Factors and characteristics impacting underpricing of Initial Public Offerings (IPOs) on the Johannesburg Securities Exchange (JSE)

Loading...
Thumbnail Image

Date

Authors

Rust, Isak Cornelis

Journal Title

Journal ISSN

Volume Title

Publisher

University of the Free State

Abstract

Showing abstract in Afrikaans
Afrikaans: Die navorsing is onderneem om te bepaal watter faktore en eienskappe die onderprysing van Aanvanklike Openbare Aanbiedinge (AOA's) op die Johannesburgse Sekuriteitebeurs (JSB) beïnvloed het. Die data is bekom van die JSB, AOA-prospektus en die McGregor-BFA-databasis. Die steekproef het uit 390 AOA’s van ʼn moontlike 484 tussen 1996 en 2011 bestaan, wat 80.6% van die AOA’s op die JSB vir die spesifieke tydperk verteenwoordig. Die literatuur toon dat sekere faktore en eienskappe die vlak van onderprysing van AOA’s affekteer. Vir hierdie studie is markverwante faktore, maatskappy-eienskappe en finansiële faktore ingesluit. Die data was baie skeef vanweë uitskieters in die datastel, wat veroorsaak het dat die data onbetroubaar was en dit baie moeilik was om dit te vertolk. Om die probleem reg te stel, het die studie natuurlike logaritmes gebruik om die skeefheid te verminder, die akkuraatheid te verbeter en te verseker dat die data so na as moontlik aan 'n normale verspreiding was. Beide die aanbodprys en die markkapitalisering is aangepas deur die verbruikersprysindeks (VPI) vir inflasie te gebruik. Die JSB indeks van alle aandele (IAA) is gebruik as ʼn maatstaf vir die korttermynprestasie (markaangepaste abnormale opbrengs – MAAO) en die relatiewe mediumtermyn-prestasie (koop en hou abnormale opbrengste – KHAO). Die navorsingbevindings het die volgende getoon: - Die vlakke van onderprysing op die eerste dag en in die eerste week en eerste maand was 23.0%, 22.1% en 17.3% respektiewelik. - AOA’s wat in warmmarktydperke gelys is, het beduidend hoër opbrengste ontvang. Die JSB het ʼn afname ondervind in die aantal AOA’s wat gedurende beide die latere warm en koue marktydperke gelys is. - AltX-AOA’s het beduidend hoër opbrengste gelewer. - Die elektriese en tegnologiesektor het die hoogste opbrengste gelewer, gevolg deur die finansiële en verbruikersektore. - Jonger AOA’s met 'n kleiner markkapitalisering en aanbodprys was beduidend meer onderprys as wat die groter AOA’s was. - Kleiner maatskappye, soos gemeet deur die omset, netto wins ná belasting (NWNB), totale bates en aandeelhouers se ekwiteite, was beduidend meer onderprys in vergelyking met groter maatskappye. - Die finansiële verhoudings het getoon dat AOA’s met ʼn skuldverhouding van tussen 40% en 60% die minste onderprys was. Die huidige verhouding en die opbrengs op bates (OOB) het geen statistiese beduidendheid in die voorspelling van onderprysing opgelewer nie, terwyl AOA’s met ʼn kleiner opbrengs op verdienste (OOV) beduidend meer onderprys was. - AOA’s met ʼn uiters hoë P/E-verhouding was ook beduidend onderprys. Dit was verrassend dat die markwaarde tot boekwaarde (MW/BW) nie enige beduidendheid in die voorspelling van onderprysing op die JSB getoon het nie. - Die absolute opbrengste (koop en hou opbrengste – KHO) het gevind dat die AOA’s wat aanvanklik onderprys was, positief (41.2%) oor ʼn tydperk van ʼn jaar sou presteer; hulle sou egter oor drie jaar onderpresteer (-12.0%). - Die relatiewe opbrengste (koop en hou abnormale opbrengste – KHAO) het ook gevind dat AOA’s wat aanvanklik onderprys was, positiewe opbrengste relatief tot die mark in die eerste jaar ná lysting opgelewer het (30,3%); hulle het egter ook onderpresteer (-39.8%) in die mark oor drie jaar. - Hoewel beide die warm en koue marktydperke oor ʼn driejaar-tydperk in die mark onderpresteer het, het die koue mark-AOA’s beduidend beter mediumtermynopbrengste opgelewer. - AOA’s wat op beide die hoofafdeling en die AltX gelys was, het oor ʼn driejaar-tydperk in die mark onderpresteer; die hoofafdeling-AOA’s het egter beduidend beter in die mediumtermyn presteer. Die empiriese bevindings van hierdie studie beveel aan dat beleggers AOA’s teen die aanbodprys behoort te koop en hulle aan die einde van die eerste dag van verhandeling te verkoop, omdat die vlak van onderprysing getoon het dat die opbrengste na die einde van die eerste maand afneem. Beleggers wat hulle korttermynopbrengste wil verbeter, behoort die bogenoemde faktore en eienskappe te oorweeg wanneer hulle ʼn beleggingsbesluit neem, omdat hierdie faktore as ʼn gids vir beter opbrengste kan dien

Description

Dissertation (M.Com.(Business Management))--University of the Free State, 2015

Citation

Endorsement

Review

Supplemented By

Referenced By