ook die grondgebruik be-invloed. Die ideaal sal wees om die beheer van grondgebruik en ontwikkeling op In strategiese wyse te laat plaasvind. AI die elemente moet ook in ag neem die versoenbaarheid met Agenda 21. Dit word algemeen aanvaar dat iets gedoen sal moet word met die integrasie van die verskillende dorpe en ook die afsonderlike sonerings-beheer wat tans van toepassing is. Die regiditeit van dorpsbeplanningskemas sal oak aangespreek moet word en om daarmee te begin moet paslike wetgewing, administratiewe prosedures en beleid daargestel word. Hierdie proefskrif poog om in een van die elemente te voorsien, naamlik die wetgewing. Die navorsing wat gedoen is kan ook as basis dien vir die opstel van struktuurplanne, ontwikkelings doelwitte en die daaropvolgende aanlegskemas om sodoende ontwikkeling te bevorder en ook om al die stedelike gebiede met een kontrole dokument te beheer. Nog 'n aspek van die proefskrif is dat die administratiewe prosesse en prosesse met betrekking tot die Dorperaad en die Ontwikkelings Tribunaalontleed word, asook die aspekte wat betrekking het op alle grondgebruik prosedures. Sommige van die aspekte soos publieke belang en sonerings vir bepaalde gebruike leen hulle daartoe vir verskillende interpretasies en hierdie aspekte is nagevors vanuit 'n stadsbeplanning oogpunt, maar ook veral uit 'n administratiewe oogpunt aangesien hierdie aspekte dikwels voorkom met judisiële tribunale. Verskeie hofsake word ook behandel om rigting te gee aan die grond bestuur. The proefskrif verklaar ook moontlike oplossings in grond bestuur veral wat betref die vinnige urbanisering wat plaasvind, die volhoubaarheid en die voorgestelde nuwe wetgewing vir die Vrystaat. Elke dorp het sy eiesoortige en unieke omstandighede en dit moet in ag geneem word met beplanning aangesien dit ook 'n invloed op die omgewing sal hê. 'n Plaaslike Agenda 21 behoort in plek te wees met die doelom versoenbare ontwikkeling te bevorder en nie te kortwiek. Ontwikkeling wat versoenbaar is met Agenda 21 se vereistes is reeds volhoubare ontwikkeling.Item Open Access Teorie en praktyk van deursigtigheid in die openbare sektor(University of the Free State, 2006-11) Pretorius, Marlize Carine; Van Straaten, F. P.; Kroukamp, H. J.English: The principles of accountability and transparency serve as important building blocks for a democracy that wants to enhance sound and efficient governance. The South African government experiences increased allegations of insufficient public accountability, corruption and maladministration against them and therefore it is essential to pay in-depth attention to the role of public transparency in the enhancement of sound democratic governance. Transparency is not merely an aim in itself, but serves as a means to reach the planned government objectives and to make effective and efficient participation of all role-players possible. Open and transparent governance refer to, amongst other, access to information, participation in public decision-making and the freedom of the media. An excellent relationship of trust between the public sector and the public should continuously be developed and maintained. This makes it essential to keep the public well-informed about the management of national and regional public institutions, how well they perform, the money spent by them to reach the approved public objectives and how control is exercised to ensure successful implementation of the approved government programmes. Correct and sufficient information must be available to the citizens to enable them to determine the quality of public goods- and service delivery and to therefore contribute to improved service delivery by the public sector. A public institution can be viewed as transparent when it can deliver information to various roleplayers and/or stakeholders, as prescribed by different Acts, for example the Promotion of Access to Information Act, 2000 (Act 2 of 2000). By being transparent, a public institution confirms its respect towards the country’s Acts; justifies its mere existence; confirms its willingness to follow the strategies of the government-of-the-day and to strive towards the improvement of the public welfare. Public accountability in a democratic government means that the political officebearers and public officials must account to the taxpayers for the collection and spending of public money. Public accountability therefore forms a central theme in the theory and practice of public transparency and the basis for sound public administration, as the taxpayer has a right to know how public money has been collected and spent. The South African government must implement well-planned programmes and projects to fight corruption in their strive towards the