Carpal tunnel syndrome in physiotherapists in Bloemfontein
Loading...
Date
2016-01-29
Authors
Human, Nadia
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
University of the Free State
Abstract
English: Introduction: Carpal tunnel syndrome (CTS) is the most common compression
neuropathy of the upper limb with a 3-5% prevalence among the worldwide general
adult population. It is associated with specific personal factors, certain medical
conditions, repetitive and forceful hand and wrist movements and occupation. This
study aimed at investigating the prevalence of CTS among physiotherapists.
Method: The cross-sectional study included 64 participants, chosen by means of
convenience sampling from a population of 158 physiotherapists. Demographic data,
details of occupational activities; possible personal, medical and occupational causative
factors and arm and hand symptoms were gathered by a structured interview. A
participant-completed Katz hand diagram was used to clarify information on upper limb
symptoms. Typical CTS signs, height and weight were determined by a physical
examination.
Results: According to the case definition the prevalence of definitive CTS was 7.8%
and of probable CTS was 7.8%. Age over 40 years and rheumatoid arthritis as personal
or medical history causative factors was statistically significant among the definitive
diagnosis group. Overweight showed a tendency towards a definitive CTS diagnosis.
Years in practice, hours working overtime and working in the neurosurgery field was
occupational causative factors in the definitive CTS diagnosed group. No occupational
activities or treatment techniques could be found to be associated with the CTS
diagnosis. Longer resting periods between patients was the only statistically significant
management strategy among the definitive CTS diagnosed group.
Conclusion: Physiotherapy is an at risk occupation for the development of CTS with a
prevalence of 15.6% when combining the definitive and probable diagnosis groups, but
with no clear occupational activities or treatment techniques as possible risk factors
identified.
Afrikaans: Karpale tonnelsindroom (KTS) is die algemeenste kompressie neuropatie van die boonste ledemaat met ‘n 3-5% prevalensie in die wêreldwye, algemene, volwasse bevolking (Celik en Guven, 2008:83 en Giersiepen en Spallek, 2011:239). ‘n KTS diagnose is gebaseer op ‘n verskeidenheid, spesifieke neurologiese boonste ledemaat sensoriese en motoriese simptome en tipiese tekens, wat vasgestel word deur middel van meidese geskiedenisneming, standaard spesiale toetse en observasie, asook elektrodiagnostiese toetsing (Palmer, 2011:19; Shannon en Rizzolo, 2012:22 en Bland et al., 2014:6). KTS word geassosieer met spesifieke persoonlike faktore, sekere mediese toestande, kragtige en herhaaldelike hand- en polsbewegings en beroep (Mennen en Van Velze, 2008:200 en LeBlanc en Cestia, 2011:952). Hierdie studie se doel was om die prevalensie van KTS in fisioterapeute in Bloemfontein te ondersoek. Voor die aanvang van die studie is etiese goedkeuring verkry van die Fakulteit Gesondheidswetenskappe, Universiteit van die Vrystaat (ECUFS NR 54/2015). ‘n Loodsstudie het gevolg wat dieselfde prosedure as vir die hoofstudie gevolg het. Geen verandering is aangebring nie en die hoofstudie het ‘n aanvang geneem. Die dwarssnitstudie het 64 deelnemers ingesluit wat geselekteer is deur gerieflikheidsteekproeftrekking uit ‘n populasie van 158 fisioterapeute. Demografiese data; detail van beroepsaktiwiteite, moontlike persoonlike; mediese en beroepsveroorsakende faktore en arm- en handsimptome is ingesamel, deur die voer van ‘n gestruktureerde onderhoud, gebaseer op ‘n selfontwikkelde vraelys. ‘n Katz handdiagram is deur deelnemers voltooi om inligting aangaande boonste ledemaat simptome uit te klaar. ‘n Fisiese ondersoek is uitgevoer deur die navorser wat spesiale toetse en observasies ingesluit het om tipiese KTS tekens te bepaal asook lengte- en gewigmetings om die liggaamsmassa-indeks van deelnemers te bepaal. Elektrodiagnostiese toetsing was nie beskikbaar nie, weens ‘n tekort aan befondsing en hulpbronne. Data-analise is uitgevoer deur die Departement Biostatisitek, Universiteit van die Vrystaat. Volgens die gevalsdefinisie is die prevalensie van ‘n definitewe KTS diagnose 7.8% en van ‘n waarskynlike KTS diagnose 7.8%, vir fisioterapeute in Bloemfontein. Die tipiese KTS simptome in beide gediagnoseerde groepe is beduidend van primêre KTS met min of geen motoriese betrokkenheid. Ouderdom bo 40 jaar (VI, -47.5; -5.7) en rhumatoïede artritis (VI, -84.3; -2.0) as persoonlike of mediese geskiedenis veroorsakende faktore was statisties beduidend in die definitiewe diagnose groep. Oorgewig (VI, -16.2; 37.9) het ‘n neiging tot die KTS gediagnoseerde groep getoon. Jare in praktyk (p=0.003), oortyd werksure (VI, -80.2; -8.9) en werksaam in die neuro-chirurgiese veld (VI, -66.0; - 8.6) was veroorsakende beroepsfaktore in die definitiewe diagnose groep. Geen beroepsaktiwiteite of behandelingstegnieke, wat herhaaldelike en kragtige polsbewegings insluit, het ‘n statisties beduidende assosiasie met die KTS diagnose opgelewer nie. Langer rusperiodes tussen pasiënte was die enigste statisties beduidende hanteringsstrategie in die definitiewe KTS gediagnoseerde groep. Ander strategieë wat deur die KTS gediagnoseerde groep geïmplementeer is, het ingesluit: gereelde verandering van handposisie en korrigering van swak postuur, asook aanpassing van tegnieke en dit stem ooreen met die konserwatiewe behandelingsopsies vir KTS, soos voorgestel in literatuur (LeBlanc en Cestia, 2011:955). Die gevolgtrekking is gemaak dat fisioterapie ‘n risiko beroep is vir die ontwikkeling van KTS, met ‘n prevalensie van 15.6% wanneer die definitef (7.8%) en waarskynlik (7.8%) gediagnoseerde groepe gekombineer word. Geen duidelike beroepsaktiwiteite of behandelingstegnieke kon egter as moontlike risiko faktore geïdentifiseer word nie. Hierdie basislynstudie kan toekomstige navorsing inspireer met die onderwerp van KTS in fisioterapeute, veral onder groter populasies en met meer fokus op beroepsaktiwiteite as veroorsakende faktore. Bewustheid van KTS as beroepsgevaar in fisioterapie moet geskep word op voorgraadse en nagraadse vlak.

Description
Keywords
Carpal tunnel syndrome, Wrist movements, Prevalence, Physiotherapists, Causative factors, Upper limb symptoms, Typical signs, Diagnosis, Occupational hazard, Management strategies, Dissertation (M.Sc. (Physiotherapy))--University of the Free State, 2016