Masters Degrees (Business Management)
Permanent URI for this collection
Browse
Browsing Masters Degrees (Business Management) by Advisor "Smit, A. van A."
Now showing 1 - 3 of 3
Results Per Page
Sort Options
Item Open Access Factors and characteristics impacting underpricing of Initial Public Offerings (IPOs) on the Johannesburg Securities Exchange (JSE)(University of the Free State, 2015) Rust, Isak Cornelis; Smit, A. van A.Afrikaans: Die navorsing is onderneem om te bepaal watter faktore en eienskappe die onderprysing van Aanvanklike Openbare Aanbiedinge (AOA's) op die Johannesburgse Sekuriteitebeurs (JSB) beïnvloed het. Die data is bekom van die JSB, AOA-prospektus en die McGregor-BFA-databasis. Die steekproef het uit 390 AOA’s van ʼn moontlike 484 tussen 1996 en 2011 bestaan, wat 80.6% van die AOA’s op die JSB vir die spesifieke tydperk verteenwoordig. Die literatuur toon dat sekere faktore en eienskappe die vlak van onderprysing van AOA’s affekteer. Vir hierdie studie is markverwante faktore, maatskappy-eienskappe en finansiële faktore ingesluit. Die data was baie skeef vanweë uitskieters in die datastel, wat veroorsaak het dat die data onbetroubaar was en dit baie moeilik was om dit te vertolk. Om die probleem reg te stel, het die studie natuurlike logaritmes gebruik om die skeefheid te verminder, die akkuraatheid te verbeter en te verseker dat die data so na as moontlik aan 'n normale verspreiding was. Beide die aanbodprys en die markkapitalisering is aangepas deur die verbruikersprysindeks (VPI) vir inflasie te gebruik. Die JSB indeks van alle aandele (IAA) is gebruik as ʼn maatstaf vir die korttermynprestasie (markaangepaste abnormale opbrengs – MAAO) en die relatiewe mediumtermyn-prestasie (koop en hou abnormale opbrengste – KHAO). Die navorsingbevindings het die volgende getoon: - Die vlakke van onderprysing op die eerste dag en in die eerste week en eerste maand was 23.0%, 22.1% en 17.3% respektiewelik. - AOA’s wat in warmmarktydperke gelys is, het beduidend hoër opbrengste ontvang. Die JSB het ʼn afname ondervind in die aantal AOA’s wat gedurende beide die latere warm en koue marktydperke gelys is. - AltX-AOA’s het beduidend hoër opbrengste gelewer. - Die elektriese en tegnologiesektor het die hoogste opbrengste gelewer, gevolg deur die finansiële en verbruikersektore. - Jonger AOA’s met 'n kleiner markkapitalisering en aanbodprys was beduidend meer onderprys as wat die groter AOA’s was. - Kleiner maatskappye, soos gemeet deur die omset, netto wins ná belasting (NWNB), totale bates en aandeelhouers se ekwiteite, was beduidend meer onderprys in vergelyking met groter maatskappye. - Die finansiële verhoudings het getoon dat AOA’s met ʼn skuldverhouding van tussen 40% en 60% die minste onderprys was. Die huidige verhouding en die opbrengs op bates (OOB) het geen statistiese beduidendheid in die voorspelling van onderprysing opgelewer nie, terwyl AOA’s met ʼn kleiner opbrengs op verdienste (OOV) beduidend meer onderprys was. - AOA’s met ʼn uiters hoë P/E-verhouding was ook beduidend onderprys. Dit was verrassend dat die markwaarde tot boekwaarde (MW/BW) nie enige beduidendheid in die voorspelling van onderprysing op die JSB getoon het nie. - Die absolute opbrengste (koop en hou opbrengste – KHO) het gevind dat die AOA’s wat aanvanklik onderprys was, positief (41.2%) oor ʼn tydperk van ʼn jaar sou presteer; hulle sou egter oor drie jaar onderpresteer (-12.0%). - Die relatiewe opbrengste (koop en hou abnormale opbrengste – KHAO) het ook gevind dat AOA’s wat aanvanklik onderprys was, positiewe opbrengste relatief tot die mark in die eerste jaar ná lysting opgelewer het (30,3%); hulle het egter ook onderpresteer (-39.8%) in die mark oor drie jaar. - Hoewel beide die warm en koue marktydperke oor ʼn driejaar-tydperk in die mark onderpresteer het, het die koue mark-AOA’s beduidend beter mediumtermynopbrengste opgelewer. - AOA’s