Henk van Woerden se "Kaapse trilogie" as 'n vorm van bekentenisliteratuur

Loading...
Thumbnail Image
Date
2006-08-22
Authors
Bruwer, Aletta Susanna
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
University of the Free State
Abstract
English: South Africa is a country of beauty and violence. Understanding the essence of the country requires a journey into its past to dig up its variety of stories in order to present them in alliance with all the beauty and hardship and cruelty of the surroundings in which they play off. Henk van Woerden undertakes such a journey. Van Woerden’s books Moenie kyk nie (1993), Tikoes (1996) and Een mond vol glas (1998) are based on his own past as Dutch immigrant in South Africa and his personal experience of the country’s history of apartheid. The reception of these books – and of Een mond vol glas in particular - is characterized by misinterpretation and fierce judgement. This misinterpretation and consequent, unjustified negative evaluation result from two things: failure to read the three books as a trilogy (which would add an extra dimension of meaning) and not taking into account the specific genre to which they belong. The hypothesis proposed and validated in this study is that Van Woerden’s three books, in which his youth in the Cape and later important periods in his life are described, form an autobiographical unit: they are cyclically linked. This necessitates interpretation and evaluation based not only on an individual text, but taking into account the relationship with other texts in the cycle. H.P. van Coller’s definition of prose cycles is used to proof that the books do form a literary unit. The most important indication of a cycle in Van Woerden’s texts is the great amount of motives and themes, characters and events, which repeatedly occur and develop. A further hypothesis states that the genre in which the cycle as a whole is described, is a form of historiography where the combined meaning has a function that rises above factual controllability. It is suggested that these books can be defined as a hybrid form of confessional literature, in which the author depicts the history of the country, recalling his personal experience of it. He does this by using fictional tools to give these autobiographically founded stories an artistic dimension. Readers who interpret Van Woerden’s trilogy in this way, will recognize the function of the past being processed by way of giving artistic form to it. Finally, the texts are in line with the prevailing tendencies in history writing in both Dutch and South African literature, where the subjective rewriting of history in order to tell of personal experience of events is acceptable. In other respects Van Woerden’s work is ground braking. The texts converse interestingly with numerous other texts and contribute mainly to colonial and post-colonial discourses in Dutch and Afrikaans literature.
Afrikaans: Suid-Afrika is ’n land van skoonheid en geweld. Om iets van die wese van die land te begryp, moet teruggedelf word in die verlede en die verskeidenheid van verhale moet kunstig gerekonstrueer word met inbegrip van alle skoonheid en wreedheid van die omgewing waarin dit afspeel. Henk van Woerden onderneem so ’n reis. Die resepsie van sy drie boeke Moenie kyk nie (1993), Tikoes (1996) en Een mond vol glas (1998), wat gebaseer is op sy eie verlede as ’n Nederlandse immigrant in Suid- Afrika en sy persoonlike ervaring van die apartheidsverlede van die land, is gekenmerk deur waniterpretasie en fel kritiek op veral die laaste van die tekste. Hierdie verkeerde interpretasie en gevolglik onregverdige evaluasie, kan herlei word tot die wyse waarop die boeke dikwels gelees is buite beskouing van die bepaalde genre waarin dit geskryf is en versuim om die drie as ’n geheel wat saam groter betekenis dra, te beskou. Die hipotese wat in hierdie ondersoek gestel en as houdbaar bewys is, is dat Van Woerden se drieluik ’n outobiografiese geheel daarstel waarin sy jeugjare in die Kaap beskryf word, maar waarin ook belangrike fases van sy latere lewe beslag kry. Hierdie werke is in ’n sikliese verband geskakel, wat dit noodsaaklik maak om dit in geheelverband te interpreteer en ook te evalueer. H.P. van Coller se definisie van die prosasiklus is gebruik om te bewys dat die boeke wel ’n literêre eenheid vorm. Die vernaamste aanduiding van ’n siklus was die groot hoeveelheid motiewe en temas, karakters en gebeure, wat deurgaans herhaal en ontwikkel. ’n Verdere hipotese is dat die genre waarin die siklus geskryf is, ’n vorm van geskiedskrywing is waarin die geheelbetekenis ’n funksie het wat feitelike kontroleerbaarheid oortref. In die studie word voorgestel dat die genre waarin die tekste geskryf is, beskryf word as ’n hibriede vorm van bekentenisliteratuur, waar die outeur in outobiografies gefundeerde tekste die geskiedenis van ’n land en sy persoonlike ervaring daarvan in herinnering roep en op ’n artistieke wyse en deur die gebruik van fiksionele middele vorm daaraan gee. Lesers wat die trilogie só interpreteer, sal bereid wees om die funksie te sien van verwerking van die verlede deur vormgewing. Verder is aangetoon dat die tekste aansluit by die heersende tendense in geskiedskrywing in Nederlandse en Suid-Afrikaanse literatuur, waarby die subjektiewe optekening en herskrywing van die verlede aanvaarbaar is. In ander opsigte is Van Woerden se tekste vernuwend en knoop dit interessante gesprekke met verskeie tekste aan. Dit dra veral by tot die koloniale en post-koloniale diskoerse van beide die Nederlandse en Afrikaanse literatuur.
Description
Keywords
Dissertation (M.A. (Afrikaans and Dutch))--University of the Free State, 2003, Woerden, Henk van 1947- -- Criticism and interpretation, Dutch fiction 20th century -- History and criticism, Moenie kyk nie, Tikoes, Een mond vol glas, Dutch literary tendencies, Afrikaans literary tendencies, Prose cycle, Confession literature/autobiography, Fact vs fiction, Historical writing
Citation