Die Diamond Fields Advertiser en die Suid-Afrikaanse politieke krisisse, 1896-1898
Loading...
Files
Date
1982
Authors
Gous, Herma Henriette
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
University of the Free State
Abstract
Afrikaans: Hierdie studie handel oor die Diamond Fields Advertiser
se interpretasie van die Suid-Afrikaanse politieke
krisisse van die jare 1896 tot 1898 wat die Anglo-
Boereoorlog voorafgegaan het. Die stryd tussen Brittanje
en Transvaal om die behoud van Britse oppergesag in
Suid-Afrika aan die een kant en die Transvaalse
onafhanklikheid aan die ander kant het neerslag in die
Kaapse politiek gevind.
Die Jameson-inval wat die omverwerping van die Kruger-regering ten doel gehad het, het die blanke bevolking van
Suid-Afrika in twee pOlitieke-kampe gedryf. Die Afrikaner in
die Kaapkolonie is in hul simpatie met die Krugerregering
verenig. Die Engelse koloniste het hulle agter
die South African League en Rhodes geskaar in simpatie
met die Uitlanders en ter ondersteuning van Britse
oppergesag in Suid-Afrika.
Die Diamond Fields Advertiser onder redaksie van Albert
CartWright het egter geweier om hom onvoorwaardelik met
enige van bogenoemde twee groepe te vereenselwig. Die
koerant het wel die behoud van Britse oppergesag, 'n Suid-Afrikaanse federasie onder die Britse vlag en die toekenning van volle burgerregte aan die Uitlanders
voorgestaan. Die gebruik van geweld ten einde bogenoemde
oogmerke te bereik, is egter heftig deur die Diamond Fields
Advertiser afgekeur.
Cartwright het die gedagte dat Brittanje se posisie as die
oppergesag in Suid-Afrika deur sameswering van die Boererepublieke
en die Kaapse Afrikaners bedreig is, verwerp.
Insgelyks het hy geweier om te glo dat die Britse regering
of die Uitlanders enige vyandige oogmerke teen die Transvaalse onafhanklikheid gekoester het. Chamberlain se
optrede t.o.v. Transvaal voor en na die Jameson-inval is in
die lig van bogenoemde oortuiging geïnterpr~teer. Cartwright
het bv. geweier om te glo dat Britse regeringsamptenare by die
Rhodes-sameswering betrokke was. Chamberlain se versekering
dat hy oor geen vooraf-kennis van die Jameson-inval beskik het nie,is sonder enige bevraagtekening deur die Diamond Fields
Advertiser aanvaar.
Terwyl Chamberlain gedurende die onmiddellike maande na die
Jameson-inval met die gedagte van oorlog teen Transvaal
gespeel het, het Cartwright nie alleen 'n gematigde optrede
bepleit nie, maar volgehou dat Chamberlain nie geweld sou
oorweeg nie. Ook gedurende die krisis van April 1897 het die Diamond Fields Advertiser gematigde Britse beleid t.o.v.
Transvaal voorgestaan, alhoewel die koerant die Transvaalse
wetgewing, wat tot die krisis gelei het, heftig veroordeel het.
Cartwright het uit vrees dat die Britse regering met geweld
in Transvaal sou ingryp, daarop aangedring dat die ander
Suid-Afrikaanse state gesamentlik 'n protes aan die Kruger-
regering moes rig.
Cartwright se beleid vir die Diamond Fields Advertiser is
gemotiveer deur 'n begeerte na vrede en eenheid vir Suid-
Afrika. Dit was die onderliggende rede agter die koerant
se teenkanting teen Rhodes se terugkeer na die Kaapse politiek
na sy betrokkenheid by die Jameson-inval. Dit was ook die
rede waarom dje Diamond Fields Advertiser die South African
League se slagkrete ten gunste van die behoud van Britse
oppergesag en sy beskuldigings van dislojaliteit teen die
Afrikanerbond teengestaan het.
Terwyl die gevoel van vyandigheid tussen Engels- en Afrikaanssprekendes in die Kaapkolonie hoog geloop het, het Cartwright
as redakteur van die Diamond Fields Advertiser die vorming
van 'n gematigde progressiewe party, wat oor die taalgrense
heen sou strek, bepleit. Die Kaapse politieke klimaat op die
vooraand van die Anglo-Boereoorlog het hom egter nie tot
gematigdheid geleen nie. Die verkiesing van die Kaapse
wetgewende vergadering in 1898 is deur die Progressiewe Party,
onder aanvoering van Rhodes, in 'n stryd om Britse imperialisme
teenoor Afrikaner-republikanisme omskep. Die Diamond Fields
Advertiser het egter geweier om as 'n volgeling van óf Rhodes,
óf Kruger, wat onderskeidelik bogenoemde stryd verpersoonlik
het, geklassifiseer te word. Dit was die hoofrede agter die
oorname van die Diamond Fields Advertiser deur die Progressiewes
in Februarie 1898.
Description
Keywords
Dissertation (M.A. (History))--University of the Orange Free State, 1982, English newpaers, South African newspapers, Jameson's Raid, 1895-1896