establishment of transparent, corruption-free and responsible governance. It is essential that the government-of-the-day itself fight corruption by adhering to a policy of zero tolerance towards corrupt officials, irrespective of who the individual is, and to involve the media as a partner that can publish information about corrupt practices in order for the public to be well-informed. Ethics and transparency are closely related. Ethical behaviour can lead to greater transparency in the activities of public officials. In a democratic government there is no place for keeping secrets and for confidentiality when it comes to activities which are financed with public money. Not always serving the public’s interest, but rather its own, is unfortunately part of human nature. It is therefore essential to develop and implement control mechanisms, for example auditing and reporting techniques, which will contribute to public officials adhering to the requirements of transparency and openness. It is the duty and responsibility of all public institutions (political and administrative) to continuously exercise their actions in a transparent and open manner. Transparency is the so-called oxygen of politics and the public life. In the Republic of South Africa it is important to ensure transparent governance to establish equal and effective goods- and service delivery to the citizens; to establish excellent accountability and the involvement of citizens in public decision-making; to improve a legitimate government-of-the-day; to improve the policy formulation and implementation processes; to increase international investments and lastly to decrease the rate of corruption in the country.Item Open Access Die toepassing van 'n voorsieningsadministrasiestelsel vir openbare hospitaalapteke en mediese depots(University of the Free State, Jun-03) Van Hoeylandt, Rita Oscar Emilie Thomas; Van Straaten, F. P.Afrikaans: Openbare instellings, soos byvoorbeeld hospitale, het hulle ontstaan daaraan dat hulle in die behoefte aan essensiële goedere en gesondheidsdienste vir die handhawing van die algemene welsyn van die gemeenskap in Suid-Afrika moet lewer. Geen gesondheidinstelling kan sonder mediese voorraad funksioneer nie en gevolglik sal sodanige instellings jaarliks ‘n sekere deel van ‘n staat se beperkte fondse by wyse van begroting, vir die aankoop van mediese voorrade moet bestee. Die optimale aanwen-ding van skaars middele en bronne vir die bevrediging van die toenemende behoeftes van die gemeenskap in Suid-Afrika noodsaak die doeltreffende logistieke hantering van mediese voorrade. Die betekenis, omvang en vereistes van voorsieningsadministrasie vir mediese voor-rade is breedvoerig verklaar. Verskillende faktore wat ‘n voorsieningsadministrasie-stelsel by openbare hospitaalapteke en mediese depots noodsaak soos onder andere noodsaaklikheid van opgeleide personeel en bewerkstelliging van gestandaardiseerde metodes en prosedures by voorsieningsadministrasie is uitgelig. Die omvang van voorsieningsadministrasie by mediese depots en hospitaalapteke in die openbare sektor is kompleks van aard. Daar bestaan verskeie funksies en dienste waarby voorsieningsadministrasie van mediese voorrade in die openbare sektor ‘n rol speel. Die omvang van die behoeftes vir mediese voorrade by die openbare sektor is uiteenlopend van aard en verskil van streek tot streek na gelang wat die verskillende siektetoestande soos byvoorbeeld malaria wat gebiedsgebonde is, mag voorkom. Organisatoriese reëlings vir ‘n voorsieningsadministrasiestelsel by openbare hospitaal-apteke en mediese depots word onderneem om goedere en dienste aan pasiënte tydens hulle behandeling, te kan lewer. Die organisatoriese reëlings in provinsies moet sorgvuldig beplan en verdeel word tussen instellings, afdelings en onder funksio-narisse om die doelwit, te wete doeltreffende en effektiewe voorsiening van mediese voorrade aan mediese depots, hospitale en klinieke te kan bewerkstellig. Organisatoriese reëlings word onderverdeel in werkverdeling, delegasie van bevoegd-hede, kommunikasie en koördinering. Daar is gepoog om hierdie organisatoriese reëlings deeglik uit te lig wat noodsaaklik vir ‘n voortreflike voorsienings-administrasiestelsel by openbare hospitaalapteke en mediese depots is. Die koördi-nering van mediese bevoorrading is noodsaaklik omdat daar gefragmenteerde dienslewering in die gesondheidsektor van Suid-Afrika voorkom. Omdat gedefrag-menteerde gesondheidsdienste by provinsies voorkom, verg dit ‘n hoë mate van koördinering van bedrywighede. Aanbevelings is gemaak om die organisatoriese reëlings van mediese bevoorrading by openbare hospitaalapteke en mediese depots meer doeltreffend en effektief te bewerkstellig en te bevorder.