wat op beide die hoofafdeling en die AltX gelys was, het oor ʼn driejaar-tydperk in die mark onderpresteer; die hoofafdeling-AOA’s het egter beduidend beter in die mediumtermyn presteer. Die empiriese bevindings van hierdie studie beveel aan dat beleggers AOA’s teen die aanbodprys behoort te koop en hulle aan die einde van die eerste dag van verhandeling te verkoop, omdat die vlak van onderprysing getoon het dat die opbrengste na die einde van die eerste maand afneem. Beleggers wat hulle korttermynopbrengste wil verbeter, behoort die bogenoemde faktore en eienskappe te oorweeg wanneer hulle ʼn beleggingsbesluit neem, omdat hierdie faktore as ʼn gids vir beter opbrengste kan dienItem Open Access The long-term performance of failed Initial Public Offerings (IPOs) on the Johannesburg Stock Exchange (JSE)(University of the Free State, 2016) Harvey, F. N.; Smit, A. van A.Afrikaans: Een van die oudste en gewildste frases in die besigheidswêreld is: "Die enigste manier om te oorleef is om te groei" (Audretsch en Lehmann, 2005: 6). Maar dikwels is die behoefte om te groei groter as die finansiële hulpbronne wat beskikbaar is om die verlangde groei te akkommodeer. Een van die populêrste maniere om nuwe kapitaal in te samel om 'n Initial Public Offering (IPO) uit te reik. Draho (2004: 1) definieer n IPO as die proses waar die aandele van 'n private maatskappy beskikbaar gestel word vir openbare beleggers vir verhandeling op die aandelemark. Gao, Ritter en Zhu (2012), beskryf die toenemende mislukking van IPOs as 'n probleem in die IPO "ekosisteem" en ag die IPO mark as "gebroke". Fama en French (2004) beweer dat daar 'n verandering in IPO karaktereienskappe oor die jare was. Alle aanduidings is dat die internationale IPO mark verswak rakende kwessies soos underpricing, negatiewe langtermyn opbrengste, mislukking en die aantal nuwe IPOs wat op die beurs lys. Die primêre doel van hierdie studie is om die prestasie van 347 IPO maatskappye wat op die Johannesburgse Effektebeurs (JSE) gelys het van 1996 tot 2007 te bestudeer. Die hoofdoel van hierdie studie is om langtermyn-beleggers te help in hul IPO keuringsproses deur die melding van faktore en eienskappe wat hulle kan help om te onderskei tussen potensieel mislukte en suksesvolle IPO maatskappye. 'N Beduidende negatiewe verhouding was gevind tussen mislukking en posetiewe langtermein opbrengstes. Daar is gevind dat mislukte IPOs 'n gemiddelde BHAR van -60,69% gehad het. Ander maatskappye, wat oorleef, gedenoteer (vir ander redes as mislukking) of saamgesmelt het, het 'n gemiddelde BHAR van -19,52% gehad. Suksesvolle maatskappye het 'n gemiddelde BHAR van -3,26% gehad. 'N Kwantitatiewe navorsingsbenadering is aangeneem. As gevolg van skewe data was natuurlike logaritmiese transformasies op die data uitgevoer met 'n Z-waarde van meer as +/- 2.58. Ook, alle relevante waardes was aangepas vir inflasie wat die vergelyking van opbrengstes van die data oor verskillende tydperke meer betroubaar maak. Al die maatskappye op die JSE was verdeel in ses sektore. Met betrekking tot die bevindings in die data-analise sal die volgende aanbeveel aan beleggers gemaak word om in staat wees om hoë risiko IPOs en potensiële swak langtermyn presterend IPOs te identifiseer. Met betrekking tot sikliese markte, beleggers moet veral versigtig wees wanneer 'n IPO wat lys tydens 'n warm mark periode. Met betrekking tot die bord (Main board of Altx) waar die IPO lys, was dit gevind dat meeste maatskappy wat lys op die AltX misluk en ook die slegste langtermyn prestasie getoon het. Met betrekking tot die sektor waarin die maatskappy lys, beleggers word aanbeveel om sektore wat hoë volumes van nuwe maatskappye wat lys ervaar te vermy, veral gedurende warm mark te vermy. Dit was ook gevind dat maatskappye met n kleiner ouderdom swakker presteer oor die langtermyn en meer waarskynlik was om te misluk. 'N aanvanklike aanbod prys van 175,97 Suid-Afrikanse sent en kleiner en ‘n lysings grootte kleiner as R232.43 miljoen verhoog die kaanse van swak langtermyn opbrengste en mislukking. Die moontlikheid van swak langtermyn opbrengste sowel as IPO mislukking word verhoog wanneer die dag een MAAR 136,47% of meer is. Beleggers word dus aanbeveel om al die mark faktore, die maatskappy eienskappe en aanvanklike aandeelprys bewegings in ag te neem wanneer 'n belegging besluit geneem moet word, aangesien dit hulle sal help om potensiële mislukte IPO maatskappye te identifiseer met swak langtermyn opbrengstes.Item Open Access Performance measurement practices in selected Eritrean manufacturing enterprises(University of the Free State, 2004) Weldeghiorgis, Kidusan Yohannes; Smit, A. van A.Performance measures in the past primarily focused on production and were aimed at attaining increased short-term operational efficiency in terms of financial indicators. This type of measurement is too narrowly focused as it ignores critical measurement indicators that makes or breaks the company such as human capital, processes, customer interface, etc. In this regard most African countries are finding it extremely difficult to compete in the dynamic and changing global business environment. This study aims to assess to what extent Eritrean manufacturing enterprises use integrated performance measures, extent of its utilization and perceived relevance related to their actual financial results. In this regard an integrated model such as the balanced scorecard approach (financial, customer satisfaction, internal process/operational and employee satisfaction measures) was selected as reference for the study. A survey was done to gather data. Qualitative and quantitative techniques were employed for analyzing the data. The specific methods of data analysis include descriptive statistics such as tabulation, cross tabulation, computations of frequencies, and computations of percentages as well as correlation and regression analysis. The relative importance of financial as well as non-financial measures in relation to the performance evaluation process in the context of manufacturing enterprises was investigated. The result of the analysis indicated that the majority of respondent enterprises primarily focus on financial measures, using historical data, accounting profits and financial ratios which are compared with industrial trends. The financial measures are considered as having great importance in the respondent enterprises. Despite the fact that the non-financial measures are as important as the financial measures - little or no attention is being paid to non-financial dimensions. The result of the analysis revealed that there is a clear and strong relation between the financial performance and the non-financial performance measures (customer satisfaction, internal process/operational and employee satisfaction). In addition, empirical findings suggested that the non-financial measures are significant explanatory factors of financial performance. More importantly, findings show that manufacturing plants that consistently employed both financial and non-financial measures performed better than those that do not. Based on the results of the study important policy recommendations are outlined. Manufacturing enterprises have to invest in re-training employees to get motivated and competent people to produce customer perceived product quality as well as continuous improvement of operational processes, which may help the enterprises to compete in today’s dynamic business environment. Generally the study has collected essential numerical evidence for the future development of manufacturing enterprises. Knowledge and understanding of the critical factors underpinning enterprises’ performance can lead to further improvements. In turn this will help the overall development of the national economy.